Strafregtelike aanklagte kom oor brand waarin 3 sterf

Die brandende gebou op 6 September 2018. (Foto: Twitter via @CoJPublicSafety)

Die DA sal Dinsdag strafregtelike aanklagte by die polisie indien teen die Gautengse LUR’e vir gesondheid en infrastruktuurontwikkeling in verband met die dodelike brand twee weke gelede in die Johannesburgse middestad waarin drie brandbestryders gesterf het.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir gesondheid in die provinsie, het gesê die aanklagte sal teen Gwen Ramokgopa (gesondheid), Jacob Mamabolo (infrastruktuurontwikkeling) en ander beamptes onder verdenking aanhangig gemaak word vir hul “nalatigheid” rakende die brand.

ʼn Brand het op 5 September uitgebreek by die kantoor van die Bank van Lisbon in Johannesburg. Die departement van gesondheid en menslike nedersettings was ook in die gebou gevestig.

Dit het later aan die lig gekom dat die gebou, wat deur die regering besit word, net aan 21% van veiligheidsregulasies voldoen het. Brandbestryders wat die brand oorleef het, het later vertel daar was nie voldoende waterdruk in die gebou om die vlamme te bestry nie.

Twee brandbestryders is dood terwyl hulle die brand geblus het en ʼn derde brandbestryder is dood nadat hy van die gebou geval het. Die oorledenes is as Simphiwe Moropane (28), Mduduzi Ndlovu (40) en Kathutshelo Muedi (37) geïdentifiseer.

Bloom sê die staatsdiensvakbond PSA het die regering drie weke gelede gewaarsku dat daar ʼn hele aantal geboue in die provinsie is wat nie aan die vereiste gesondheids- en veiligheidsregulasies voldoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

wielie ·

Nou wie gaan tronk toe vir moord??? Daar word geld en tyd gemors op so n saak?! Wat van verkragters moordenaars en diewe wat moor en plunder en nog op ” vrye voete ” is.

ag kom nou ·

Die plek is aan die brand gesteek.!!!!!

SIEN NIEMAND DIT NIE ????

Nou spring almal op en af dat die gebou nie aan veiligheids standaarde voldoen het nie.

Enige gebou kan aan die brand gesteek word..kyk maar na die talle skole , biblioteke ,klinieke, voertuie ens. wat afgebrand word

Vind die brandstigters en kla hulle !!

Potlood ·

hahaha Die klomp is so besig om mekaar te hap dat hulle vergeet hulle is in dieselfde span… HUH!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.