Stortvloed kritiek oor ‘kaalkop’-voorblad vir kanker

Die You-voorblad wat tot die herrie gelei het

Die You-voorblad wat tot die herrie gelei het

Die model Lee-Ann Liebenberg het haar stilte gebreek oor die herrie wat losgebars het nadat sy en ander bekendes ‘kaalkop’ verskyn het in die tydskrifte You en Huisgenoot vir bewusmaking oor kanker.

Liebenberg verskyn ‘kaalkop’ op You se uitgawe van 23 Oktober. Die tydskrif het hom veral op sosiale media ʼn stortvloed kritiek op die hals gehaal, aangesien die bekendes se hare nie regtig afgeskeer is nie maar slegs digitaal verwyder is.

Op You se Facebook-blad is daar ʼn stortvloed van negatiewe kommentaar. “Walglik dat julle so ʼn vals artikel publiseer oor iets wat so werklik is in baie mense se lewens. Dit maak baie mense eintlik baie seer,” het een van die lesers, Nicola Blackman Conradie, geskryf.

“As ʼn 28-jarige wat vier maande gelede met borskanker gediagnoseer is, moet ek erken dat die voorblad van 23 Oktober baie aanstootlik was,” skryf Melissa Willemse, nóg ʼn leser. “Afgesien van die feit dat ek een van my borste verloor het, was die feit dat ek my hare verloor het vir my een van die mees traumatiese stadiums van die siekte. Dit is nie maklik om alles wat jou vroulik maak te verloor nie en nou gaan die tydskrif en maak ʼn bespotting van alle oorlewendes. Dit sou ʼn beter indruk gemaak het om mense te gebruik wat regtig die siekte oorleef het of bekendes wat regtig hulle hare afgeskeer het.”

Liebenberg het intussen op Instagram by ʼn ‘kaalkop’-foto van haarself geskryf dat sy haar ouma aan kanker verloor en dat haar pa die siekte oorwin het. Haar oupa ondergaan tans behandeling vir kanker. “Ek ken en verstaan die vernietigende gevolge van kanker. Ek is ʼn groot meisie en ek kan kritiek hanteer, maar ek kan dit nie vat dat daar valse beskuldigings gemaak word dat my hart nie in die regte plek is nie,” het sy gesê.

Oktober is borskankerbewusmakingsmaand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Theresa ·

Lee-Ann verloor die punt heeltemal. As sy haar hare regtig heeltemal afgesny het was dit ‘n ander saak en was haar hart op die regte plek. Wat is die doel van alles om dit digitaal te verwyder. Dit sê mos nou niks. Ek ondersteun vir Melissa en Nicola.

Machiel ·

Haar hart is op die regte plek. In haar beursie. Obviously is sy betaal vir die “vals” fototjie… Dis minder oor kanker en meer oor geld in my opinie.

Griet ·

Stem nogal saam met Melissa. Kanker (enige soort) is geweldig traumaties en om iemand dit in die openbaar te sien “rolspeel” tewyl jy weet hulle is nie self daardeur nie, krap ‘n bietjie. Na my mening is die enigste van die bekendes wat die reg het om so iets aan te vang, Wilma van der Bijl (Tapanlis) wat self borskanker oorwin het.

Die dames wat net hule hare digitaal laat verwyder (“skeer”) het, ons as borskanker stryders en borkskanker oorwinnaars daag julle uit: SKEER REGTIG JOU HARE AF, jou geredigeerde foto van hoe jy sou lyk sonder hare, beïndruk niemand

Melissa – sterkte, die pad wat voorlê is nie maklik nie, maar borskanker is nie ‘n doodsvonnis nie. Ek is al 8 jaar skoon na chemo (met al die aaklige gevolge!), mastektomie, rekonstruksie en bestraling. Rus genoeg, eet reg, aanvaar enige hulp wat jou geliefdes om jou aanbied en bly positief!

Carol Roux ·

Nicola en Melissa, julle hare is die laaste waarom julle moet ontsteld wees. Ek is ook deur erge kanker en het 2 en half jaar lank chemo gekry. Jou hare is ‘n bysaak. Jou herstel van gesondheid moet prioriteit wees. Dit het my glad nie gepla om my hare te verloor. Hierdie vroue staan saam met ons en hoekom hulle nou veroordeel ivm fotos. Wees bly dit is nie julle wat sonder hare op voorblad verskyn. Moenie julself ophou met sulke nietighede. Bepaal julle by julle herstel en ondersteuning van ander kanker pasiente. Ek is deur baie traumatiese tyd en daarom weet ek waarvan ek praat.

