Strand gesluit ná haai branderryer byt

Foto ter illustrasie. (Foto: NSRI)

Die strand by Port Alfred in die Oos-Kaap is gesluit nadat ʼn haai Woensdagoggend omstreeks 10:30 ʼn branderryer daar gebyt het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die man is in ʼn bestendige toestand in die hospitaal nadat vermoedelik ʼn jong witdoodshaai hom aan die been beet gekry het.

Die NSRI en die Ndlambe-munisipaliteit het swemmers en roeiers gemaan om in die lig van die voorval ekstra versigtig by die strand te wees.

Die munisipaliteit sal ʼn kennisgewing uitstuur wanneer die strand weer heropen word, het Lambinon gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

2 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Haai, dit kon erger gewees het – die branderryer kan gelukkig wees!

Onnie ·

Dit moes verseker ‘n “jong” witdoodshaai gewees het as hy betreklik lig daarvan afgekom het…. hy is voorwaar baie gelukkig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.