Stormende EFF-LP’s skuldig aan wangedrag

Die EFF-LP’s is skuldig bevind aan verskeie aanklagte van parlementêre wangedrag.

Die groep EFF-parlementslede wat in 2019 Pravin Gordhan se begrotingstoespraak ontwrig het, is skuldig bevind aan verskeie aanklagte van parlementêre wangedrag.

Op dié dag het die betrokke EFF-lede uit hul stoele opgestaan en dreigend op Gordhan afgestap, terwyl hulle uitgeroep het dat hy nie toegelaat sou word om sy begrotingsrede as minister van openbare ondernemings te lewer nie.

Lede van die DA en ANC het Gordhan teen die EFF beskerm en die EFF-lede is hardhandig uit die lokaal verwyder.

Die groep LP’s, meestal onbekende agterbankers, is daarna by die parlement se komitee oor magte en voorregte verkla.

Nthako Matiase, Khonziwe Hlonyana en Rosina Komane is skuldig bevind aan die sewe aanklagte teen hulle.

Die komitee het Khanya Ceza, Makosini Chabangu, Thokozani Langa, Brian Madlingozi, Mathibe Mohlala, Mothusi Montwedi, Thembi Msane, Dumisani Mthenjane, Nazier Paulsen, Henry Shembeni, Mathapelo Siwisa, Primrose Sonti en Lorato Tito skuldig bevind aan die vyf aanklagte teen hulle.

Een van die komiteelede se beswaar teen die skuldigbevinding is aangeteken.

Die LP’s wat skuldig bevind is, sal nou toegelaat word om voorleggings ter strafversagting aan die komitee te doen, terwyl betoë ter strafverswaring ook aangehoor kan word. Só ʼn betoog sal gelewer word deur adv. Ncumisa Mayosi, wat die klagte namens die parlement aanhangig gemaak het.

“Sodra die komitee hul voorleggings, binne die voorgeskrewe raamwerk, ontvang, sal die komitee daaroor vergader en besluit op ʼn straf wat opgelê moet word,” lui ʼn verklaring van die komitee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elsabe ·

Dit was in 2019. Hulle was op daardie oomblik al skuldig. Smyt hulle uit en sluit die deur agter hul le derriere.

Rentia ·

En dit neem 2 JAAR om te besluit hulle is skuldig? Sjoe, moet net nie nog vinniger besluite neem nie ANC..

pompies ·

Dit vat 2jaar om hulle skuldig te bevind, nou watse straf gaan hulle kry want die oortreding is nou al vergete. Die parlement is ook n groot grap en vermorsing van geld en tyd. As julle ernstig is verban hulle uit die parlement permanent dan sal dit as afskrik middel begin dien om die sirkus stop te sit, maar ek wed julle is te bang vir die eff om aan so iets te dink want julle boeties en sussies moet mos beskerm word. Dit is n groot grap.

Friedrich ·

Ag, Môre doen hulle dit net weer. Daar is geen gevolge vir ontwrigting in SA nie..

Ian ·

Wat n grap is hierdie hele parlement. Vir die mense daar is SA een graat skaakspel. Hulle dobbel met mense se lewens en kan kwansuis nie omgee of hulle haatlike goed se of doen nie want of noks gebeur met hulle nie of dit vat n ewigheid om reg te laat geskied

Sarel ·

Hoe lank gaan fit die Kommitee? Neem.om te besluit.
Wat is due Jackpot…..ek sè 4 jaar…?

Sarel ·

Wat omtrent Malemma se dreigement teen die Polisie..

Ons alnal sien die gevolge daarvan

Persheks Adri ·

2 jaar later mmmmmm so die voorval van nou in die week ook in die parlement met EFF’ERS en DA gaan seker 5 jaar vat pffft commin om dit sagkens te stel! Verwyder hulle permanent en sluit toe op ‘n eiland oranje sal beter by hulle pas as rooi gggmmmfff pffft

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.