Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAW) verwag oor die volgende twee dae taamlik koeler en stormagtige weer oor groot dele van die land. Sneeu word ook op die Drakensberge verwag.
Die weerdiens het Maandag in ’n verklaring gesê wydverspreide donderstorms word Dinsdag en Woensdag oor die sentrale, suidelike en oostelike dele van die land verwag.
Volgens die weerdiens sal sommige van die donderstorms ook swaar reënbuie, hael en sterk wind teweegbring. Gebiede wat na verwagting die ergste geraak sal word, is die oostelike dele van die Oos-Kaap, die noordooste van die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Hoëveld van Mpumalanga.
Luidens die verklaring moet Suid-Afrikaners hul vir ’n kouefront staal met die tempertuur wat van Dinsdag oor die sentrale en suidelike provinsies sal begin daal. Die koeler toestande sal na verwagting teen Woensdag na die noorde en die ooste versprei. Ligte sneeuval word later vandeesweek op die suidelike dele van die Drakensberge en Malutiberge verwag.
Die weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik oor moontlike oorstromings in laagliggende gebiede en by brûe. Haelskade word ook verwag.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Niks oor reën vir die Wes-Kaap nie. Miskien was daardie ANC-raadslid van iewers in die binneland reg toe hy so 3 jaar gelede gesê het die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem. Blykbaar is dit dis binne die Here se wil om te stem vir korrupsie, swak of geen munisipale dienslewering, vuil swak staatshospitale ens ens.
Sneeu so vroeg in die jaar miskien n teken van ‘n strawwe winter…
Dalk kan die sogenaamde “Aard verwarming” bevraagteken word?
Dankie Heer vir die wonderlike reën,dalk bly die skelms daardie tydjie weg van misdaad en hou die polisie en weermag in hul voertuie sodat hul nie mense kan martel en slaan en skop nie