Strafhof lewer uitspraak oor Al-Basjir-saak

Internasionale Strafhof in Den Haag. Foto: Asser Institute.

Die Internasionale Strafhof het Donderdag uitspraak gelewer in verband met die Suid-Afrikaanse regering se versuim om Omar al-Basjir, president van die Soedan, in hegtenis te neem toe hy die Afrika-unie se beraad in Junie 2015 in Johannesburg bygewoon het.

ʼn Lasbrief is deur die Strafhof uitgereik vir Al-Basjir se inhegtenisneming. Al-Basjir word van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord aangekla.

Die hof het bevind die regering het deur hul optrede versuim om aan ʼn versoek van die Internasionale Strafhof te voldoen in teenstelling met die voorskrifte van die Statuut van Rome. Die hof het gesê Suid-Afrika se versuim om aan ʼn versoek van die Internasionale Strafhof te voldoen, het ook die hof verhoed om sy pligte en funksies uit te voer.

Die hof het Suid-Afrika se argument verwerp dat hy in ooreenstemming met internasionale gewoontereg ten opsigte van diplomatieke immuniteit, nie ʼn president in hegtenis kon neem wat Suid-Afrika besoek het op uitnodiging van die Afrika-unie nie. Die hof het gesê Suid-Afrika het geen reg gehad om ʼn eensydige besluit te neem om Al-Basjir nie in hegtenis te neem nie.

Maroela Media het vroeër berig verteenwoordigers van Suid-Afrika moes op 7 April in die voorverhoorkamers van die Strafhof verskyn om te verduidelik waarom dié hof nie moet beslis téén Suid-Afrika nie. Suid-Afrika het toe kans gekry om geskrewe en gesproke getuienis in te handig.

Die hooggeregshof in Pretoria het in Februarie gelas die regering se kennisgewing om te begin met sy onttrekking aan die Strafhof sonder die parlement se goedkeuring, is ongrondwetlik en ongeldig. Suid-Afrika het daarna sy kennisgewing om hom aan die Internasionale Strafhof te onttrek, amptelik herroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gerhard ·

…..En, wat gaan nou met die regering gebeur…?
NIKS!
Dus, sal dit maar net weer gebeur asof SA inelkgeval nie meer deel is van die ICC nie.

Andile ·

Kan mens dit nog n regering noem as hulle amper nooit iets reg doen nie?

Leendert ·

Ek lees die laaste paragraaf in die berig, maar dan is “Suid_ Afrika” nou weer so kwaad dat die regering gaan weer met stappe begin. Plaas dat die “Suid-Afrikaanse” regering vir die regte mense kwaad is.

Uiltjie ·

As hy Dan regtig so gevaarlik is, waarom her hulle hom nie self kom haal nie – hulle tog geweet waar hy was! Of gaan haal hom in sy land!

kraaitjie ·

het jy hulle laat weet dat hy in Suid Afrika was of het hulle eers daarna uitgevind?

WONDER ·

Te pragtig vir woorde. Wat ek wil weet is wat nou? (o ja, en ek dink hulle verstaan verkeerd, dit was nie Suid Afrika se besluit nie, maar kazumpie s’n.) Nou sal ek seker aanhou met wonder, gaan die buitelandse kartonkeltjies nou iets hieraan doen…..of dalk nie. Ek het ‘n plan,kom haal dan die ene wat hom beskerm het, die deler is mos net so goed soos die steler.

cor ·

Die regering vee hom in elkgeval af aan enige hof besslising hoekom sou hulle hier anderster optree. Die regering is skuldig bevind maar wat se straf is opgele sien niks in die berig nie. Gaan seker nog twee jaar vat voordat die straf opgele gaan word indien enige.

Llewellyn ·

Hierdie is nie ‘n besluit van Suid Afrika nie dit is die ANCorruption en Zuma wat skenders van menseregte verdedig. Sink hulle in 2019

Manie ·

Kyk maar net hoe ondersteun hulle die krimineel wat in Zimbabwe regeer. In Afrika kyk die kriminele na mekaar

Nico ·

Ons weet almal as jy hoog genoeg op is dan is jy “untouchable”.

Asjas ·

Wanneer gaan die buiteland besef hulle is net deur die ANC gebruik om aan bewind te kom? Buiteland kan maar weer sanksies in stel ook, binnekort gaan ons niks van waarde he om uit te voer nie, ons kinders is nie geletterd genoeg om in die buiteland te gaan werk nie en invoere gaan moet staak want ons het nie geld om te (@) en betaal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.