Carol Roux

Ester du Plessis ·

“Wees bly dit is nie julle wat sonder hare op voorblad verskyn”?. Regte kankerpasiënte verskyn elke dag voor almal in werklikheid. Almal kan nie pruike dra nie weens verskeie individuele redes. Sonder hare in die winkels, in die verkeer, wanneer jy jou kind by die skool kry, by die werk, in die kerk. Dis ook nie ‘n kwessie van ophou met nietighede nie. Kommentaar is gevra en word gegee en dit is hoe Nicola, Melissa, ekself en baie ander vrouens voel. Ons bepaal ons natuurlik ook by ons herstel en ondersteuning van ander kanker pasiënte. Dit gaan oor die berig en die inhoud daarvan. Natuurlik lyk die bekende dames baie mooi en sou ‘n kankerlyer seker ook so poseer het…as hulle nog hulle wenkbroue, ooghare, velkleur, vonkel in die oë en pragtige grimering daarby gehad het. Ongelukkig is dit nie so in die werklikheid nie nê. Vrede.

Elizabeth ·

Ja ek weet darem nou ook sowaar nie hoe dit nou aanstootlik kan wees nie – dis darem bietjie ‘n kras woord om te gebruik! Al het hul nie hul hare regtig afgeskeer dink ek hul bewys tog op hul manier hul solidariteit met kankerlyers en mense moet dit maar so insien. Ek is seker hul sou dit nie gedoen het as mense so erg daaroor gevoel het nie – regtigwaar ek dink hul harte is op die regte plek. Dalk moet mense nie so oorfyngevoelig wees en liewer opstaan teen die stryd – en voor almal sê ja dis maklik vir my om te praat – glo my ek weet waarvan ek praat, ek het dit na aan my belewe. STERKTE aan elke liewe man of vrou of kind wat hierdie stryd moet stry, ons almal weet dis nie maklik en soms is die uitkoms nie wat ons wil nie hê dit moet wees, ek het, soos ek sê dit belewe, maar ek bid jul almal sterkte toe.

M ·

mense moet eers regtig self deur al die dinge gaan vandat jy met kanker gediagnoseer word jou toetse, jou mastektomie en dan die behandeling. My gesig was baie opgeswel en wange altyd so rooi kleur en dan nog sonder hare ook, jy lyk nie vir jouself so sleg as jy na jou kyk nie maar as jy agterna na foto’s kyk maak my hart sommer ,n draai in my maag. Dit was regtig sleg maar bly ek kon die pad stap na gesondheid. Ek is in 2011 met borskanker gediagnoseer en weet elke dag wat ek het om nog te lewe is genade. Ons God is Groot.

Ina Smith ·

Ek wil net graag weet hoekom moes hulle van ‘n model gebruik maak vir die foto en artikel. Is vrouens wat kanker het of oorwin het nie mooi genoeg nie ? Hoekom kon You/ Huisgenoot nie ‘n foto kompetiese reël vir dames / mans wat bors kanker het en dan ‘n ‘ beste’ foto daaruit kies nie , Dis nader aan die waarheid as iemand wat dit doen met die regte bedoelings maar nie self weet waardeur ‘n kanker lyer gaan nie , My Pa het kanker gehad en ek het vir baie jare by ‘n Hospice gewerk waar ek daagliks kanker pasiënte gesien het . maar dit beteken niks want ekself is nie daardeur nie.Sterkte vir almal wat daarmee saamleef ,Ek ondersteun glad nie meer enige tydskrif nie .

Lynni ·

Ek het regtig gedink toe ek voorblad sien dat Lee-Ann haar hare afgeskeer het. Sy sê dan op voorblad: “I doing this for Daddy”.
Huisgenoot en Kie wou weer klomp tydskrifte verkoop. Dis al wat dit is.

maggie ·

Machiel, ek stem saam met jou, dit het oor geld gegaan! Sal graag wil weet of die ander celeb’s wat in die huigenoot blom, werklik hul hare afgeskeer het, of het dit ook gegaan oor hul beursies!

Nicolene ·

Sjoe, dit IS egter AANSTOOTLIK sou ek reken! As jy nie “opreg” en “eerlik” oor die hele doel kan wees nie, hou verby! Dink regtig Huisgenoot het gepoog om finansiële voordeel uit die uitgawe te verkry (net soos ene Me Liebenberg/VanDerWalt)??

Joan ·

Ek stem saam met die dames. Hier is so baie oorwinnaars van kanker dat dit nie nodig was om n vals artikel te plaas nie. Ek het n tante verloor aan brein kanker, my oom het kanker en is besig met behandeling en my tannie en n dame hier by my werk het beide borskanker oorwin. Hoekom nie “gewone en normale” oorwinnaars gebruik nie? Valse publikasie maak my sommer siek.

Desireé ·

Ek en my vriendinne het al vele kere ons hare geskeer vir ons maaikies met kanker ek dink ook nie dit was n grap om sulke bespotte fotos en artikels te plaas nie, ek dink ook dat huisgenoot omverskoning moet vra, hoekom jok oor so ernstige saak

Marieta de Kock ·

Nee Huisgenoot, ek is terleurgesteld. Het nooit gedink julle sal vals artikels
plaas nie. Wat is julle doel om dit te doen – ‘n bespotting.

Eureka ·

Uiters swak! Die hele aangeleentheid vertel vir ons baie van die innerlike skoonheid van Lee-Ann Liebenberg en die redakteur van Huisgenoot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.