Strafregtelike klagte teen Molefe ingedien

Brian Molefe Foto: ANA

Die vakbond Solidariteit het laat hoor dat hy Dinsdag strafregtelike klagte teen die voormalige hoof van Eskom, Brian Molefe, en ander Eskom-hoës by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die Valke en die SAPD sal indien.

Volgens Solidariteit volg dít ná ʼn verdoemende uitspraak van ʼn volbank regters van die Noord-Gautengse hooggeregshof wat strafregtelike vervolging regverdig.

Die hof het onder meer verwys na die openlike gulsigheid en gebrek aan integriteit en skaamte wat Eskom se leierskap aan die dag lê.

Die hof het ook bevind dat die onwettige pensioenskema doelbewus deur Eskom en Molefe uitgedink is. Die hof het beveel dat al die geld wat deur die onregmatige pensioenuitbetaling aan Molefe toegeval het, terugbetaal moet word.

“Molefe en sommige Eskom-leiers het doelbewus onwettige wanvoorstellings gemaak waardeur hy verryk is tot nadeel van Eskom en dus ook die belastingbetaler,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Solidariteit gaan vra dat strafregtelike klagte teen Molefe en ander ingedien word wat onder meer gegrond is op bedrog en die oortreding van verskeie Suid-Afrikaanse wette.

Volgens Hermann het die openbare vervolger tydens die geding tussen Solidariteit en Molefe aangedui dat die Valke ʼn strafregtelike ondersoek oor moontlike strafbare aktiwiteite van Molefe van stapel sal stuur.

“Ons klag is dus ook om die Valke in hul ondersoek te steun,” het Hermann gesê.

“Dit is die regte ding om die geld terug te betaal, maar dit is nie genoeg nie. ʼn Terugbetaling maak nie strafregtelike klagte ongedaan nie. Die feit dat Molefe aansoek gedoen het om verlof tot appèl het ook geen invloed op die strafsaak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

ANDRÉ ·

Dis nie net die openlike gulsigheid en gebrek aan integriteit van Molefe en die Eskom leierskap nie, maar dié van Zuma en die hele ANC kabaal.

marous ·

As die mense die plundery in Sjina gepleeg het was hulle almal in blikke en salpeter….

Dinarie ·

n Strafregtelike klagte nogal.

Nou word dit gevaarlik ernstig.

Doe zo voort Afriforum. U hebt mijn volledige ondersteuning.

Lolla ·

Dis hoogtyd dat die regte ding gebeur! Net jammer dat dit so lank moes neem en in die tydperk soveel skade op verskeie plekke en maniere veroorsaak het. Insluitende vertroue wat geskend is teenoor die belasting betaler. Nie om eens te praat van die skaamte wat dit oor ons gebring het as n nasie, op internasionale vlakke en waarvoor ons oor die algemeen staan as dit by morale waardes en integriteit kom. Vrek bly om te sien hoe Zume se web stadig maar seker uit mekaar uit verkrummel.

zoom zoom ·

Tot dusver kon /het niemand met feite en bewyse vorendag gekom wat zuma skuldig kan bewys aan korrupsie of geldwassery. Hoekom moet hy dan bedank??

Ja ne ·

Jaaaaaaaa. As hy n rekord kry gaan hy in die vlgde verkiesing kan parlement toe.

Mike de Beer ·

Die man is boonop ‘n senior Weermagoffisier? Offisiere behoort mense van onbesproke karakter en integriteit te wees? Of is hierdie kenner van die kaliber van offisiere en die huidige bestel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.