Strand opgegrawe op soek na Gert van Rooyen-slagoffers

Die toneel waar daar gegrawe word. Foto met vergunning van Fokus.

‘n Span polisie-ondersoekers het met opgrawings begin op Blythedale-strand in KwaZulu-Natal op soek na die oorskot van slagoffers van die pedofiel Gert van Rooyen.

Alet van Rensburg Wright, uitvoerende regisseur van die SABC2-program Fokus, is op die toneel en het aan Maroela Media gesê hulle het sowat 15 maande gelede opnuut met ’n ondersoek begin na die meisies wat deur Van Rooyen en Joey Haarhoff ontvoer is en nooit weer gesien is nie.

“Ons het in Maart verlede jaar ’n wenk gekry wat ons na Blythedale gelei het. Ons het baie ernstig begin navorsing doen en met mense gepraat. Die saak wat ons aan die polisie voorgelê het, was sterk genoeg dat hulle nou met opgrawings begin het.”

Volgens Van Rensburg Wright is daar ’n stormwaterafvoerpyp in die omgewing waar daar gegrawe word. Volgens die inligting wat gekry is, is die liggame van twee meisies moontlik êrens in die omgewing. Fokus saai Sondagaand om 18:00 op SABC2 ’n spesiale program hieroor uit.

Haarhoff en Van Rooyen.

Van Rooyen en Haarhoff het tussen 1988 en 1990 meisies ontvoer. In Januarie 1990 is die 16-jarige Joan Booysen ontvoer. Sy kon egter kort daarna uit die paartjie se huis in Pretoria ontsnap waarna sy die polisie op hulle spoor gesit het.

Van Rooyen en Haarhoff het dae later op die vlug geslaan toe hulle die polisie voor hul huis in Capital Park gesien het. Hulle het tot by die Apiesrivierbrug gejaag waar Van Rooyen glo eers vir Haarhoff en toe homself doodgeskiet het.

Vandag, jare later, is daar steeds geen spoor van Tracey-Lee Scott-Crossley, Fiona Harvey, Joan Horn, Anne-Marie Wapenaar, Odette Boucher en Yolanda Wessels, wat almal ook deur Van Rooyen en Haarhoff ontvoer en vermoedelik vermoor is, nie.

Van Rooyen en Haarhoff se huis in 1996 gesloop nadat die erf jare vantevore omgedolwe is sonder dat daar enigiets gevind is.

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Corrie ·

Ek het geboorte geskenk aan my eerste kind die 1/8/88 toe Tracey Lee Scott ontvoer is die jaar is dit 29jaar en ek wonder elke jaar oor dai arme kinders

Wonderlik ·

Dit sal wonderlik wees as hul iets kry, ek kan my nie indink aan die jare van wonder nie. Ek self wonder ook saam met hierdie ouers en familie al die jare. Hoe hartseer ookal as hul oorskot gevind is, kan mens ten minste vrede kry dat hul nie as sekslawe of iets dergeliks iewers in ‘n vreemde land sit en selfs nie eens meer weet wie hulle is nie.

Gideon ·

Ek kan nou nog nie glo dat die polisie destyds so dom was nie!! Hoekom het hulle nie hul kans behoorlik afgewag om van Rooyen hulle te oorrompel nie!! Dié jaagtog het hulle gedwing tot selfmoord of hulle is aangehelp deur die polisie!!

Johan Smit ·

Ek was die aand daar. Daar was geen manier waar die polisie hom kon oorrompel nie. Hulle was in die bakkie en het weggejaag toe hulle die polisie sien.

Andries ·

Dink nie die polisie kan ophou om kriminele te jaag net omdat die krimineel homself dalk (1 in 100 000) mag skiet nie.

