Straatnaamborde verander: Vyf in hegtenis

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Vyf AfriForum Jeug-lede is Sondagaand deur die polisie in hegtenis geneem nadat hulle straatnaamborde in Pretoria vervang het.

Volgens Ian Cameron, woordvoerder van AfriForum Jeug, het tussen 35 en 40 lede van AfriForum Jeug Sondagaand die straatnaamborde van WF Nkomo-, Stanza Bopape- en Helen Josephstraat met Kerkstraat-naamborde vervang.

Dié straatname is in 2012 verander om volgens Khorombi Dau, destydse voorsitter van die plaaslike stadsraad, “kulturele inklusiwiteit te bevorder”.

Cameron het gesê dat daar geen grond vir die vyf se inhegtenisneming was nie. “Daar was geen rede om ons lede in hegtenis te neem nie omdat niks beskadig is nie.”

Die vyf is volgens Cameron naby die Uniegebou in hegtenis geneem en na die Sunnyside-polisiestasie geneem. “Een van die polisiebeamptes het gesê hulle word in hegtenis geneem ‘vir wat julle hier maak’,” het Cameron gesê.

Volgens Cameron is die vyf Sondagaand vrygelaat ná ingryping deur ʼn senior polisiebeampte. Cameron het gesê AfriForum Jeug sal in die volgende twee dae besluit oor die pad vorentoe. “Die moontlikheid dat nog straatname verander kan word, is nie uitgesluit nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Johann Marx ·

As dit my plek was die sou elke straat net ‘n ruitverwysing gehad het om mee te begin. Dan sou ek alle belanghebbendes genooi het om die straatname wat hulle graag daar wil sien, te kom opsit. Die koste van elke naam wat opgesit word is R100 000,00 per straatnaam per jaar, EN die persone wat die naam opsit moet ook die straat fisies onderhou. As jy voel jy wil nie meer jou “helde verering” op hierdie manier uitleef nie, dan is jy welkom om jou bordjie te kom haal, en plek te maak vir iemand anders se naam, en se R100 000,00. Intussen sal die straat aan sy ruitverwysing uitgeken word terwille van GPS en besighede wat nie elke jaar NUWE faktuur en kwitansieboeke kan laat druk nie, of karteringsmaatskappye wat nie elke jaar ‘n nuwe straatkaart kan produseer nie. Maklik.

Andrea van Vuren ·

Ek word ouer. Ek sukkel om in die middestad te ry. Ek is bang vir ‘n kaping of ‘n aanranding. Ek vra maar net. Hoekom kan ons nie ons ou naamborde terugkry terwille van sekuriteit van die ouer inwoners van Pretoria nie?

Michael ·

Die Metro verontagsaam ‘n hof bevel om die name terug te verander,so Afriforum ons steun julle 100%…………snaaks geen eff lede gearresteer toe hulle die Kruger beeld BESKADIG het nie

Gesiggie ·

Wat n Groot grap?? belaglik… jul word opgesluit vir wat jul hier maak??? wat jul daar gemaak het, is om die naam wat daar hoort weer terug te sit op sy plek?? ek sal in my lewe nooit Kerkstraat kry… met die snaakste naam wat hul dit mee vervang het nie?? Waarom los hul nie net maar die naam borde soos van begin…. spandeer eerder meer tyd en geld aan Plaas moorde en Potholes….. ?? ons vind ons straat Name maklik met die naam wat van dag een af daar was”’ Well Done aan jul Jeug lede…. goeie werk”’

emma ·

Agge nee gesiggie waarom altyd so baie vraagtekens????????????????????

DPJ ·

Ja daar word niks gesê van die veronasamig van die hofbevel nie. ANC wil net maak soos hulle wil . Is mos bo wet verhewe.

Domkrag ·

Skreeusnaaks… Jimmel mense, daar is soveel ernstiger oortredings wat net ignoreer word.

Pietie paas haas ·

New jong Domkrag die sapd is the vrek bang hull kry seer. Het jull all ooit agter gekom dat die sapd op daag nadat daar n moord gepleeg was. Al hoe well die slagoffer geskakel het nog voor dat die moordenaar in sy/haar huis was

Loeis ·

Hulle lyk nie eintlik geindimideerd nie (waar is die ‘like’ knoppie?).

Op ‘n meer ernstige noot, volgens die Strafproseswet mag mens jouself met die nodige geweld teen onwettige arrestasie verset. MAAR, doen dit nou, en ‘n helse (rasse natuurlik) herrie bars los. Soos Michael hierbo uitwys, verontagsaam die metro reeds ‘n hofbevel oor hierdie borde. Mense moet maar net terug beklei, op elke wettige manier moontlik.

Johnny ·

Baie effektief en vinnig om die vyf gevreesde “misdadigers” te arresteer. Bietjie traag wanneer daar teen plaas aanvallers opgetree moet word. En daar word geen rassime met my uitlating bedoel, voordat julle besluit om ‘n Crimen Injuria saak teen my te maak.

JBlom ·

Puik gedoen! So n klein daad van verset los maar n lekker glimlag op my gesig as jou week met BEE komplikasies begin.

Frederik ·

Was in 2015 vir 2 dae in Pretoria. Die wit lyne in die strate is so lank laas oorgeverf dat mens dit glad nie kon sien toe dit reën nie. Verder het ek opgelet dat die naam Solomon Mhalangu- of so iets- ook daar nou op ‘n straatnaambord pryk. Hy is tereggestel vir moord, maar is blykbaar ‘n groot hero onder die ANC kaders.
Die Kaap bly maar bo.

