Die VF Plus het ʼn strafregtelike klag by die Vanderbijlpark-polisiestasie ingedien teen die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, weens die oortreding van die Nasionale Waterwet en die Nasionale Omgewingsbestuurswet.
Die klag volg op die besoedeling van die Vaalrivier deur rioolvuil wat uit stukkende pompstasies die rivier binnestroom. Een van die grootste pompstasies, die Rietspruit-rioolsuiweringsaanleg, is reeds twee jaar buite werking terwyl die Sebokeng-rioolsuiweringsaanleg nie die volume onverwerkte riool kan hanteer nie, sê Gerda Senekal, ʼn VF Plus-raadslid van die Emfuleni-munisipaliteit.
Die burgerregtegroep AfriForum het verlede maand ook ʼn brief aan Mchunu gestuur omdat die rioolvuil steeds op verskeie plekke in die Vaalrivier gestort word.
Senekal sê in hierdie stadium vloei 150 megaliter onverwerkte riool daagliks in rivier. Dit bedreig nie net mense en diere nie, maar is ʼn ernstige risiko vir die hele ekostelsel in die gebied.
Drie gevalle van bilharzia is onlangs by die Sebokeng-hospitaal behandel en die vermoede bestaan dat pasiënte van die besoedelde water gedrink het.
“Die departement van water en sanitasie het op 2 Februarie vanjaar die beheer van Emfuleni se rioolsuiweringaanlegte oorgeneem en is ook verantwoordelik vir die opknapping van die pompstasies om al die rioolstortings in die Vaalrivier en elders stop te sit.
“Die departement het voor die oorname onderneem om R1,2 miljard te bestee om die stukkende pompstasies te herstel. Sedertdien is R50 miljoen aangewend vir die herstel van die Rivier-pompstasie by die Emerald Casino, die Turbo-nywerheidspark-pompstasie langs die R42 en die pompstasie oorkant die Riviera-hotel,” sê Senekal.
Sy sê tenkwaens word intussen gebruik om onverwerkte rioolvuil van Emfuleni na die Vaalrivier te vervoer, waar dit in die rivier gepomp word.
“Die verval van die Emfuleni-munisipaliteit kan nie langer geduld word nie en van die beloftes van minister Mchunu se regrukprogram het weinig gerealiseer.”
Senekal sê mense het ingevolge die Grondwet die reg op ʼn omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid of welsyn is nie, maar dat dit tans nie die geval is nie.
“Inwoners se gesondheid word benadeel deur wanbestuur, korrupsie en onbevoegdheid.”
Vat n koppie en skep daarvan en gee vir daai ministers om te drink.dat hul bietjie van botteltjie water af klim en proe wat hul aan ander gee.as nie wil drink ni dan se nou presies wat maak jou beter
Net so!!
Africanacity.
Daardie dossier sal verdwyn !
Of
Sal nie behoorlik ondersoek word nie !
Of
Geen vervolging !
Of ……
Alles Apartheid se skuld.
En nou kan hulle die Covid-pandemie ook bring waarop die skuld gepak kan word.
Wat het al ooit met ‘n minister gebeur?
Kry ‘n nuwe pos op ander plek in die regering.
Mooi so FV Plus.Hierdie land het van die beste Omgewingsgesondheidswetgewing in die wêreld.Kry net die regte regspersone aanboord wat spesialiseer in genoemde wetgewing en dagvaar die rook uit hulle uit.
Kry Cyril nie skaam nie. Of is dit maar sy standaarde. ALLES onder sy beheer is vrot.
Al hoe ons die probleem gaan uit sorteer is deur die mense minder te maak. Daar is net te veel mense wat besoedel. Ek dink al hoe ons die mense gaan minder maak is deur die inentings. Dalk moet die inentings verpligtend word sodat ons die trop kan uitkam.
Mmmmmm, moeilike een, soortvan ja, soortvan nee.
Sjoe, tammeletjie die ene.
Riool is die ANC se handelsmerk
Hulle is nie daartoe in staat om die regte ding te doen nie.
In die antieke Griekse dramas was daar mos die sg ‘koor’ in die agtergrond wat aanhoudend repliek gelewer het, gevare uitgewys het en trane gestort het, maar totaal geïgnoreer is asof hul nie bestaan nie, terwyl die tragiese drama voortwoed. Presies so gaan dit by ons. Al die waarskuwings en raad en smeekbede word geminag. Ons ‘koor’, uitgemergel van waarsku, het steeds zero effek op die selfvernietigingsdrang van die dwase super-regering.
Dis ‘n 27 jarige ANC probleem. Praat moet nou stop en aksie inskop. Wanneer ons die lyn trek?
Daar waar hy trap groei niks weer.
Dan vertel die agbare president dat sy party hulself gaan regruk met dienslewering. Wie is dom genoeg om hom te glo? Die hele spul hoort agter tralies met Ramaposa heelvoor.
“Tenkwaens word gebruik om onrewerkte riool van Emfuleni na die Vaalrivier te vervoer”?Dit is mos ongehoord en sekerlik strafbaar.
Wie gaan hulle straf?