Strafregtelike aanklagte staar Shaun Abrahams in gesig

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan Vrydag strafregtelike aanklagte van meineed en regsverydeling teen Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), indien.

Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, sê dit is duidelik dat Abrahams nié geskik is vir die posisie van die NDOV-hoof nie.

“AfriForum doen ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa om Abrahams summier af te dank en ’n nuwe NDOV aan te stel wat sonder vrees, guns of vooroordeel sal optree,” sê Taute.

Die strafregtelike aanklagte sal by die Silverton-polisiestasie in Pretoria ingedien word.

Dit volg nadat James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, verlede naweek gesê het Ramaphosa moet “leierskap toon” en ʼn nuwe NDOV-hoof aanstel.

Selfe meen die proses om oudpres. Jacob Zuma aan te kla was “pynlik stadig” omdat hy “sy amp as president misbruik het om hierdie vervolgings te vertraag” – en Abrahams het Zuma volgens Selfe in die proses van vertraging bygestaan​.

“Abrahams het sedert hy aangestel is nie met die nodige dringendheid opgetree om te verseker dat Zuma vervolg word nie. In November verlede jaar het die NVG aan Zuma ʼn sperdatum verskaf om vertoë te rig wat uiteensit waarom hy nie aangekla moet word nie. Hy het nie sy vertoë teen die sperdatum gerig nie en is ʼn bykomende sewe weke gegee om te antwoord. Abrahams het getoon dat hy eenvoudig nie vertrou kan word om toesig te hou oor en verantwoordelikheid te neem van hierdie proses nie,” het Selfe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Daan Erasmus ·

Shaun my maat. Jy moet versigtig wees. Jy het die verkeerde mense kwaad gemaak. Jammer dat rugraatloosheid nie ‘n misdaad is nie. Daar sou beslis ‘n skuldigbevinding gewees het.

Llewellyn ·

As die besmette reuk van Zuma of Gupta aan jou klou moet jy weet jou ondergang is in aantog. Somige neem langer as ander maar vra vir Bell Pottinget die trefslag is skadelik en seer. .

Callie ·

Julle surprise is op pad. Alle plekke waar ek bestuurder was, was my assistent bestuurder net so verantwoordelik. In die regering is die nuwe pres so onskuldig aan wandade maar was vir hoe lank 2ib. Ek geniet egter almal se euforie. Erens wip die nuwe pres hom dan kyk ons

Johan. H. ·

Maak van die hele lot n voorbeeld, Dankie Afriforum. Dis nou die mense wat voorbeelde moet stel aan Jan alleman en die wereld,,, Hulle rig skade aan wat n mensie nooiet kan bereken nie , Wat dink die wereld,, . Mnr. Trump was reg, Die lotte moet leer as jy hierdie soort van bollie aanvang moet jy maar eerder tassie pak en imegreer boontoe…

Willie ·

Ek stem saam Callie, beslis was Ramaposa die land se tweede in bevel… Hy was deel, en is nog deel van die ou kaders… hulle kyk maar na mekaar se belange, en sien mekaar te kortkome oor…

Kobus ·

Alles goed en wel maar die berig is verwarrend. Die storie word ingely met die strafregtelike klagte van meineed en regsverydeling maar konsentreer dan op politieke opmerkings. Op watter feite word die klagte van meineed en regsverydeling maar baseer? Hulle gaan ń láng dag in die hof hê as die regsverydeling op sy voetslepery gegrond is.

Koos1 ·

Is Cyril nie deur die hof gelas om hom te vervang nie? O ja, daar is mos vertoeës, appelle ens, om die proses so lank moontlik uit te rek!

Andre ·

Ek verstaan nie die proses dat n verdagte in kennis gestel word van moontlike vervolging en dan n tydperk gegee word om redes aan te voer hoekom hy nie aangekla moet word nie.
Die ondersoek beampte ondersoek gewoonlik waartydens n verdagte die kans gegun word om te antwoord op die klagte of stil te bly. Die vervolgings gesag maak n beslissing op die getuienis aan hom voorgele. Weet iemand dalk wat se nuwe proses dit is en of alle verdagtes nou al kans gegun word om redes aan te voer aan die vervolgingsgesag hoekom hulle nie aangekla moet word nie ?

Eddie ·

Ek stem saam Cyril was 2de in bevel en behoort iets te gedoen het , maar ons moet onthou dat Cyril in die visier van Zuma was om afgedank te word , so hy moes maar katvoet loop gedurende Zuma se wagbeurt !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.