Strafregtelike klagte teen EFF gelê

Julius Malema (regs), leier van die EFF, lei die optog na die provinsiale wetgewer op 22 Julie 2014  Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema (regs), leier van die EFF, lei die optog na die provinsiale wetgewer op 22 Julie 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Die polisie sê hy het strafregtelike klagte teen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gelê weens lede van die party se gedrag in die Gautengse wetgewer.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê aanklagte van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging is by die Johannesburg Sentraal-polisiestasie aanhangig gemaak.

Dlamini sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Hlengiwe Bhengu, die wetgewer se waarnemende sekretaris, sê hulle het die klagte aanhangig gemaak nadat lede van die EFF, insluitend die party se leier Julius Malema, Dinsdagaand die wetgewer bestorm het.

Bhengu sê die aanklagte hou verband met die EFF se gedwonge toegang tot die wetgewer, die steel van kos wat vir die sitting bedoel was, die aanranding van polisiebeamptes, die gooi van gebreekte bottels na die gebou en vandalisme.

Malema en honderde EFF-lede het Dinsdag ‘n optog na die wetgewer gehou nadat EFF-LPW’s vroeër die maand uit die wetgewer geskop is oor hulle kleredrag.

Die polisie moes traangas en rubberkoeëls gebruik om die EFF-ondersteuners uitmekaar te jaag. Talle mense, waaronder Malema, is beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

… Jô !

Hier is ‘n duidelik bewys, nogmaals – wanneer ‘n mens nie respek vir jouself het nie, het jy vir niks en niemand anders respek nie.

Laat die Effers die skade herstel !

Oom Jaap ·

Trippie, jy spreek wyse woorde.
Dit is tog so hartseer dat hulle kies om die ontwikkelde wêreld wat die westerse beskawing in hulle hande geplaas het af te breek, eerder as om die onuitputlike energie waarmee hulle geseën is te gebruik tot die uitbreiding van die samelewing.

Trippie ·

Goeie more P-Boer en Oom Jaap – ek gaan my nou ten sterkste uitspreek – hierdie mense gaan nooit, nie in my leeftyd in elkgeval, aan ons standaarde kan voldoen nie. Ons beleef dit daagliks.

P-Boer, jy is ‘n boer so na my hart. Ek stem vir die skerppunte.

Sonskyn-dag vir elkeen van julle ;)

Grassie ·

T… Jy is reg – hierdie mense se standaarde sal nooit verander nie. Ons lees in Jesaja 54 vers 16:

“Ek het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en ‘n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het ek die verderwer geskape om te verniel.” (1953 vertaling)

Ek dink nie dit gaan moeilik wees om uit te werk wie is die smid en wie is die verderwer nie.
Geseënde dag vir jou.

Trippie ·

Goeie more Grassie – baie dankie vir hierdie verwysing (terloops, ek hou van die 1953 vertaling) !

Baie geseënde dag ook aan jou en elke Jesus-kind !

Fanie van Heerden ·

EN LEDE VAN HIERDIE MISDAAD-BENDE EN HULLE LEIER SIT IN DIE PARLEMENT OP BELASTINGBETALERS SE KOSTE. WIE MOET ONS DAAARVOOR BEDANK?

Johann ·

Hierdie tipe optrede maak my meer entoesiasties om te bid en te bid en te bid en te bly bid vir selfbeskikking!

Waar ons Leidsman ‘n eervolle plek sal hê en sal regeer en die antichris geen burgerskap sal kry nie.
Daarvoor sal Hy sorg om Sy kinders teen die bose te beskerm.

Kom Here, kom tog gou asseblief.

Amen.

Trippie ·

Op elke stelling antwoord ek as volg : AMEN !

NS: Na aanleiding van die renosters, … ek gaan ‘n versoek rig aan die Bestuurder van Maroela.

Johann ·

Hallo Trippie.

Baie dankie, ek waardeer dit.

Na aanleiding dat die kommentare nie deurgegaan het nie was waar ek jou bedank het vir my komplimente. Ek het dit gestoor. Jy sal dit verseker kry.
Gelukkig het jou kommentaar vir ‘n wyle gestaan.

Natuurlik ook ‘n goeie nagrus toegewens het vir al ons lesers.

‘n Warm liefdevolle dag vir jou.

Trippie ·

Ek het sopas ‘n briefie gestuur aan Die Bestuurder, hoop daar sal aan my versoek voldoen word en dat dit ook jou goedkeuring sal wegdra.

Baie dankie vir die mooi wense – selfde daar vir jou.

Johann ·

Weereens baie dankie Trippie.

Natuurlik dra dit my goedkeuring weg en baie dankie vir jou moeite.

Dit word opreg waardeer.

Strome van seëninge.

william ·

Wat verhoed Malema en sy trawante om op n beskaafde manier op te tree en op n sinvolle manier landsake te debatteer? Ek weet hoekom ,maar sal maar stilbly. Hy skuld die belasting gaarder miljoene ,maar kom weg daarmee.Hulle optrede kan vergelyk word met n spul kleuters . Ons sal nie rus voordat ons selfbeskikking het nie.Dit is die enigste oplossing

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.