Max Berg ·

Die kwaliteit van die very is ook Afrika-uniek. Dit Hou net een dag !

Johannes ·

Frederik, mahlangu was ‘n kommunistiese terroris wat onskuldige burgelikes vermoor en laat vermoor het. Net soos ,mandela, tambo, slovo, biko ens. Geen held van my nie dankie.

Grassie ·

Goed gedoen, jong manne en jong dames. Hierdie ou man is trots op julle.

Yolande ·

As die land nou mooi afgebreek is, wanneer daar nie meer kos op die rakke is om te koop nie. Wanneer n taxi nie meer kan ry nie want daar is nie brandstof in ons land nie, wanneer daar geen ekonomie meer is nie, wanneer ander landr nie meer geld aan ons land wil leen nie en almal baie swaarkry. Dan sal hierdie kinders help om ons land weer op te bou waarop ons almal trots kan wees.

Fanie ·

Ek weet ook net hulle sou nooit uit hulle eie daaraan gedink het om teerstrate te maak en om daardie straat ‘n naam te gee nie. Al te belaglik die verandering van straatname na vloekwoorde!!

Magda ·

Mooi so Afriforum jeug- die burgermeester van Tshwane verontagsaam n hofbevel waarin hy opdrag gegee is om die name terug te verander na die oorspronklike name-waarom word hy ni in hegtenis geneem nie? So- toe neem julle inisiatief en doen sy werk vir hom…

Gawie ·

Hoop daar kom nog ‘n hofsaak hieroor, ten minste sal die 5 darm ‘n siviele eis kan insit
vir onregmatige arrestasie en aanhouding. Lekker manier om studiegeld bymekaar te maak as gevolg van onkundige personeel.
Mooi gedaan.

Hein ·

Hoekom die naam border verander? Doen eeder iets wat die leefwyse van die witmens kan verander om oor naam borde jou tyd en energie te mors maak nie sin nie. Doen iets wat wel n verskil iemand se lewe kan maak.

Wim Kotze ·

Hein, jy sal seker graag Solomon Mahlangurylaan op jou briefhoof wil skryf?

Riaan ·

Stem saam Hein. Ek was op punt om by Afriforum aan te sluit, maar as dit die tipe van ding is waarmee hulle hulself besig hou, soek ek eerder ‘n ander organsisasie om te help om ons uit die gemors te lei waarin ons ons bevind. Help die boere in Parys en elders, verdedig Afrikaans in die universiteite, beveg rasistiese BEE – doen iets wat ‘n verskil aan ons lewens sal maak. Moenie ‘n geveg soek oor ‘n straatnaam nie. Hierdie optrede is glad nie intelligent nie.

Disselboom ·

Kom ons los die meriete van die saak bietjie eenkant, en geniet die feit dat jong Afrikaners tot optrede oorgegaan op ‘n konstruktiewe manier. Die foto’s van die naambordjies lyk of dit heel netjies is, en die opsit daarvan het die regering se onregte in die saak uitgelig. ‘n Duidelike punt is gemaak deur jong Afrikaners wat aksie neem.

Drie hoera’s (Disselboom klink seker maar outyds, maar jonges, dis nou maar hoe ek dit ken) vir hierdie jong Afrikaners en Kerkstraat se naam!

christine ·

Ja Hein ek ook al mense in my familie gehad wat altyd gevra het.Hoekom kla hoekom maak jy nie die verskil nie. Maar boy hyself het nog altyd met ander se kalwers geploeg letterlik en vergierlik. Verfoeilik. En sonder verbeelding

Francois ·

Dit was prettig met tye en met trots kan ons Afriforumtak Pretoria Wes se ons sal jul weer help en ondersteun want julle harte is reg en ons is trots op hierdie jeug wat opstaan en n verskil wil maak

Leonard van der Dussen ·

Of mens nou saamstem nie of nie of dit tans strategies sinvol is om baie aandag aan naamsveranderings te gee: jong Afrikaners wat aksie neem vir sake wat hulle Afrikanergevoel raak, is lekker om te sien.

En dit is ‘n antwoord op die mense wat onlangs so half minagtend gevra het waar die Afrikaners dan is in die land se sake as dit by aksie en protes kom.

Fanie Meintjes ·

Sluit Pretoria se burgemeester en sy HELE bestuur toe wat nie uitvoering gee aan 2 hofbevele wat hulle beveel het om die straatnaamborde te verander na die nuwe dogma name van hulle en die ou erkende name nie. As dit gedoen was soos deur die hof beveel is, sou hierdie kinders nie gedoen het wat hulle nodig geag het om te doen nie. Dit is ‘n riem onder my hart as ek sien dat ons jeug aksie neem in sake van belang want lyk my die DA stel nie belang om op te tree in hierdie sake nie.

Peet Schabort ·

Onthou julle dat jare gelede was daar die Datsun Stanza.
Is Stanza Bopape ook dalk ‘n mousterkar of so-iets?

Henk ·

Mooi so,dit is hoe dit werk in die nuwe SA,weerstand,dis al wat werk!

Gesiggie ·

Emma… vraagtekens, want ons moet altyd net vrae en vrae????? en niks word gedoen””” verstaan????

Grotman ·

Ek is in Pretoria gebore en het daar groot geword. Het die stad en als om dit soos palm van my hand geken! Maar as iemand my vandag n straat naam gee dan slaan ek somer blond!! Nee wat, ek wag nou net dat hulle ons naam en van ook gaan begin verander!…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.