Strafregtelike klagtes teen Malema ná gronduitsprake

Julius Malema en ander EFF-lede. Foto: EFF/Facebook

Julius Malema en ander EFF-lede. Foto: EFF/Facebook

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan Woensdag strafregtelike klagtes teen Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), by die Brooklyn-polisiestasie indien.

Dít, nadat Malema gister sy ondersteuners by die EFF-kongres in Bloemfontein direk aangemoedig het om grond landwyd te beset (lees meer hier).

Malema het ook gesê ʼn fonds sal gestig word om mense wat weens onwettige grondbesettings in hegtenis geneem word, se borgtog te betaal.

Volgens Nantes Kelder, die hoof van AfriForum se ondersoek-eenheid, sal AfriForum nie toekyk hoe mense aangehits word om die wet te oortree nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

pop ·

Toe ek die berig op tv sien het n yskoue hand my hart vasgeklem. In geen land ter wereld kan jy so aangaan nie en opruiende, ophitsende toesprake maak nie. Ons land gaan in anargie verval. Die regering kaan nie eers n ordentlike parlementsitting hou nie. Mag die goeie Vader ons behoede

anet ·

Dankie AfriForum. Juilius Malema moet in die bek geruk word. Hy is besig met ‘n baie gevaarlike speletjie, en al sy trawante glo hom. Vervolg hom met die strafregtelike klagtes teen hom.

anne ·

Dit het lankal tyd geword dat Malema op sy plek gesit word, duidelik is die ANC te bang om dit te doen.

Susan ·

Dit is onaanvaarbaar dat hy sulke uiterste onsmaaklike onwaarhede in die publiek uitlaat. Juis in die tydperk waar Lonmin myn (verwys na Ramaposa se rykdom) vir 2 weke fisies stil staan. Inwoners van huise nie by hulle huise gaan wees omrede hulle ook wil vakansie hou na harde werk.
tyd dat daar opgetree word teen sulke onsin wat in die openbaar verkondig word. as dit ek of iemand anders was, was die polisie reeds voor ons voordeur om ons in hegtenis te neem.
uiters swak dat Zuma dit ook toelaat!
malema is geen voorbeeld vir enige kind se opvoeding of vir SA se beeld nie. Verwyder hom van alle pligte en rakende openbaar gesprekke.

Zelda ·

Wat vir my snaaks is is die feit dat hy weg kom met alles. Hy kan maak en se wat hy wil.En niks gebeur nie. Dis as of hy n klop op nie skouer kry en saggies gefluister word in sy oor ” probeer dit nie weer doen nie” Maar laat iemand anders dit doen. Then all hell breaks lose.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.