Wondermaarnet ·

Die meisies is beslis misbruik. Dit is geboekstaaf dat ‘n senior NP-minister deel was van die sekte-kerk waarvan die Haarhoffs deel was van. Daar is ook gespekuleer dat die twee Haarhoffs deur die polisie vermoor is ten einde die spore van senior manne in die NP dood te vee. Polisiemanne wat hierdie saak in die verlede probeer ondersoek het is ook uitgehaal. Hierdie is ‘n morsige besigheid en die waarheid is deur magtige manne uitgewis. Ek sal baie verbaas wees as die meisies se oorskot skielik opespoor word, want dan kan die skuldiges mos ook aangekeer word. Die meisies is heel waarskynlik nie deur die Haarhoffs vermoor nie (net deur hulle ontvoer), maar vermoor deur diegene wat hulle by die Haarhoffs in ontvangs geneem het…

Elsa ·

Ek wonder nou nog of VanRooyen hulle geskiet het en of iemand anders hulle nie geskiet het nie

Nou-ja-toe ·

Ek het fotos gesien, wat duidelik wys dat die skuim van die aarde agter in hul koppe geskiet is. Deur die polisie. Hul het NIE selfmoord gepleeg nie. Die polisie se dom, swak en onprofessionele optrede word weereens toegesmeer.

Sus ·

As ek reg kan onthou is albei van hulle dood agv ‘n koeëlwond reg agter die kop. Van Rooyen het glo eerste vir Joey geskiet en toe vir homself……..agter die kop, terwyl hy vir die polisie wegjaag! Dit wil gedoen wees!

Cacophony ·

Wondermaarnet waar kom jy aan die twak wat jy hier kwytraak? Waar is dit ooit geboekstaaf? Dia absolute snert as ek daai polisiemanne was het ej jou tjank afgetrap met ‘n dagvaardiging vir naamskending. Dis nou fake nuus vir jou in die ergste graad

Veritas ·

Wondermaarnet jy het beslis hulp nodig. Dit wil voorkom asof jy alles glo wat jy hoor. Ek was destyds werksaam met een van die meisies se pa en het gesien wat die verdwynings aan die families gedoen gedoen het. Om sulke snert hier te plaas krap ou wonde oop en laat vals hoop weer opvlam. Gebruik jou ertjiepitte man.

Adam ·

Hoop hull vind die oorskot van die meisies want hulle lewe nie meer nie. Van Rooyen sou hom en Joey sou hulle nie self om die lewe gebring het as hulle nog gelewe het nie.

chris ·

Ja dit is vrek hartseer,twyfel of daar ooit enige finale antwoorde sal wees. Tog jammer…

Wanda ·

Maak net seker asb dink die tyd is verkeerd en moet 18.00 wees

Phillip ·

Hi Wanda

Ons vra omverskoning vir die vingerfout. Jy is reg, dit is inderdaad 18:00. Ons het die berig gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

al ·

Ek hoop regtig hierdie geheimenis word ontbloot sodat daar berusting kom.
Daar was destyds gerugte van mensehandel van die meisies.

Michelle Engelbrecht ·

Ons het n paar jaar terug, (sal op fotos datum moet soek) in Blythdale vakansie gaan hou. Het by The Ritz gebly (n huis op strant). Ons moes elke keer as ons strand toe loop, oor so sement blad, beweeg, by trappe af, was n gebou, met geen doel.. die local mense het gese Gert Van R het van sy slagoffers onder daai slab sement begrawe.. en dat hulle in die 80’s gebene daar op srand voor die huis gekry het…. huis was scary binne.. en my kids was heeltyd bang.. julle kan my kontak indien julle meer detail soek..

Marilese ·

oh my word ek kry sommer kou rillings soos ek alles lees. Ek onthou ek was klein daaityd toe dit gebeur het. Dus vreeslik dat niemand hulle kon opspoor nie en nou sien ek al die inligting wat dalk dait tyd kon gehelp het

Michelle Engelbrecht ·

Ek wou nog tik.. locals sê die bene was naby die tidal pool..

