Stoeigemeenskap treur oor jong kampioen

KleinJan Combrinck (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het gesê hy betreur die afsterwe van die belowende stoeier, KleinJan Combrinck.

Combrinck en medestoeier Michael Gaitskill was Sondagoggend in ʼn motorongeluk betrokke tussen Springs en Nigel aan die Oos-Rand. Gaitskill is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Springs.

Combrinck, gebaseer in Richardsbaai in KwaZulu-Natal, het Suid-Afrika onlangs tydens die Statebondspele in Australië verteenwoordig. Hy het gereeld vir oefensessies na die Oos-Rand gereis en hy en Gaitskill was besig met voorbereidings vir die o.23-wêreldkampioenskap later vanjaar.

Hy het nie ʼn medalje ontvang by die Statebondspele nie, maar hy het die 2018 Afrika-titel in die 57 kg-afdeling gewen.

“Die verlies van KleinJan en Michael se ernstige beserings het die Suid-Afrikaanse sportfamilie geskud. Albei hierdie mans was uitstekende stoeiers en uitstekende ambassadeurs vir Suid-Afrikaanse sport op die internasionale verhoog,” het Gideon Sam, president van Saskok, gesê. “Ons innige simpatie aan KleinJan se familie oor hul tragiese verlies. En aan Michael se familie, sluit ons by die res van Suid-Afrika aan om hom vinnige beterskap toe te wens.”

Nico Coetzee, nasionale stoei-afrigter, wat ook deel was van Span Suid-Afrika by die Statebondspele vanjaar, het ook sy medelye betoon. “KleinJan se afsterwe is ʼn groot verlies vir die stoeigemeenskap. Almal gaan hom mis. Ons innige meegevoel met sy pa, ma en suster. Ons bid ook dat Michael ten volle sal herstel.”

KleinJan laat sy pa Jan, ma Linda en suster Maritia agter.

Michael Gaitskill ( Foto: SA Stoeifederasie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ver links ·

Our sympathy goes out to the family of KleinJan Combrinck for their great loss and also best wishes for Michael to recover soon.

Annamarie van der Merwe ·

Geen lewensverlies kan ooit vervang word nie. Klein-Jan se Hemelse Engel het hom kom haal. Wees berus hy is in die Koningkryk van ons en sy Skepper. Klein-Jan het ń nuwe Hemelse lewe begin. Ons moet juig en dankbaar wees. Sy aardse lewe is verby. Dit is die wil van ons Vader wat hom kom haal het. Vir familie en vriende vind berusting in julle harte en weet daar is nog ń kosbare edelsteen in ons Hemelse Huis.

Juffrou Annelie ·

Liefste nederigste , pragtigste jong man ooit. …jy het diep spore in ons almal se harte en lewens getrap. Wat ‘n wonderlike voorbeeld was jy vir so baie jongmense.
Trots Baaitjie om jou deel te kon hê as leerder in Hoërskool Richardsbaai. Nou gaan jy by JESUS se voete sit en saam met HOM wandel in die HEMELSE TUIN.

Prof Albert Basson ·

Altyd net mooi dinge gehoor van Kleinjan alhoewel ek hom nie persoonlik geken het nie. Altyd hartseer as jong mense in die fleur van hul lewe weg geneem word. Mag God vertroosting bring vir sy familie. Prof Albert Basson

Leser ·

My hart gaan uit na die familie. My innige simpatie deur hierdie aaklikge tyd. Beterskap aan Michael ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.