Straatverkoper doodgery

Argieffoto

ʼn Straatverkoper is Sondag in Krugersdorp doodgery.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by die kruising naby die Pinehaven-hospitaal op die N14-snelweg plaasgevind.

“Die bestuurder van ʼn voertuig beweer sy voertuig se remme het onklaar geraak toe hy van ʼn baie steil heuwel afgekom het. Hy was nie in staat om te stop nie en het by die kruising se verkeerslig teen ʼn ander motor gebots,” het Dollman gesê.

Volgens Dollman het die straatverkoper gesien die botsing gaan gebeur en na veiligheid probeer hardloop toe hy gestruikel het en onder ʼn aankomende voertuig se wiele beland het.

“Toe paramedici by die man opdaag, het sy hart gaan stilstaan. Hulle het dadelik begin noodhulp toepas en hom na die nabygeleë Pinehaven-hospitaal gehaas. Daar het paramedici en dokters alles in hul vermoë gedoen om sy lewe te red, maar sy beserings was te ernstig en hy is in die noodgevaleenheid dood.”

Die man is vermoedelik in sy vroeë 30’s.

Die mense in die voertuie wat in die botsing betrokke was, is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jordaan ·

Jammer vir die man en sy familie, maar dit is nog ‘n voorbeeld waar regulasies nie toegepas word nie.

Jakalas ·

Wel dit was nou ‘n vreemde vrats. My innige simpatie met die oorlede man se familie. Dit is ook vir my vreemd hoe baie remme wat onklaar raak die oorsaak is van baie ongelukke. Ek hoop hulle stel ondersoek in om te sien of dit wel die oorsaak was.

Marietjie ·

Mense kom te vinning van Krugersdorp se kant af teen die berg. As jy besef daar is iets fout daar is ‘n stop put langs die pad voor die robot vir vragmotors. Ry daar in.

paula ·

Mag God jou in genade spaar om NOOIT!!! in n posisie te wees waar die boemelaar en straatsmous hul bevind nie.

snoefie ·

innigste simpatie. hy was nou beslis die enigste broodwinner vir sy uutgebreide familie. die straatverkopers moet vir hulle veiligheid van die strate af verwyder word.

Theresa ·

Verkopers en nog erger, die mense wat in ‘n kniellende posisie bedel en alle ander bedelaars. Slegs voertuie op paaie en voetgangers by voetgangersoorgange. dringend nodig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.