Storm oor ‘eerste’ winkelsentrum-akwarium

Teenstanders van die Cresta-akwarium het ’n aanlyn petisie daarteen begin.

Cresta-sentrum sê hulle neem kennis van die publiek se besware teen hul plan om Suid-Afrika se eerste akwarium in ʼn winkelsentrum te bou, maar die projek gaan voort.

“Sal die mensdom se onnoselheid dan nooit end kry nie?” wou ʼn verbaasde Philippa Mitchell weet nadat dié sentrum in Randburg die nuus van die akwarium bekend gemaak het. “Stel jou voor hoe die arme seediere van hul verstand af gaan terwyl kinders (en waarskynlik volwassenes ook) teen die glas kap.

“Kan ons nie die seelewe los waar dit hoort nie – in die see? As [die projek] voortgaan, kan julle vir seker weet ek sal nooit weer my voete in Cresta sit nie. Dis glad nie koel nie en die nuus maak my bitter ongelukkig.”

In reaksie op haar en talle ander sosialemediagebruikers se woedende kommentaar op die aankondiging van die reusagtige binnehuise akwarium, het Cresta gesê hulle “erken en waardeer elkeen se kommer en mening, en wil graag deur die hele proses ‘deursigtig’ wees” met hul gereelde besoekers.

Voorstanders van openbare akwariums sê dit dien ’n opvoedkundige doel, maar teenstanders sê dit perk visse in, stel hulle bloot aan kunsmatige water wat hulle siek kan maak en lei tot neurotiese gedrag. Foto: Wikipedia

“Ons hoop die akwarium sal ʼn opvoedkundige ervaring vir ons inkopiegangers wees, veral diegene wat nog nie die geleentheid gehad het om seelewe te ervaar nie. Ons is ook van plan om die publiek in te lig en op te voed oor rommelstrooi, visvang en aardeverhitting [se uitwerking op] ons oseane.”

Maar Facebook-gebruikers is die josie in. Paula Plit glo “dis verkeerd op soveel vlakke”. Sy bestempel die voorgenome akwarium as “totale en uiterste diere-uitbuiting”. Sy onderneem ook om nooit weer die gewilde winkelsentrum te besoek nie.

“Dis ʼn wonderlike idee,” skerts Marion Vlooi Hartman, “maar pleks van seelewe, hoekom plaas ons nie die mense wat daarmee vorendag gekom het in die glashokke nie? Dit sal hoogs opvoedkundig wees oor hoe om nie ʼn mens te wees nie en diere uit te buit.”

Cresta hou vol hulle werk nou saam met marinedeskundiges aan die projek wat sal seker maak dat die uitgekose visse en ander seelewe “in ʼn streslose omgewing sal bestaan”. “Die span het ook die versekering gegee dat die akwarium se grootte dit vir visse moontlik maak om vrylik rond te beweeg in ʼn groot ruimte, en dat die koraal en rotse stiller plekke bied waar die visse kan rus.”

Die sentrum sê om siektes te voorkom sal temperatuurbeheer en moniteringstelsels aangebring word om dit dag en nag dop te hou en ʼn veilige, gesonde omgewing vir die visse te verseker.

Die Twee Oseane-akwarium is een van die Kaap se gewilde toeristeaantreklikhede. Foto: Two Oceans Aquarium via Facebook

Die meningsvormer Brent Lindeque haal op die webwerf Good Things Guy vier redes aan van die diereregte‑organisasie Peta wat vir hom bewys is dat die akwarium nie Cresta se beste idee tot dusver is nie.

  • In die natuur bring baie skole visse hul hele lewe in die geselskap van hul ma en sibbes deur, maar akwariums skei visse van hul geliefdes.
  • Baie akwariums gee voor hulle help seediere, maar doen eintlik die teenoorgestelde: In studies is bevind 90% van diere in openbare akwariums toon tipies neurotiese gedrag. Hulle word dus in aanhouding van hul verstand af gedryf.
  • Die kunsmatige water waarin visse in akwarium aangehou word, is skadelik vir hul gesondheid.
  • Mense in die bedryf beweer dikwels akwariums is opvoedkundig, maar eintlik dra hulle juis die verkeerde boodskap oor, naamlik dat dit aanvaarbaar is om diere aan te hou in omstandighede waar hulle verveeld, ingehok, eensaam en ver van hul natuurlike tuiste af is – dit alles net vir die mens se vermaak.

