Storm aan die kom, waarsku weerdiens

Donker wolke pak saam in Highveld, Centurion (20 Oktober 2018). Foto: Tanya Grimsehl via Reënval SA (Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Saterdag gewaarsku dat erge donderstorms van vanmiddag oor plekke in Gauteng, die Mpumalanga-Hoëveld en suidelike dele van Limpopo verwag word.

Volgens die weerdiens sal die donderstorms van 13:00 oor die Ekurhuleni-gebied voorkom en sal dit met swaar reënval, stormsterk wind en moontlik hael gepaardgaan. Van 18:00 word daar ook donderstorms noord van Delmas verwag wat in die rigting van Bronkhorstspruit sal beweeg.

Vanaf 23:00 sal die donderstorms oor Bronkhorstspruit gesentreer wees, waarna dit in ʼn oostelike rigting na Emalahleni sal beweeg. Daar word verwag dat daar hier ook hael, skadelike winde en swaar reënval sal voorkom.

Enkele inwoners van Gauteng het reeds op sosiale media foto’s gedeel van onheilspellende donker wolke wat begin saampak.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, sê die eenheid is bewus van die stormwaarskuwing en is op hoë gereedheidgrondslag geplaas vir enige noodgevalle wat dalk mag voorkom.

Ntladi het inwoners gewaarsku dat die swaar reënval riviere, kanale en strome se watervlakke kan laat styg en plek-plek tot kitsvloede kan lei. “Veral laagliggende gebiede is geneig tot oorstromings en inwoners in dié gebiede word gemaan om veral voorsorgsmaatreëls te tref,” het hy gesê.

Noodgevalle in die Ekurhuleni-distrik kan by 011 458 0911, 10177 of 112 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Adri ·

Wat? Regtig? Veral laagliggende gebiede? Wie so dit nou ooit kon dink!

Se net... ·

Ja regtig!!! laagliggend soos jou onvanpaste sarkasme Adri

Daan ·

Jy is reg. Maar hoeveel keer dit gesê word in Alexandra en Mamelodi hoor die mense nie. Dalk moet hul Maroela Media lees. Dit is nou sarkasties.

Mark ·

Dankie A3 . Dit is al so afgesaag. Dieselde ou storie oor en oor. Hoogliggende gebiede obviously nie in gedrang HELLOOO

Sali ·

Onthou, logika is n westerse konsep, nie almal in ons land het dit nie, wat verklaar waarom die regering dikwels bou toelaat sonder die nodige zonering.

JohnBee ·

Storms aan die kom sê hulle. Daar is nie ‘n wolkie in die lug nie, nie eens so groot soos ‘n man se vuis nie.

Leonie Paxton ·

Dit het sommer nou lekker in Bronkhorstspruit gereen en wind was ook sterk met rukke.

Ellisras ·

En Limpopo is kurkdroog. Dieselfde AfriForum wat so baie gekritiseer word help met droogtehulp. En hul kan nie voorbly nie, die Nood is net te groot. Ons op Ellisras is baie dankbaar. Vir almal wat skenk. En elke AfriForum lid wat sê bydrae ons help.

Wilmarie ·

Jy is reg. Ellisras is kurkdroog! Ons kort dringend, dringend reën!

Jana ·

My pa het ‘n plaas, so uur van Ellisras af. Ek wens die reen wil soontoe gaan, die plaas is kurkdroog.

GodseGawe ·

Weet julle mense nie van bid nie…Bid harder met meer mense bymekaar. Profeet Angus leer ons.

Essa ·

Genugtig Adri, vanwaar die opmerking? Dis tog ‘n standaard waarskuwing en noodsaaklik in spesifieke omstandighede.

Luca ·

Skerp sin vir humor Adri. Ek geniet dit. Te hel met al die ou suur upper class characters.

Jannie ·

Ek is nie verbaas nie…..die wind waai ons reeds ‘n paar dae en nagte lank uitmekaar hier in die Strand/Gordonsbaai!!!

Essa ·

Oulike grappies. Ek sal net hoop dat veral motoriste aandag gee aan die waarskuwings – laagwater brue is bedrieglik. Onthou die nooddiensman wat sy lewe verloor het om mense te help wat van ‘n bruggie gespoel het in Centurion? Die vrou wat deur ‘n fratsvloed in die Apiesrivier meegesleur is? Ens ens. Nie vir my grappig nie.

jaco ·

Waarom droog in Limpopo? ‘n DA raadslid vanaf iewers in die binneland het dan iewers in 2017 gesê die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem. So nou wonder ek maar net: as dit dan die Here se wil is dat die ANC se korrupsie, swak dienslewering en klomp ander weird goed in Limpopo alles aanvaarbaar is en blykbaar nie sonde nie, waarom is dit dan droog daar? Meeste kiesers daar doen dan nie die onvergeeflike sonde om DA te stem nie.

Marlene Bothma ·

In Rooihuiskraal Noord het dit lekker gereen. Hier en daar klein haelkorrels. Wens dit wil meer reen.

Hennie ·

Ek stem saam Adri, sommige mense weet nie water loop na laagliggende dele nie. Sommige mense weet nie eers waar is laagliggende dele nie, hulle sal hulle kaias in droe rivierbeddings gaan opslaan, mens moet hulle reghelp. Vir William Ntladi is dit dalk net so ‘n verbasende verskynsel!

Oupa D ·

Baie groot storm op Marble Hall (Suid Limpopo) 3 uur vanmiddag. Bome ontwortel en groot skade by huise. Winde was verwoestend.

Mariaan ·

Jammer om te hoor vd skade in Marble Hall. Dit reen in Mokopane. Jaco , ek hoop nie jy is ‘n dominee nie. Die Here het geen mens of politieke party nodig om te besluit oor droogte of reen nie.

Jaco ·

Party mense verstaan seker nie “tounge in the cheek” opmerkings nie.

OUTOPPIE ·

Ons het maar 5 mm. tot vanoggend toe gehad.in Warmbad. Baie dankbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.