Stormskade: Talle skole kan nie heropen

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Talle Gautengse skole sal nie op die eerste dag van die akademiese jaar kan heropen nie as gevolg van die skade wat tydens die onlangse storm aangerig is asook voorvalle van vandalisme oor die feesseisoen.

Die Gautengse departement van onderwys het die name van 20 skole bekend gemaak wat nié op 17 Januarie sal kan heropen nie as gevolg van die stormskade.

Lenasia Sekondêre Skool, Laerskool Ormonde, Laerskool Buhlepark, Hoërskool Krugersdorp en Laerskool Ratanda is onder die geaffekteerde skole.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, het gesê daar is skole in die provinsie wat gevandaliseer is en waarby daar tydens die feesseisoen ingebreek is.

In Pretoria is vier skole, Sekhulisile Primary School, Soshanguve South, Mahlenga en Tlatlogang, geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VANDALE ·

Stormskade en VANDALISME< jammer maar moenie by my kom simpatie soek nie, stormskade is een ding maar VANDALISME bring hierdie mense op hulleself. Vir my part kan hulle onder 'n boom skool onderrig kry of glad nie. Jy slaap op die BED WAT JY OPMAAK, of gaan julle nou weer die Afrikaanse skole bestorm wat NIE deur vandale afgebreek is nie, en daar gaan inwurm?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.