By die oorspronklike inskrywing op Facebook waar Cresta sê hulle is “opgewonde” om die projek bekend te stel, het 113 gebruikers aangedui dit maak hulle “kwaad”, 21 het gewys dit maak hulle “hartseer” en 41 het aangedui hulle hou van die idee.

Die negatiewe reaksie was egter aansienlik meer as die positiewe reaksie.

Dit is nie duidelik presies wanneer die akwarium in die winkelsentrum aangebring gaan word nie, maar volgens die sentrum sal dit vroeg in volgende jaar wees.

Candice Mullins, direkteur van Bonfire Media SA, wat namens Cresta met die media skakel, was nie Vrydag onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

zoom zoom ·

Dit sal nice wees. Dan kan ek daar gaan visvang ipv om see toe te ry.
Ek support die idee

Welkom ·

AI Ai
Wanneer gaan die publiek altyd dit raaksien waaroor die projek nie gaan nie.

HIERUIT LEER KINDERS EN VOLWASSENES OM DIE NATUUR TE RESPEKTEER.

Vir elkeen wat as gevolg hiervan uit “CRESTA” of enige ander sentrum met dieselfde doelstellings wil bly, is daar 1000 ander wat eerder hulle voortande sal wil gee om te leer en die natuur te verstaan.

RG ·

Daar is oorgenoeg pragtige natuur programme /videos op internet en TV waaruit hul kan LEER. Jammer maar hier skaar ek my by die daarteen. Geen wilde Dier/Vis/Voël hoort in ‘n hok of tenk met nuuskierige agies reg rondom hulle nie. En ja weereens Mammon!

Helene ·

Nee ek stem glad nie saam nie. Weereens meng die mens in tot nadeel van die Natuur. Die mens is ‘n uiters selfsugtige wese.

Stem saam ·

Pa se kind, daar slaan jy die spyker mooitjies op die kop. Vir hulle gaan dit alles om geld!!

Carl ·

Vir PETA ook hulle skep ‘n herrie sodat mense dan geld donasies gee.

pa se kind ·

@stem saam. Toe hulle die sentrum so verander het, het ek al geweet dit is ‘n gemors. Loop daar rond en dog dis net die onderlaag aan die pilare en mure, Waar is al daardie mooi blompotte en brons en wat ook al. Lyk nou soos ‘n groot teatersaal.

Smething Fishy ·

Waaroor al die bohaai? Gaan kyk ‘n bietjie na die grootste winkelsentrum met ‘n akwarium in, in Dubai. Ongelooflik!! Kyk ook na die Kaapse Akwarium, dit is tog nie ‘n probleem nie. Is dit nou ‘ n misdaad om selfs visse in ‘n tenk by jou huis aan te hou? Waar is die afsnypunt?

Hoe nou....... ·

Niks fout met die idee nie – ons bly in Afrika en ver van Eerste Werelds af – daars n merske verskil tussen Cresta en Dubai.

Ek sê ·

Wanner laas was jy by die gewese of wat oor is van bay world in P E Dit is die verskil tussen die gemors en Dubai hulle weet hoe om te onderhou en op te pas hier kan net afgebreek word

Rudolph van Wyk ·

Dubai is die laaste plek wat ek sal gebruik as voorbeeld van bewaring of geregtigheid vir diere

Plaag ·

Aaaaag cmon! so by die kus is dit fine, maar nie anders nie. Kan Saffas vir 1 dag, net EEN dag nie k en karm oor als nie.

Susan ·

Ag waaroor alles tog nou weer?? Kla oor iets anders ons sal nooit tevrede wees oor enigiets in di lewe ni

Ai ·

Verveelde mense sal altyd kla, hulle moet almal stokperdjies kry om hulle besig te hou !!!!!

Mars ·

Hierdie mense is nie verveeld nie. Ten minste staan hulle op vir diereregte. Sulke mense is ook nodig. As jy Cresta ken, sal jy weet waar daai tenk gaan wees. Slap bang in die middel van ‘n raserige ‘food court’ met geen natuurlike lig nie en weerkaatsende klank – swak akkustiek, swak ontwerp – lelik. Arme diere.

