Stokkie gesteek voor rowerplanne by poskantoor

(Argieffoto ter illustrasie)

Die polisie in Greylingstad, Mpumalanga, het Dinsdag ses verdagtes op aanklagte van poging tot sakeroof in hegtenis geneem nadat dié glo die poskantoor op die dorp wou beroof.

Die verdagtes is almal tussen 27 en 43 jaar oud.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die voorval het plaasgevind kort nadat ʼn geldafleweringswa die poskantoor verlaat het.

“ʼn Verdagte man en vrou het die perseel met ʼn groot boks binnegegaan. Hulle het probeer om by die poskantoor in te kom, maar is deur werkers gestuit wat die veiligheidshek gesluit en die polisie ontbied het.

“Van die verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem terwyl ander in ʼn goue Toyota Fortuner probeer vlug het en agternagesit is. Nog twee verdagtes wat in ʼn silwer Ford Ranger gevlug het, is later by ʼn padblokkade in Johannesburg aangekeer en in hegtenis geneem.”

Die polisie het op albei voertuie beslag gelê.

Twee verdagtes is glo van Zimbabwe, een van Botswana en drie van Suid-Afrika.

Hulle sal Donderdag in die Balfour-landdroshof verskyn.

Volgens Mohlala ondersoek die polisie ook die moontlikheid dat die verdagtes by ander misdade betrek kan word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Di ·

Die immigrante, meestal “onwettig” in die land is besig om die land oor te neem met al die kriminele dade. POS die hele spul terug waar hulle vandaan kom. Die regering is bekommerd oor Covid maar intussen word die land ingesypel deur hordes onwettige immigrante wat die land letterlik OORNEEM. Ons mense gaan gebuk onder roof, moord, hijacking en verkragting maar NIKS aandag word hieraan gegee.

Pablo ·

Lekker ons voer nou skurke van ons buurlande in want daar is wet en order op ons grense meer nie. Wat n toekoms.

annie ·

Die Poskantoor moet afsien van sy belaglike idee om nou bank-bank te speel want hulle is nie gerat daarvoor nie. Hul eerste missie was posdiens maar dit is ook geskaak en g’n haan kraai daaroor nie.

Salome ·

Die regering moet die immigrasie van immigrante van ander Afrikaland stop sit na ons land. Ons is reeds oorbevolk en moet onnodige gelde vir immigrante betaal. Stuur almal terug na hulle lande toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.