Strafregkenner loof Oscar Pistorius-uitspraak

Pistorius verlaat Donderdag die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Ihsaan Haffejee

Pistorius verlaat Donderdag die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Ihsaan Haffejee

Prof. Kobus van Rooyen, ‘n strafregkenner, meen regter Thokozile Masipa het korrek opgetree deur Oscar Pistorius onskuldig te bevind aan moord.

Van Rooyen het aan Maroela Media gesê Masipa se uitspraak was korrek aangesien die staat nie bo redelike twyfel kon bewys dat Pistorius met opset die moord gepleeg het nie.

“Daar is twee vorme van skuld naamlik met opset en nalatig. Opsetlike skuld is wanneer die persoon die gevolg van sy dade wil laat intree. ‘n Persoon is nalatig wanneer hy of sy nie die gevolge van die optrede voorsien nie, terwyl ‘n redelike mens dit sou kon voorsien.”

Volgens Van Rooyen word daar by nalatige skuld getoets of ʼn redelike persoon dieselfde sou optree in die spesifieke situasie. “Die uitspraak beteken egter nie dat almal nou net links en regs kan skiet nie. Al die toetse sal deurgetrap moet word om skuld te bewys.”

Van Rooyen sê hy verwag nie dat Pistorius sal tronkstraf uitdien nie, al vind Masipa hom aan strafbare manslag skuldig. “Dit is jammer dat iemand oorlede is. Oscar gaan dit vir die res van sy lewe met hom moet saamdra.”

Masipa het Donderdag bevind dat Pistorius nalatig opgetree het toe hy Steenkamp vier keer deur sy huis se badkamerdeur geskiet het. Uitspraak gaan Vrydag voort.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

antjie ·

OP is duidelik lief vir vuurwapens, hy was onverantwoordelik hoop sy lisensies word weggevat en sluit hom toe.. moord bly moord

VerVanRyn ·

Ek stem Paul, die massas is besig om vinnig te wys hoeveel kennis van die reg algemene kennis is. Moord is moord, en ‘n nalatige ongeluk wat tot die dood toe gelei het bly ‘n ongeluk. Dit word nie skielik moord net omdat die ongeluk tot ‘n sterfte gelei het nie.

PR mc Kay ·

n Motor ongeluk in n badkamer? Seker roekeloos nalatige bestuur .

Elizabeth ·

En laat almal nou asseblief tog bedaar!! Ons was NIE DAAR NIE. Die oordeel kom my en jou nie toe nie.

Reggie ·

Dankie Elizabeth,
wie sonder sonde is laat hom die eerste klip optel.

piesang ·

Dankie prof en masipa nou kan ons moor moet net nie steel nie

ss van heerden ·

Ek het deurgaans geglo Oscar het nie doelbewus moord gepleeg nie en is dankbaar dat hy onskuldig bevind is. Dis onmoontlik om so gou na ‘n insident allerhande leuens uit te dink om jouself te verontskuldig soos toe hy direk na die ongeluk vertel het wat gebeur het. Ek glo hy was onverantwoordelik met die hantering van bv vuurwapens en miskien moet hy in die toekoms meer kieskeurig wees met die keuse van vriende ……… veral as jy ‘n bekende en suksesvolle persoonlikheid is. Ek wens hom net die beste toe vir die toekoms.

ss van heerden ·

Ek het deurgaans geglo Oscar het nie doelbewus moord gepleeg nie en is dankbaar dat hy onskuldig bevind is. Dis onmoontlik om so gou na ‘n insident allerhande leuens uit te dink om jouself te verontskuldig soos toe hy direk na die ongeluk vertel het wat gebeur het. Ek glo hy was onverantwoordelik in die hantering van bv vuurwapens en miskien moet hy in die toekoms meer kieskeurig wees met die keuse van vriende ……… veral as jy ‘n bekende en suksesvolle persoonlikheid is. Ek wens hom net die beste toe vir die toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.