Straatverkoper naby Durban-hawe doodgery

ʼn Straatverkoper is Donderdag naby die Durban-hawe doodgery. Foto: Verskaf

ʼn Straatverkoper is Donderdag naby die Durban-hawe doodgery. Foto: Verskaf

ʼn Straatverkoper is Donderdag naby die Durban-hawe doodgery nadat ʼn minibustaxi buite beheer geraak en haar getref het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê die voorval het op Maydonweg, naby die aansluiting van Mooreweg, plaasgevind.

“Die minibustaxi het om een of ander rede buite beheer geraak en die vrou getref, voordat dit deur ʼn muur geploeg het. Die toneel was ʼn bloedbad,” het Jamieson gesê.

Niks kon vir die vrou gedoen word nie en sy is op die toneel dood verklaar.

Geen ander voertuig was in die voorval betrokke nie. Die rede waarom die taxibestuurder beheer oor die voertuig verloor het, is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jean ·

Minibus taxis is ‘n reuse probleem in al die stede, hulle hou almal gevange met hulle gebrek aan dissipline en ontsag vir enige wette en reels en regulasies. Almal is te bang om hulle vas te vat omdat hulle in hulle massas optrek en moeilikheid maak en hulle is nie mak kalante nie, hulle skiet sommer onder mekaar, as enigiemand hulle besigheid bedreig sal jy tweede kom. Die taxis is baie keer onpadwaardig, dis hoekom dit so maklik ‘ buite beheer’ raak, om nie eers van die spoed te praat waarteen daardie voertuie ry nie .. RIV straatverkoper, wat jou naam ookal was, jou familie vir wie jy probeer sorg het sal jou mis!

Cherokee ·

Hier skyn Jean die lig daarop dat die straatverkoper wat net so in die verbygaan raakgesien word, ook deel is van ‘n groep mense, van ‘n familie wat werk vir oorlewing.

Hasie ·

M, Dit is nie net die taxi’s nie, geen instansie wat deur die ANC bestuur word is daar beheer oor nie. Die ANCYL wil nou al hul rekenings skuif na die onbekende bank wat vir zumpie R7 800 000 geleen het. Laat hulle dit maar doen, daai bank gaan ook sy ali sien soos Africana Bank.

Theresa B ·

Dis verskriklik. Sy het maar net probeer om op ‘n eerlike manier ‘n lewe te maak. Nou kan sy in vrede rus van hierdie deurmekaar onmenslike wereld.

Kotie ·

Hier le n dame oorlede, iemand se kind, iemand se ma of miskien iemand se ouma. Sy het op n eerlike manier n lewe vir haar en haar gesin gemaak en om so wrede weggevat te word. aan haar familie ons hoop U kan berusting vind en haar altyd onthou as die persoon wat haar gesin net wou voed elke dag. Aan die taxi drywer jy moet vir die res van jou lewe saam leef met wat jy gedoen het – wees n man en offer om haar familie by te staan. Ja ongelukkig gebeur maar jy as drywer moes van beter geweet het…. RIV Dame

Cherokee ·

Die plek op die foto is minder as 3 kilos van waar ek woon. Dit behoort nie werklik gebeur het nie want dit is ‘n uiters besige aansluiting met die M4 (wat julle hoog op die foto sien) en dit is die Suidkus/Noordkus pad. Daar word normaalweg uiters beheersd bestuur omdat dit aansluitings na verskillende hoofweë en ‘n snelweg is. Taxis ry roekeloos en daar behoort meer beheer oor hulle te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.