Straatrowers steek man aan die brand

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik 25 jaar oud, het Sondagmiddag in Ashburton, Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal kritieke beserings opgedoen toe petrol oor hom uitgegooi en vermeende straatrowers hom aan die brand gesteek het.

Paramedici is na die toneel ontbied nadat ʼn motoris plaaslike owerhede ontbied het, het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

“Die man het ernstige brandwonde opgedoen. Hy is in ʼn kritieke toestand. Paramedici het die man vir sy beserings behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Die pasiënt het later aan paramedici gesê hy is van sy besittings beroof, petrol is oor hom uitgegooi en hy is aan die brand gesteek. “Die man kon gelukkig self die vlamme blus. Plaaslike owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris ·

Ek wonder oor hoekom hulle hom na die tyd aan die brand gesteek het. Is dit swart op wit geweld?
Kan ons meer informasie kry?

Katerina ·

Chris- Ek het ge-google en n paar berigte hieroor gekry maar die verbrande man se naam word nie gegee. Ek weet nie hoekom geen meer besonderhede gegee is nie.

Irene ·

3 straatrowers het my broer wat 60 is ook geroof en hom met a pistool oor sy kop geslaan Hy het van die kafee af geloop in Danville Pretoria my broer is wit

Casper Labuschagne ·

In Venezuela is dit nou algemeen dat die slagoffer eers doodgeskiet word voordat hy of sy beroof word. Dit is ‘n ernstige tendens wat ook hier toeneem. Wat gaan aan in die denke van misdadigers dat hulle nie net tevrede is om ander se besittings met geweld af te neem nie, maar dat dit vir hulle ook noodsaaklik is om daardie slagoffers op ‘n grusame wyse te vermink of te dood? Is daar enigiets wat sulke misdadigers hoegenaamd sal afskrik of rehabiliteer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.