Mariehette ·

Ek was amper ontvoer toe ek in std 5 was. Die vrou het net soos daai vrou gelyk. Kan nog onthou how sy lyk wat sy aangevat het tot die plastiek ronde oorbelle en haar polka dot rok. Blonde krul kort hare. Ek Het nooit geweet how sy gelyk het nie tot jare later. Ek het gewonder of dit dalk sy was in daai kar. Tot die kar kon ek nog onthou en dat die reg n transvaal reg was. Die kleur van die kar en model. Niemand wou my glo nie. So vir jare het ek stilgebly en wonder nog steeds. Dit 1985/1986 daar rond. Dalk was dit net toevallig dat die vrou bet soos sy hlgelyk het maar ek Sal nooit weet nie

Dips ·

Ek sal die eerste letter van die maak en kleur gee dan se jy ons kyk of ek ook deur die selfde voertuig amper ontvoer was in Capital Park in 1988-89
Maak t kleur r ek weet wat die model was niemand wou ooit by ons inligting vat of belangestel nie

Magda ·

Was ook amper ontvoer deur daai Vrou.1988, kerkstraat, gewag vir die bus op ‘n reenerige dag. Sy het by my gestop en wou my huistoe neem agv die weer. Ek het amper ingeklim want sy het soos ‘n gawe Tannie gelyk- geblomde rokkie en al! 2 jaar later haar op die koerantvoorblad herken! Wie is polisieman in beheer tans asb? Wil weer leidraad gee asb?.

Pieter ·

Los nou die ding elke keer gee jul hul familie weer hoop en dan weer en weer die teleurstelling.

Anell ·

Wondernaarnet jy slaan spyker op die kop. Ek wou navorsing doen oor film en gestop en muur van dood gekry orals waar ek gevra het.

abc ·

was in 2000 in Zambie,het daar goed gehoor en fotos geneem,stuur net vir my n nommer asb

Elizabeth ·

Indien daar wel bewys van die kinders gevind kan word sal dit n baie groot gerustelling vir die ouers wees……..dink net al die jare sonder sekerheid……

Elma ·

Al word hulle ook gevind , as hulle nog leef en terug gaan sal,dit nooit weer dieselfde wees nie.

Audrey Bierman ·

Wat van Tracy-Lee Scott-Crosley? Wonder net hoekom haar man nie genoem word nie.

Bertha ·

Wat ek nie verstaan nie…al die info wat nou beskikbaar is…hoekom het die mense nie destyds dit aan die polisie gegee nie…dis reg…werk daarop…dan blyk dit te wees dat daar nog mense betrokke was in die sindikaat en dalk nog lewe…so ASB dat hulle ry aan die pen!!! Soos als in die lewe…kan hierdie onderduimse siek storie net ook dalk nou aan die lig kom en bid ek vir ontbloting daarvan. Ek sal graag wil weet watter hoe profiel mense betrokke was…en sal dit dalk ook verbind word met ander huidige satanistiese werke!!!

Elma ·

Ja ek ook weet,.. ek hoop nie dit is nou weer iemand wat mense op n dwaalspoor wil ly nie…

LB S ·

Bertha, jy moet onthou, daardie tyd was daar nie so iets soos sosiale media en internet soos nou nie. Ons kan nie met sekerheid sê hoeveel leidrade gevolg is, ens. nie. Ek glo die SAP het hul bes gedoen daardie tyd en lank daarna nog.

Hartseer ·

Ons hou al baie jare daar vakansie en het nog nooit iets opgemerk nie. Ek hoop hulle kry wel iets, want dit sal aan hulle ouers afsluiting gee om te weet wat van die meisies geword het.

Katryn ·

My vraag: hoekom ondervraag die polisie nie Gert van Rooyen se seun nie. Hy lewe nog en is ñ paar keer al aangekla vir bedrog. Hy was oud genoeg om te besef wat aangaan en dit is moontlik dat hy kennis dra van die ontvoerde kinders… Wonder maar net of hy dalk iets weet maar nooit uitgepraat het nie

A3sta ·

Ek wonder of hy sy eie kinders ook gemolesteer het? Veral nadat ek gelees het dat een van hul al in die tronk was.

Sus ·

Joey se dogter het ‘n boek geskryf oor haar verskriklike grootword-jare en wat sy weet van die ontvoerings. As ek dit reg het het die res van haar broer(s) en suster(s) haar verwerp en kontak verbreek toe die boek gepubliseer is. Sy het ‘n goeie man wat haar ondersteun.

