Stormweer oor dele van SA verwag

Argieffoto: Pixabay

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag vandag en môre uiterste weertoestande oor die sentrale en oostelike dele van die land.

Hannelle Doubell, woordvoerder van die weerdiens, het gesê erge donderstorms kan Vrydagmiddag oor die sentrale en oostelike dele van die land en die westelike dele van KwaZulu-Natal en Mpumalanga voorkom. Dit kan met hael en stormsterk wind gepaardgaan.

Doubell het gesê die donderstorms sal na verwagting Saterdag op dieselfde plekke voorkom met die risiko van erge storms oor die oostelike dele van Noordwes, die noord en oostelike dele van die Vrystaat, Gauteng en die westelike dele van Mpumalanga.

Daar is benewens vir die moontlikheid van hael en stormsterk wind ook die moontlikheid van kitsoorstromings.

Doubell het gesê die toestande sal teen Sondag ietwat verbeter, maar dat daar steeds die risiko is van geïsoleerde storms op plekke.

Die kouer toestande wat vandag oor die Wes- en Oos-Kaap voorkom sal teen Saterdag ietwat verbeter, maar na die ooste uitbrei.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trots Afrikaans ·

Stormweer plek-plek, maar geweld en misdaad orals …..

Stormweer Erdvark ·

Trots Afrikaans, ek is mal oor pittige kreatiewe oorspronklike opbouende humor. Mooi gedaan! Jy is so skerp soos ‘n skeermeslemmetjie!

Cornette ·

Hahahaha dankie Trots Afrikaans vir jou humor!! Darem iets om oor te kon lag na al die ander tragiese stories.
Voel nou sommer weer positief!

Daan Erasmus ·

Kan iemand asb die NUUTSTE voorspelling van Peet Pienaar in die hande kry. Of enige ander betroubare bron. As daar so iets bestaan.

zoom zoom ·

Ek woon in ELDERS nou probeer ek uitvind elke aand waar dit op die weerkaart is maar kon dit nog nie kry nie. So ons is nie seker wat vir ons voorspel word nie. Dit is amper soos fog patches. Ek hoor net die aanbieder sê fog patches daar en fog patches daar. So daai plek is elke dag op ‘n ander plek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.