Stoomketelprobleem by Steve Biko-hospitaal uitgestryk

Die Steve Biko- Akademiese hospitaal in Pretoria. (Foto: ANA)

Die onklaarraking van drie stoomketels wat die Steve Biko-hospitaal in Pretoria sonder lugversorging en warm water gelaat het, is weer gedeeltelik herstel.

Die Gautengse departement van gesondheid sê die toevoer van stoom na die hospitaal en omliggende fasiliteite is enkele dae gelede herstel, hoewel al die stoomketels nog steeds nie werk nie.

Motalatale Modiba, woordvoerder van die departement, sê die eerste stoomketel sal na verwagting eers in Mei of Junie weer werk, terwyl die tweede stoomketel verlede week afgeskakel is vir herstelwerk.

Die derde stoomketel, wat gas en brandstof gebruik, is sedert Vrydag weer in gebruik.

“Die departement is verlig dat die onklaarrakings van die stoomketels ʼn minimale uitwerking op die verskaffing van gesondheidsorg aan pasiënte gehad het,” sê Modiba.

“Ons werk tans daaraan om te verseker dat die ander twee stoomketels weer aanlyn gebring word sodat daar altyd nog ketels is om op terug te val.”

Die hospitaal se stoomketels word gebruik vir die voorbereiding van kos, steriliseringsdoeleindes en verkoeling van vrieskaste, maar verskaf ook stoomkrag aan verskeie gesondheidsfasiliteite in die hospitaalkompleks, waaronder die Tshwane-distrikshospitaal, die mond- en tandheelkundige hospitaal, die rehabilitasiehospitaal en die forensiese lykshuis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Santie ·

Rerig, wat nog, en die arm pasiente moet maar gelukig wees.

Vrystaat2109 ·

Bewys van die ANC beheer hulle kan nie eers hierdie Klein stoomketels in stand hoe nie dit is hoekom Eskom in so ‘n chaos is waar groot stoomketels gebruik word vir stoom opwekking, geen of swak instandhouding.

JohanR ·

Ek dink as Steve Biko nog geleef het sou hy gevra het dat sy naam nie gebruik word vir die hospitaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.