Stormweer in die Kaap verwag

Sterk wind het Donderdag ’n vragmotor op die N1 Hugenote-tolpad digby die Paarl omgewaai (Foto: Verskaf(

Kapenaars moet hulself staal teen stormweer wat van Vrydag in die streek verwag word.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê ’n laedrukstelsel sal na verwagting die naweek wydverspreide buie en donderbuie, sterk wind en rowwe seetoestande in die Wes-Kaap meebring.

Die weerdiens het ’n oranje vlak 8-waarskuwing teen stormsterk wind tussen Tafelberg en Plettenbergbaai vir Vrydag uitgereik.

Die Kaapse dokter het Donderdag reeds sy verskyning gemaak toe ’n sterk wind ’n vragmotor op die N1 Hugenote-tolpad digby die Paarl omgewaai het.

Die tolpad was Donderdag vir verkeer gesluit (Foto: Verskaf(

Volgens Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, was die tolpad Donderdag gedeeltelik vir verkeer gesluit.

Die stormweer sal teen Saterdag na die binneland en oostelike dele van die land uitbrei.

Die weerdiens waarsku teen oorstromings in die oostelike dele van die Noord-Kaap, die westelike dele van Noordwes en Vrystaat en die sentrale en oostelike dele van die Wes-Kaap.

“Die oorstromings kan tot die beskadiging van infrastruktuur, eiendom en voertuie lei. Boere se vee loop ook die gevaar om te verdrink,” waarsku die weerdiens.

Volgens die weerdiens sal sterk wind van 40 km/h tot 50 km/h teen Saterdag oor die westelike en sentrale binneland waai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Samuel ·

Die waarskuwing is seker nie van Tafelberg nie, maar Tafelbaai en Plettenbergbaai.

Ons het nog geen stormwinde dusver ervaar nie, maar dit lyk asof groot reën op pad is. Ek hoop mense tree verantwoordelik op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.