Stormwater betrap motoriste onverhoeds

Een van die voertuie wat die afgelope naweek deur stormwater in die Tshwane-metrogebied meegesleur is. (Foto: Tshwane-nooddienste)

Lede van die Tshwane-nooddienste moes ingryp in minstens drie voorvalle die afgelope naweek waarin voertuie deur stormwater in die metrogebied meegesleur is of vasgeval het.

Charles Mabaso, woordvoerder, sê twee voertuie is Vrydag – een omstreeks 21:30 en die ander kort na middernag – op die laagwaterbrug by die kruising van Rabie- en Endstraat in Centurion vasgekeer.

Volgens die nooddienste het die insittendes almal veilig uit die voertuie ontsnap.

Een van die voertuie is Saterdag herwin.

Verskeie laagwaterbrûe het weens die swaar reën oorstroom. (Foto: Tshwane-nooddienste)

“ʼn Toyota Avanza is ook Vrydagaand by ʼn brug in Olievenhoutbosch meegesleur. Die insittendes het ongedeerd daarvan afgekom. Die voertuig is Saterdagoggend herwin,” sê Mabaso.

Mabaso het die nooddiens se oproep aan motoriste herhaal om nie oorstroomde laagwaterbrûe te probeer oorsteek nie, omdat dit lewensgevaarlik kan wees.

“Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het aan die begin van die somer ʼn seisoen met hoër as normale reënval voorspel en ons doen ʼn beroep op inwoners om waaksaam te bly en weervoorspellings gereeld dop te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Perdeby ·

Dis die rommel wat afspoel in die rivier kan nie verstaan die mense wat die pad gereeld ry behoort te weet die geringste reen en die brug is toe. Het die pad gereeld gery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.