Daan ·

Mars of Venus sal seker by die vis plek sit en vis eet en dan kla oor die “arme” visse in die tenk. Hoe die ou gesinnetjie opgebreek is. En dan nog ‘n hap vis vat. En verder kla.

t ·

Hou op kerm, die mens het toestemming gekry om dit te doen.

GENESIS 1:28
Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.”

Oop oge ·

… en as enige iemand `n beswaar het daarteen (wat `n “human right” is) en “diereregte” voorhou dan moet van al die akwariums, budjie, duiwe en papegaai hokke en allerande anner gediertes in gevangeneskap, innie huise en erwe afstand gedoen word, asook alle dieretuine verwyder word, sodat alle diere in hulle natuurlike omgewing kan vry wees en dit sluit petshops in ….

Mars ·

God het nie gesê: Gaan stamp die visse binne-in ‘n tacky winkelsentrum tussen ‘n klomp vretende mense in ‘n lelike ‘food court’ nie. EN: Die stadsraad wat hulle “toestemming” gegee het, het i.e.g. nie ‘n CLUE nie. Glo my – ek is ‘n argitek.

Piet ·

Het iemand ‘n vis in ‘n bak gestamp? My kinders het ook n aqarium by die huis maar ek het gelukkig nog nie gesien dat hulle die visse stamp nie. Om te se mense “vreet” is seker nie hoe jy altyd praat nie. Die punt wat jy seker probeer maak is wat beskaafd is al die nie, maar jy slaag nie in jou poging nie.

Andrea ·

Ekt n probleem met ‘heers’. Vir baie mense beteken dit vernietig, roei uit, moor, verneder, verwoes en vermink.

Rudolph van Wyk ·

Dis wat God gesê het. Hy het nie gesê pynig, mishandel, verriniweer die diere nie. Moet asseblief nie God gebruik as ‘n verskoning vir jou gebrek aan deernis nie

Sak ·

“skei visse van hul geliefdes” ???? Wat n pot snert. 90% van visse verlaat die eiers, of gebore vissies dadelik na die daad… Geen terugkyk nie. Baie visse vrek selfs nadat hulle hulle eiers gele het. Ander visse gaan weer deur n stadium van kanabalisme gedurende die groei fases. Maar hulle het hulle sibbes life?? Ag asseblief.

Daan ·

Ek het visse in ‘n tenk by my huis, van hulle al oor die 11 jaar oud. Dieremishandeling? Seker een van die dae die DBV by my huis verwag oor my dieremishandeling.

linda limbo ·

ag nee wat doen iets goed en almal kreun
ek stem kom ons gaan eet sushi!!!! vars uit die tenk

Mia Joubert ·

NET die glas is deursigtig !! Cresta loop só deur onder gewapende rooftogte. Dink aan die glas en die visse met ‘n geskietery. Los die visse waar hulle hoort.

Linda ·

Alles is goed en wel. Party sê nee ander sê weer ja. Ek hoop van harte dat veiligheid 1ste prioriteit is en dat die akwarium goed onderhou word want ek wil nie met my kleinkinders daar wees wanneer n ruit kraak of bars nie. Ja, ek weet dit kan enige plek gebeur maar ek hoop die onderhoud van die akwarium word goed nagekom.

wielie ·

Ja SAK iemand kyk te veel Memo ……. :)) Visse is beslis nie n ” familie ” nie

Frikkie ·

Ja tot die economic freedom faaaaitas eendag weer kwaad raak vir een of ander winkel en dan die tenk met klippe bestook

Dries ·

Ek wonder of al die kla-kouse honde, katte, voëltjies, marmotte ens . het. Goeie idee CRESTA.

anoniem ·

Dit sou help as hulle ‘n reling so entjie van die glas af oprig, dat mense net-net NIE aan die glas kan raak nie? Dit sal lekker wees om op ‘n bankie te kan sit en vir die seelewe kyk. Hoop net hulle het eksperts wat die seediere sal na behore kan versorg dat dit nie eindeloos vervang hoef te word as die seelewe doodgaan weens onkundige versorging nie.

Muffin ·

Niks fout met die idee. Oor hoeveel jare was daar wildtuine (zoo) op gerig en geen klagtes. Dit is mos maar dieselfde.