Paula Van Vuuren ·

Julle soek vêr….hulle sou nie met ‘n lyk so vêr gery het nie…dit is regtig dom !! Hulle het in hulle eie straat Malherbe straat afgery reguit na die laagwater bruggie, heelonder was so grondpadjie en daar in gery in die pik donker, die grond is sag en kan maklik oopgegrawe word. Daar is hulle onder almal se neus begrawe. Met die groot reën ‘n paar jaar later het die revier vêr oorgespoel en alles verwoes en weggespoel. So in dieselfde straat is hulle ook doodgeskiet en ek glo glad nie dit was selfmoord nie. Al die DNA is weg van al die meisies en omrede swak ondersoek is die file toegemaak. Die een mamma het tot hare van haar dogtertjie gehad …dit is ook weg !! As jy nie die omgewing ken nie sal jy die bog glo, maar as jy hier grootgeword het en elke hoek ken dan sal jy sien wat ek sê .aak sin.

Antz ·

Paula, ek wil nogal saamstem. Ekt in Myburghstraat grootgeword en self by daai poel by die laagwaterbruggie gespeel. Self ook eenkeer n orige oom wat homself ontbloot het teegekom terwyl ek my fiets gestoot het in Malherbestraat. Wonder ook of dit dalk Gert was. Kan nie glo hulle sou so vêr ry met 5 of 6 meisies nie.

Marilese ·

Shoe julle dalk is die meisies daar begrawe want hoekom hule self juis daar dood skiet

skapie40 ·

Meeste van die meisies was my ouderdom en ek het in Kempton Park gebly waar meeste ontvoer was. Ons almal was vrek bang

rafel ·

As daar betrokkenes was wat nog leef moet hulle blootgestel word en aan die pen ry. Komaan julle wat iets weet. Ek self dink ook baie aan die arme meisies en hul families. Wat n tragedie.

Sharon ·

Michelle Engelbrecht en abc…Hoekom wil julle nou na al d jare nuwe leidrade en foto’s gee…? Dit moes al jare reeds goedoen gewees het. Hoe slaap julle elke aand?

Helen ·

Lees al die kommentare hier! Daar was meisies wat wou praat en niemand wou na hulle luister of hulle glo nie!!! Nou hoe kan jy hulle verkwalik? Daar is vandag nog steeds kinders wat praat dan wil grootmense nie luister nie!!! Hu kan jy die kinders dan verkwalik??? Se mmar net!

Gelukkig ·

Ek was een van die gelukkiges wat nie ontvoer was nie. Effe ouer as die ander gewees, maar klein gebou met treinspore. Gert wou weet hoekom ek treinspore het en gesê hy dink nie ek het dit nodig nie. Ek moes saam met hom uitstap om vir Joey te wys watse mooi kind ek was. Hy het in ‘n uur se besoek geweet waar ek skool gaan, hoe ek by die huis kom en geweet ek loop in die middae huistoe. Joey het met hom saam gestem. ‘n Week later was hulle dood.

LB S ·

Ek hoop jy het diè inligting destyds oorgedra, aan jou ouers ten minste, die SAP?

Hartseer ·

Was daar ooit bewyse dat die kinders dood is. Met mense handel wat al jare plaasvind. Wie sê die kinders is nie deel van handel nie. Dit is n kring wat baie diep gaan. Hoë koppe en mense hoog op is betrokke by sulke dade. Alles kan maklik toegesmeer word. Net snaaks dat hul sê dat polisie lede dood is wat die saak ondersoek het……. Wat sê dit? Ek is deur n saak waar ek my pleegkind verloor het en dit is groot. Nou dat ons dagvaar word ons bereig deur ontvoer te word en op geskiet te wors en selfs agtervolg……. Wonder maar net. Ek bid dat die ouers berusting sal kry ongeag. God is in beheer en met tyd sal ALLES blootgele word

Piet Pompies ·

‘n Familie lid en haar suster is as jong meisies vir ‘n paar dae na skool deur ‘n man en ‘n vrou gevra om in hul motor te klim om te gaan foto’s neem by die speelpark. Die pes en sy vrou het die kinders elke keer gevolg tot by hul ouerhuis en dan die pad gevat. Die polisie het niks omtrent die saak gedoen toe dit aangemeld is.
Dit het in Vanderbijlpark plaasgevind.

