Straatverkopers wil betoog teen afsondering

Johannesburg (13 April 2020) (Foto: Jerome Delay/AP)

Straatverkopers wat deel is van die South African National Traders Retail Alliance (Santra), in samewerking met die Free Market Foundation (FMF), gaan Maandag in die strate van Johannesburg vergader in opstand teen afsonderingsmaatreëls.

FMF het gesê die straatverkopers word deur hongersnood in die gesig gestaar en hul lewenswyse word bedreig deur onregverdige en irrasionele riglyne. Die straatverkopers gaan Maandagoggend om 10:00 op die hoek van Bree- en Sauerstraat in Johannesburg bymekaarkom om te besluit of hulle ʼn veldtog van burgerlike ongehoorsaamheid van stapel gaan stuur.

Livingston Mantanga van Santra en Leon Louw van FMF het Sondag in ʼn gesamentlike verklaring gesê Santra het aanvanklik die straatverkopers oorreed om te voldoen aan die 21 dae-afsonderingsperiode, maar hulle kan nie langer uithou nie.

“Die regering en die Johannesburgse stadsraad het verligting met kos en geld belowe, maar hulle het nog niks ontvang nie. Die stadsraad laat boonop ook toe dat ander goedgekeurde kosverkopers kan handel dryf, maar nie die oorgrote meerderheid van straatverkopers nie – ook nie mammas wat gekookte kos verkoop of ander wat noodsaaklike produkte verkoop nie,” lui die verklaring. “Dit is moreel verkeerd en veroorsaak groot lyding vir informele verkopers en hul afhanklikes.”

Die organisasies het gesê dit is veral afstootlik dat die verkopers se tradisionele ruimtes nou beset word deur nuwe handelaars wat bevoordeel is met permitte. “Dit beteken die handelaars se langtermyn bestaan word bedreig. Selfs waar hulle toegelaat word om terug te keer, mag hul klante nie op straat wees nie. Supermarkte is egter toegelaat om handel te dryf.”

Die groep sal Maandag besluit of hulle in opstand gaan kom teen die onregverdige en irrasionele riglyne, en die verdrukking sal trotseer, lui die verklaring.

“Talle van hulle vergaan letterlik van die honger. Die stadsraad reik permitte uit aan sekere vrugte- en groenteverkopers, van wie talle aanvoer dat dit hulle werk is, ondanks die feit dat hulle nog nooit vantevore dié produkte verkoop het nie,” het Lou gesê. Ons wil weet hoekom? En wie maak hierdie arbitrêre besluite? Op watter kriteria word dit gebaseer? Talle straatverkopers en hul families sukkel om te oorleef.”

Mantanga en Louw doen ʼn beroep op die regering om nie informele handelaars en mense se lewens te bedreig en teen die armstes van die armes te diskrimineer nie; om die apartheidagtige permitstelsel op te skort; en dadelik permitte aan alle handelaars uit te reik. “Hulle moet ʼn positiewe benadering volg en polisiebeamptes en soldate kry om maskers en ontsmettingsmiddels uit te deel, en veilige gedrag te verduidelik aan onskuldige burgers, in plaas daarvan om hulle te onderdruk.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JohanR ·

Hier kom ‘n lekker ding! Dis maar die begin van opstand.

Michael 1 ·

Hulle verbreek al wat n bywet is in Pretoria met hulle straat smousery en kom daarmee weg so dan kan hulle seker maar die anc se wette ook minag.

Jaco ·

En na die betoging, na arrestasies, saakbeskadiging, hofsake ens, dan volg ‘n verkiesing en dan stem hulle almal weer ANC.

Jaco ·

Ek ht heelwat respek vir hul !! Hulle het ten minste die guts om saam te staan teen hierdie lockdown….ons sit en kla agter ons sleutelborde terwyl ons besighede ten gronde gaan.

Adam Adriaan ·

Betoog ja betoog. Die regering wil julle reg om ‘n bestaan te maak ontneem. Julle arm maak en julle slawe van die regerende party(Elite)te maak. Soos in die oudae ‘n staalband, met ketting om ons nekke te sit en by ‘n krip vas te maak.

Marius ·

Gelukkig kan hulle niks verder op voeter in JHB daar is niks oor in elk geval

marius ·

Wie gaan dit monitor soos daar met wit besighede gemaak word ? Duisende rande se glas skerms . Diep reiniging. Ontsmetting oggend en saans . Temperatuur rekords oggend en saans . Kliente moet gemonitor word . Alles op jou eie koste . Distansie van 1.5 m . Slegs aflewerings . Gaan nzzzzz of zzzzm dit antwoord ?

PieterP ·

Laat hulle groot gaan, tenminste doen hulle iets en kerm nie net nie. Dalk lan ons iets leer hier….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.