Die Mens ·

Die seediere hoort in die see.. Dit is wreed om diere in hokke aan te hou vir die mens se selfsugtige redes. Sirkusse ook gebruik steeds diere om verveelde mense te vermaak. Alles gaan oor geld en materiële klatergoud en die diere moet dit altyd ontgeld. Die mens is die mees wreedste, oppervlakkigste en egoistiese wese wat daar is.

Net so lank hulle lekker bestaan ook nie geraak word nie. Sodra iets hulle bestaan geraak word dan word hulle ewe skielik benadeel en is op hul agterbene om hul gemaksone en bevoorregte lewe te verdedig.

Gelukkig is daar steeds mense wat die groter prentjie sien en alle vorme van wreedheid teenoor diere teenstaan.

Geweeg en te lig bevind ·

So waar. En daar is boonop oor genoeg pragtige natuur programme waar hulle kan ‘leer’.

Daan Erasmus ·

Moet asb nie oor diereregte kla en dan stap jy braai toe en braai ‘n Tbeen en tjops. Moenie melk gebruik nie.

Wreedheid teenoor diere is nie goed nie ·

Wat veral skokkend is om sommige mense se oppervlakkige kommentaar te lees. En hoe hulle die wêreld waarin hul tydelik leef tot hul absolute en totale voordeel gebruik of goedkeur dat dit gedoen word.

Diere verdien beter behandeling.

Nettie ·

Nou ja, ek neem aan diegene wat so kla, het nog nooit ooit ‘n akwarium op enige ander plek, of ‘n dieretuin of wildreservaat êrens besoek nie? Die prinsiep bly dieselfde: mense en diere (visse/see-gediertes) word byeen gebring sodat die mens meer daarvan kan leer.

Piet ·

Presies Nettie, almal wat so kerm het ook ‘n vis in n tenk, kat of hond of wat ook al by die huis en dit word gedoen vir sy eie vermaak, beslis nie vir die dier se ontwil soos wat daar nou graag beweer word nie. Mens hoef mos nie n hondetelery te he tot die honde se voordeel nie?

Natasha Snyman ·

Groot verskil tussen kla en opstaan vir die regte ding. Tye verander en daarmee saam moet mens jouself en jou idees “update” , anders raak jy “irrelevant”

sipho ·

Al julle pessimiste wonder hoeveel het n ou vistankie by die huis.
Hoe oulik is n gappy of mollie in die sitkamer in n ou tankie wat hy skaars kan swem.
Beywer julle tyd geld en gedagtes eerder aan moord verkragting en roof en prober
iets vir die samelewing te doen.
Cresta 100% steun aan julle vir n rustige gesins atmosfeer

Gatvol ·

Ek begin bekommerd raak oor ons ou volkie. Kortsigtigheid ken geen perke nie. Wat van lande soos Australie ens. Dink julle dat hulle so n projek sal uitvoer sonder dat alle omgewings impakte in ag geneem is? Die krux is dat dit behoorlik bestuur moet word. Dink julle dat as dit nie behoorlik bestuur word nie die mag van sosiale media dit sal los? Ek dink die seelewe daarin is beter beskerm teen besoedeling wat tans in die oseane plaasvind.

Verstom ·

As die visse mooi versorg word en dit is smaakvol gemaak sodat daar rustigheid ervaar kan word in ‘n winkelsentrum, wonderlik!!! Bring die “see” binneland toe en geniet dit. As dit oor die geld gaan is dit maar ‘n power punt, geld gaan hulle maak met of sonder die visse. Jy hoef ook nie te gaan om te koop nie. Dit kan ‘n lekker uitstappie vir die kinders wees. ‘n roomys of koeldrankie terwyl hulle die vissies bekyk.

George ·

En wat van die onderhoud daarvan? Hoop net nie dit gaan soos met AL die ander dinge in die land nie………. dink aan ons paaie, damme, geboue ens. ens ens!

Christine ·

Ai tog, dan sit die arme bloetjies weer met “square eyes” … Nee man wat is fout met jou gesonde oordeel … Mense neem kinders na dieretuin om van diere te leer.
Mense neem kindets na ñ Aquarium om van visse te leer.
Ons sit in Jozi en het nie almal die vermoeëns om see toe te gaan nie … 3 HOERA’S VIR CRESTA !!!
kom Westgate, Sandton, Eastgate, 4Ways en al die ander malls, bou voort op Cresta se initiatief.