Verbeelding ·

Hmmm…ek kom uit dieselfde ouderdomsgroep as daardie ongelukkige meisies. Dit was volksmond om van ortodontiese drade as ‘treinspore’ te praat.

Ninja ·

Kan nie glo julle mense weet nie wat is ‘treinspore’ nie..lol. Kan die tyd nog goed onthou, ek was dieselfde ouderdom en ons het ‘n paar strate van die plek in Kempton waar hulle ontvoer was gebly. Ek kan die helikopters en polisie motors soos gister onthou, Hulle gesiggies op die melk bokse, dit was ‘n hartseer tyd.

Yolandie ·

Self. Het nie baie ver van Natasha gebly nie. Besties op skool en en ou nog. Dit was ‘n aaklige tyd en spook nog by ons

Kurt ·

Ek het die aand voor hy geskiet is vir hom gesien by Centurionmeer, hy’t na die water toe geloop met n swartsak en ons het gedink die man se gedrag is bietjie vreemd, toe ons hom wou konfronteer het hy sy baaidjie gelig en vir on gewys hy het n wapen. Die volgende dag is n swartsak vol skoolklere langs die hoofweg gevind en daardie aand het hy homself geskiet. Ek het nog altyd gewonder of dit sy eerste besoek aan daai meer was…….glo dit of nie.

Dee ·

Ag asseblief. Glo jy nog in sulke snert? Daar was al hordes van hulle wat dit gedoen het en wat het daarvan gekom? Daar was selfs die man wat DNA met ‘n masjien kon opspoor – kon ook nie iets bewys nie. Weet hy was al op TV en het hy ‘n plek uitgewys daar iewers in Pretoria. Daar was niks beendere van diere! Hy het ook al die Britse meisie, Madie wat vermis geraak het in Portugal se plek waar hy glo sy masjien reken sy begrawe is, by ‘n huis daar naby uitgewys – daar was ook niks, dadels! My gebede aan al die familie wat nou weer dit moet gaan.

Elize ·

As ek die polisie is sal nie enige iemand glo wat nou skielik met inligting na vore kom nie. Ek voel net jammer vir die ouers wat elke keer hoop kry en dan weer teleurgestel word. Dit moet hel wees.

VanAfrika ·

Wondermaarnet, ek is bewus van een Haarhoff en een Van Rooyen, wie was die ander Haarhoff?

Frans C ·

As ‘n mens so na die foto van die twee kyk,is dit nou duidelik dat boosheid met ‘n glimlag versteek is.

Geelslang ·

Ek wonder wat het van daai knaap geword wat ‘n paar jaar terug op Carte Blanche na die meisies gesoek het met ‘n laptop en aan of ander program wat die meisies sou vind. Die was ook ‘n scam gewees

Dessie ·

Ek het vir Gert van Rooyen se dogter gewerk, ek het hom al n paar keer by sy dogtee gesien, my die ritteltits gegee,my stiefpa moes vir hul n swembad gat grawwe, altyd gewonder of hul nie daar onder swembad begrawwe is nie

Lindra ·

Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dat Van Rooyen en Joey ook sataniste was.
Ongelukkig is dit ook so dat ‘n ondersoekbeampte / polisie, wat vanaf PE gewerk het en spesifiek satanisme ondersoek het, wil dink sy naam was Kobus, bevestig het hulle sataniste was en dat polisie betrokke was.

Slim ·

Kan amper nie dink dat na soveel jare van see getye en storms die beendere nog daar sal wees nie. Kom ons hoop maar hulle kry iets.

Adri ·

Maroela. Breek julle eie reels en los die berig oop vir kommentaar.

Dalk kom hier nuttige kommentare deur.

