Stormloop toe werkers ‘goud’ vind

Duisende mense stroom tans na die Mbuthumeni-nedersetting buite Harding in KwaZulu-Natal om te grawe vir “goud”. Foto: Gcina Ndwalane/ANA

Owerhede in die suide van KwaZulu-Natal het hul hande vol om ʼn stormloop van mense te beheer wat op ʼn klein nedersetting toegesak het nadat daar na bewering goud in hierdie gebied gevind is.

Duisende mense stroom tans na die Mbuthumeni-nedersetting buite Harding in die hoop op kitsrykdom nadat glinsterende geel klippe hier gevind is gedurende gronduitgrawings.

Dixie Nciki, burgemeester van die Umuziwabantu-munisipaliteit, het gesê die plaaslike stamhoof het reeds die gemeenskap toegespreek oor die gevare daarvan om in die steengroef te myn. Die hoof het gemeenskapslede gevra om ter wille van hul veiligheid uit die gebied te bly.

Dit het blykbaar nie gehelp nie. “As burgemeester het ek ook al verskeie kere die gebied besoek om die gemeenskap toe te spreek oor veiligheidskwessies, maar ons kom agter die getal mense wat op daardie gebied toesak, raak elke dag meer,” het Nciki gesê.

Nciki het gesê die munisipaliteit beraadslaag met die Ugu-distriksmunisipaliteit en sal in samewerking met dié munisipaliteit se rampbestuurspan en die SAPD planne beraam sodat gemeenskapslede verhoed word om in die steengroef te grawe vir goud, aangesien dit onveilig is.

Duisende mense stroom tans na die Mbuthumeni-nedersetting buite Harding in KwaZulu-Natal om te grawe vir “goud”. Foto: Gcina Ndwalane/ANA

“Die rampbestuurspan en die SAPD het intussen doringdraad gebruik om die gebied af te sper totdat toetsresultate aandui of die klippe werklik goud is of nie. Die SAPD het Maandag ʼn monster daarvan  na Pretoria geneem om ontleed te word en ons wag nou op die uitslae.”

Die plaaslike inwoners glo blykbaar dié “goud” wat hulle in die gebied vind, kan hul lewe verander, gegewe die hoë vlak van werkloosheid daar. Die stormloop het begin nadat konstruksiewerkers in die gebied gegrawe het vir steengroefklippe wat hulle wou gebruik om grondpaaie mee te plavei en toe die geel klippe, soortgelyk aan goud, gevind het.

Plaaslike inwoners is al sedert verlede Woensdag doenig in die steengroef om na die goud te soek. Volgens Nciki is daar reeds twee gemeenskapslede beseer terwyl hulle besig was met hul mynbedrywighede in die gebied. “Hulle is na die plaaslike hospitaal gehaas en volgens inligting word hulle steeds daar behandel,” het Nciki gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Whahahah ·

SIEN ….JULLE SOEK PLASE EN MEANTIME is die GOUD in die NEDERSETTINGS, nou gaan die NEDERSETTINGS seker weer deurloop .. LMGA .. o hel ek hou hiervan .. gooi ‘n paar stukkies goud op ‘n stuk land en kyk hoe STROOM Die massas soontoe, dan is die plase waarop hulle moet BOER eintlik heeltemal vergete … heheheeeeeeeeeeeeeee.Ek hou van enterpreneurskap .. GO FOR IT .. grawe boet grawe!!

Nelis ·

Die is “fools gold”, pyrite. @Whahahah, kyk wereldwyd en in die geskiedenis, waar mense dink hul het goud ondek, was daar n storm loop

Joe ·

wonder of jy dieselfde lag oor die witwaterrand goldrush destyds, of joburg se rush, of ál die rush’ wat in SA plaasgevind het.

Avra ·

Gooi goud. Dan is die grond omgedolwe. Verniet. Nou kan die boer aartappels plant

NM ·

Lyk vir my na pyrite – “fools gold” . n storm loop na goud sal altyd gebeur, wereldwyd, van letterlik die GoldRush

Goud ·

Ek dink nou daaraan. Wat ons sê op Nkandla en op malema se grond is daar baie goud.

Johann ·

As ek al ooit gewonder het oor die massaa se vlak van naief en beinvloedbaar, dan wonder ek nie meer nie.

Maar net siveel die massas se vlak van desperaatheid… gevaarlike kombinasie!

GM ·

Ag, hul waarsku oor onveiligheid want hul sal nie wil hê dat ‘gewone mense’ vinnig ryk word nie. Die hoë-lui sal dit vir hulself wil inpalm. Van wanneer af is hul bekommerd oor enige een se veiligheid. Bahaha. En om vir goud te loop soek, is netso dom. Die persoon gaan dit ongesiens in sy sak moet druk. Wat dink almal gaan gebeur as een skree hy/sy het goud ontdek? Jy sal vermoor word vir daardie stukkie klip.

Koos1 ·

Goud in KZN en net ‘n paar meter onder die oppervlak? Baie onwaarskynlik!

Gertryda ·

Ek is al moeg gegrawe op plaas in kzn….. so geluk tref my nooit

Cherokee ·

Goudrif is slegs sigbaar vir kenners-oog. Ek het, male sonder tal, na die rykste goudrif in die wêreld gekyk, en daarna weer rots gemyn daaruit onder oog gehad, en ek weet dat ryk rotsrif nodig kennersoog. Goud is swart voor ontginning. Liegnuus is selfs swarter.

KIA ·

Nee kyk Cherokee, jy weet ook darm maar als van als ne? Hangaf waar jy myn, goud uit grond kan besonders skoon wees direk na grawe. Dié is beslis pyrite.

Cherokee ·

Haai Kia, dankie vir die kompliment. Ek was wel vele kere by die rykste goudriwwe in die wêreld terwyl dit gemyn is. Jy weet seker waar dit is nê? Sowat 2 tot 3 en meer kilometer onder Carletonville. Ek weet selfs hoe om ‘darem’ te skryf! En, soos jy sê, dit is yster piriet.

Amelia ·

Jammer, maar ek stem saam. Ek het in n myndorp grootgeword en talle familie en vriende het op myne gewerk. En ons as laerskoolkinders was selfs by n nagemaakte smeltery en ek was self eenkeer op n toer ondergronds. Volgens my kennis wat ek direk van die myne se opvoedkundiges gekry het is goud pikswart en na smeltery van baie hoe temperature word dit n goue kleur. En n staaf goud sal enigeen beslis nie kan optel nie. Dit is baie, baie swaar.

Wanda ·

Jy is 100% reg. My man was 17 jaar ñ myn bestuurder. Myne in die Carletonville/Fochville Westonaria gebied. Goud is inderdaad swart en ñ kenners-oog is ñ plus. Maar…..grawe manne…as daai geel klip van julle help om julle weg te hou van my huis af is ek baie bly !

Kossies ·

Hier kan mens lekker geld maak, verkoop kos en koffie, almal gaan honger wees na so dag se grawe! :)

Theo ·

Dink aan die desperaadheid van die mense .Moontlik ‘n kansie om geld in die hande te kry .Gryp enige iets aan !

Onnie ·

Dai klontjie goud wat jy da vashou is net genoeg vi jou tande my bru!?

gatiep ·

Mooi man gun dit vir die mense.
Ons mynbase het genoeg gemaak daai bietjie is kleingeld vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.