Daan ·

Wonder maar net so by myelf, hoeveel van die klaekouse wat gekant is teen die hele ding eet nie graag ook ‘n stukkie vis nie?

Gemaskerde Sopbeen ·

Ag nee. Nou kan ek nie weer Cresta toe gaan nie…………….netnou moet ek weer loop en skulpies optel saam die ouvrou….

Koos ·

Gaan in elkgeval nie Cresta toe nie. Swak uitleg. Clearwater is stukke beter!

Stormjaers ·

Se die mense wat so lekker aan hulle vis eet. Dit is n baie goeie idee. Dit lok mense en dan kan hulle ook sien hoe al die visse lyk. Solank daar net baie goed na die diere gekyk word. Ek sal dit graag ook wil gaan sien.

Nou weet ons ·

“Die grootsheid van ‘n nasie en sy morele vooruitgang kan gesien word aan die manier waarop hy sy diere behandel.” – Mahatma Ghandi

Karolis ·

Tot hier tel ek net sewe name van bogemelde kommentators wat gewoonlik plaasmoorde kritiseer.

Pieter ·

Ag tog, ons ou volkie wat so steen en been kla oor visse en hulle geliefdes. Gappies vreet hulle eie geliefde kinders, boeties en sussies op as hulle kleiner as die ander is.Wat nou van reptiele wat mense as troetel diere aanhou, ook in hoeke, duisende km van hul habitat selfs van oorsee. Wed hierdie klakouse het ook n troetel dier of twee.

Hanna Hoekom ·

Ek was ook baie beindruk met die akwarium in The Mall of Dubai. Pragtig om na te kyk en sommer n lekker “rustige gevoel” in die omtrek. Hoop net hierdie derdewereld-mentaliteit in ons land sal nie die hele projek kelder nie!

Jacques ·

Wonder net wat vis eet met alles te doen het, lyk of ik by baie mense erg ontbreek. As God see diere in die binneland wou he sou die see tot daar gestrek het.

Dink bietjie ·

Hy het actually, ons ken dit as “riviere”. Die water is netnie sout nie.

Christine ·

Ag snert man! Elke 2de huis het ñ vistenk… Daar is absoluut geen fout met ñ goedversorgde aqaurium in enige sentrum nie. Teendeel is, daar is talle mense wat nooit die voorreg sal hê om enige see plant of vis lewendig te sien nie. DANKIE CRESTA !!!
Komaan suurknolle hou op kerm.

RG ·

“Die grootsheid van ‘n nasie en sy morele vooruitgang kan gesien word aan die manier waarop sy diere behandel word.” Mahatma Gandhi

Wie is die suurknolle hier? en nee elke tweede huis het nie ‘n vistenk nie.

Neil ·

Jare trug was daar ñ groot vis tenk in Cresta. Ek kan onthou hoe die kinders om hom gesit het op die vloer en na die visse gekyk het. As hulle Visse in sit wat in aanhouding gebroei was dan is alles ok.

RG ·

Ja Christine, “JOZI” dit se alles en sekerlik naby CRESTA. En jy bedoel seker akwarium. Miskien moet jy eers afrikaans leer praat voor jy jou bloeitjies iets probeer leer.

Gert ·

Van wanneer af het visse n senuwee stelsel dat hulle sielkundige hulp nodig het vir stress?

Flip ·

Oooooe wee…..red die volkie….van die mense moes eintlik narre gewees het….Wat is nou daarmee verkeerd….ek wonder hoegaan dit by hulle huise….het julle nie iets beter om julle mee besig te hou nie AS julle nie so iets kan waardeer nie LOS DIT UIT hou jou negatiewe uitlatings vir jouself….laat mense wat dit nog nooit gesien het nie dit waardeer…..my magtig man word groot ALLES gaan nie net oor JOU nie!!!!!!!go Cresta go!!

Craig ·

Flip, net omdat mense standpunt inneem teen ‘n saak, beteken nie hulle is negatief nie. Wat wel negatief is in hierdie kommentaar kolom is hoe diegene wat wel daarteen gekant is persoonlik aangeval word… maar dis gewoonlik wat gebeur wanneer mens nie eintlik jou standpunt kan verdedig nie. Oor een punt stem ek saam met jou, dit gaan nie net oor JOU “die mens” nie en dis juis die punt, die selfsug van die mens solank hy homself kan vermaak, ten alle koste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.