Lankgelede ·

Lank gelede, toe daar nog Afrikaanse aktualiteitsprogramme was (so in die vroee ’90s) was daar een vroegaand ‘n onderhoud met ‘n jong meisie wat vertel het dat sy in die huise waar die ontvoerde meisies aangehou was, gewerk het. Sy moes die meisies versorg, oppas en sorg dat hulle nie kontak maak met hul mense wanneer hul nie bedwelmd was nie. Sy het gese dat daar grootkoppe in die destydse polisie betrokke was in die handel van die meisies. Sy het na ‘n afgetrede polisiepersoon verwys en gese in watter dorpie hy bly. Sy het ook gese die meisies is vanaf Wonderboomlughawe in Afrika op gevlieg. Haar gesig was uitge’blur’ tydens die program. ‘n Paar weke later het die aanbiedster van die program aangekondig dat die meisie – haar skuilnaam was Elsa – deur ‘n klomp mans verkrag is. Daardie jare was verkragting of ‘gang rape’ nie so algemeen soos nou nie. Ek glo dus “Elsa” is gestraf oor die inligting wat sy daardie aand verskaf het. Ons het destyds een van die beste polisie- en speurdienste ter wereld gehad. Maak maar jul eie afleidings…

Valie ·

Daar is iets agter die storie. My eks het my ongeveer 12 jaar gelede Blythedale strand toe gevat en vertel hoe sy daar as kind molesteer was. Sy het aangedring dat ons ongeveer 80 km ry net sodat dy my kon wys. Daarna het sy aangedring dat ons na n woonstelblok in die Durbanse middestad gaan kyk waar dit glo ook gebeur het. Sy het die man se naam genoem, ek onthou dit nou nog. Hy was glo n lektor by die destydse universiteit van Port Natal. Blythedale het blykbaar destyds n ry kleinerige huisies grhad wat later afgebreek is.3

Zelda ·

n Jaar of twee gelede het Huisgenoot n brief gepubliseer wat deur Haarhoff aan haar ma geskryf was. Daarin verwys sy na die Helde Akker begrafplaas in Pretoria. As ek reg onthou se sy iets soos “Daar het Gert van Rooyen my na die here gelei en van my n vrou gemaak”. En ja, ek skryf here nie met n hoofletter nie omdat ek twyfel na wie sy so verwys het. Ook het sy toe al kinders gehad en verstaan ek ook nie hoe hy toe n vrou van haar gemaak het nie. Dit was net vir my of daar iets “spesiaal” daar vir hulle gebeur het en dit net met iets walgliks kon verband hou. Ek wonder sedert ek daardie artikel gelees het, of daar ooit daar na die oorskot van die meisies gesoek is. My hart gaan uit na die families van hierdie kinders. Mag daar iets hieruit kom wat vir hulle berusting kan bring. En as daar enige iemand wat betrokke was nog leef, hoop ek dat daar geregtigheid geskied. Mag hul gewete hul so aanklae dat in die strate gaan uitskree wat hul gedoen het.

PN ·

Redaksie, kyk asb weer na die volgende sin: “Van Rooyen en Haarhoff het tussen 1988 en 1990 meisies ontvoer”.
Ondanks die problematiese sinskonstruksie en beskrywing, neem dit nie die feit weg dat dit ‘n hartverskeurende gebeurtenis was nie. Die pyn en lyding gaan nie weg nie.

Boerseun ·

Na n paar jare se springgetye en siklone op n strand rerig? mis ek iets?

SARIE VAN HEERDEN ·

Daar is ander moorde wat ook nie opgelos is nie. Wat het geword van Prof Heyns en die Smit moorde. As ek reg is het een van die Smitkinders ‘n paar jaar gelede gese hulle weet wie haar ouers doodgemaak het. Wat het van hiedie twee gevalle geword? Was dit nie dalk polities gemotifeer nie?

NICKEY / GAUTENG ·

Daar was destyds mense betrokke by die pedofiel saak wie baie hoe kokkedore was,,, dis hoekom alles verdwyn het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.