Straatverkoper sterf toe hy voor vragmotor beland

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Straatverkoper (35) is op Cedarweg in Broadacres net buite Fourways omgery.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Donderdagmiddag omstreeks 16:30 plaasgevind.

“Dit blyk dat die man besig was om goedere te verkoop toe hy deur ʼn motor getref is en toe voor ʼn aankomende vragmotor beland het,” het Dollman gesê.

Volgens Dollman het hy baie ernstige beserings opgedoen en was daar niks wat die paramedici vir hom kon doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

johan II ·

Waar is Metro? Verwyder hulle…het vandag WEER amper een raakgery…is verbaas daar sterf nie meer nie. Ek wens mense wil hul nie so aanmoedig nie, as jy iets wil koop, ry na n winkel toe.

Adri ·

Miskien moet die mense veiliger afsetpunte soek om hulle goedere te verkoop. Strate en paaie is nie bedoel om winkels te wees nie, dit is vir verkeer bedoel. As ek iets wil koop, gaan ek nie iets by iemand koop wat op die hoek van ‘n straat staan nie.

m ·

Dis tragies. Hy het ma net probeer geld maak om kos op die tafel te sit. Hierdie land skep niks werksgeleenthede nie so dis hoe mense probeer oorleef.

Ken2 ·

Nie net hierdie land nie. Afrikalande skep nie werk nie, hulle is meestal van ander lande.

Ramkat ·

Liewer daar waar ek hom openlik kan sien as.van nag na 00h01 wanneer ek hom dalk nie sie nie

Pastoor ·

Dit is tragies. Hulle staan in interseksies. Moet daagliks oppi hoede wees. Verkeerspolisie moet die mense wegkry uit die paaie

Anoniem ·

Hoewel dit tragies is, hoort daar nie smouse in die strate of op sypaadjies nie. Hierdie einste smouse loop en kyk in motors en gereelde word motoriste word gemerk vir “smash & grab”, kapings ens. Nee dankie, hulle kan nes die res van Suid-Afrika se besighede dit op ‘n wettige manier doen, of glad nie!

Speedguard ·

Hier in Alberton sit hulle op hulle boude of kniee in die middel van die baan by die verkeersligte, Metro ry verby hulle, as jy as motoris hom/haar met kind raakry of noodlottig bedeer word jy as bestuurder van die motor aangekla vir Strafbare Manslag en of Roekeloos en Nalatige bestuur, die Metro versuim in hul taak/plig om die motoris te beskerm, hul word toegesluit as voetgangers op die deurpad maar in die dorpe en stede sit almal net waar hul wil , let wel dag en nag!!

SARIE VAN HEERDEN ·

ANNONIEM en SPEEDGUARD: Stem saam met julle. Hulle kyk wat is in jou motor en bel die tjommie by die volgende verkeerslig. Hy breek jou motor oop en gryp. En moenie die gryper probeer keer nie: sy hele hand en arm is met vaseline besmeer! Ook is die nuwe mode dat hulle nou op hul kniee tussen die twee bane sit en BID en word hul raakgery met hewige probleme aan die motorbestuurder. Wie van hulle is binne die reg?

Heleen ·

Dit is baie gevaarlik..hulle staan op hul knieë in die donker by robotte met geen werkende straatligte nie..het self al amper iemand raak gery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.