Strand-tiener verdrink in see

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

ʼn 17-jarige seun van die Strand naby Kaapstad se liggaam is Maandag opgespoor nadat hy Sondag in die see by Melkbaai verdwyn het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die polisie het die Gordonsbaai-NSRI omstreeks 21:00 ontbied om te help met ʼn soektog nadat daar vermoed is dat die seun omstreeks 18:00 verdwyn het terwyl hy in die see gaan swem het.

“Die polisie het reeds ʼn breedvoerige soektog op die land uitgevoer en het hulp gehad om in die see te soek,” het Lambinon gesê.

Die seesoektog is Maandag om 01:00 opgeskort weens swak sigbaarheid. “Teen 03:00 het die polisie die NSRI in kennis gestel dat die liggaam van ’n man op die strand in die omgewing uitgespoel het en dat hulle vermoed dit is die liggaam van die vermiste tiener.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.