Straatmusikant moet skadevergoeding kry

Goodman Nono

Lunga Goodman Nono

ʼn Blinde straatmusikant wat deur wetstoepassers in Kaapstad aangerand is, moet skadevergoeding van R300 000 kry, het Beeld Saterdag berig.

Die Kaapstad-streekhof het Donderdag beslis dat die stadsraad moet opdok vir die skade wat Lunga Goodman Nono (52) op 8 Julie verlede jaar gely het.

Nono speel en sing sedert 2008 op die hoek van St. George-wandellaan en Kortmarkstraat om sy gesin te ondersteun.
Wetstoepassers het Nono op die dag gevra om op te hou speel waarna hy geantwoord het dat hy toestemming het om daar te speel. Hulle het later teruggekeer en Nono na ʼn gemerkte voertuig gesleep. Sy klere is geskeur en sy kitaar is beskadig.

Die voorval is op video vasgelê en op die internet gelaai. Nono is in hegtenis geneem en die aanklagte is in September verlede jaar teruggetrek.

Volgens hofdokumente is Nono erg getraumatiseer deur die voorval en kry hy nagmerries daaroor. Die siviele eis is aanhangig gemaak aangesien Nono meen sy grondwetlike regte is geskend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.