Strandbetoging by Vishoek beplan

Betogers stap die afgelope naweek op ‘n strand in Langebaan. (Foto: Facebook)

Nog ʼn betoging word hierdie naweek op ʼn Kaapse strand beoog.

Hierdie keer nooi ʼn organisasie genaamd WAM, oftewel We Are More, mense om Saterdag na Vishoek op te ruk om “die einde van die afsonderingstyd te eis”.

Daar was verlede naweek heelparty betogings op strande deur mense wat geëis het dat dié openbare ruimtes weer oopgestel word. Die meeste strande is vroeër as deel van die regering se maatreëls om Covid-19 te stuit, gesluit.

‘n Uitnodiging na die byeenkoms wat op sosiale media versprei word.

Die polisie het verlede Saterdagoggend vergeefs probeer om tientalle mense van die strand by Muizenberg te verjaag en het later maar bloot uit hul polisievoertuie toegekyk.

ʼn Soortgelyke betoging is ook by Langebaan gehou.

In sy uitnodiging op sosialemediaplatforms sê WAM “ons, die mense, het die strande heropen en nou gaan ons die afsonderingstyd beëindig”.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag, kort ná die betogings, aangekondig dat strande heropen word as deel van ʼn verslapping van afsonderingsregulasies.

Die organiseerders van môre (Saterdag) se betoging sê hulle verwag heelwat mense omdat Suid-Afrikaners nou genoeg gehad het.

Hulle beoog later die middag ook ʼn byeenkoms by die Noordhoek-strand waar die aanwesiges die volle name, kwalifikasies en burgerskap van diegene op die koronavirusbevelsraad gaan eis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Anti-Verkramp ·

Belaglik. Hoop diegene wat nie maskers dra nie, ens. word in hegtenis geneem.

amapinki ·

Jy klink maar baie verkramp. Verander jou skuilnaam. Lyk my jy is heel gelukkig met die ‘new normal’.

Die Wolf ·

Ek glo dit nie dat ek hier met jou saamstem nie. Maar nou ja partykeer gebeur sulke glipsies!

Marie ·

Hoe lank wil jy nog ‘n masker dra? Kyk na Swede se beleid en leer dat die meeste volwasse mense ‘n gesonde verstand het en nie deur “onderwysers” soos jy bestuur wil word nie.

Anti-Verkramp ·

Wil jy nie eers ‘n masker dra nie? Genade, dis die minste wat jy kan doen om jou mede Suid-Afrikaners teen die verspreiding van die virus te beskerm. Op watter planeet bly jy? Ons sal maskers dra totdat die virus onder beheer is. So terloops – SA is nie Swede nie, dis ook nie ‘n uitgemaakte saak dat Swede se benadering ‘n sukses was nie in teendeel, dit het gefaal in vergelyking met die ander Skandinawiese lande wat wel inperkings ingestel het.

Anti-Verkramp ·

Dis ongelooflik hoeveel mense nog in ontkenning leef. Jy gaan my nie aansteek nie, dra jou masker en kom die regulasies na. Deur dit nie te doen nie, gee jy nie jou samewerking om die virus hok te slaan nie en stel jy die populasie in gevaar. Enige een met ‘n bietjie nasietrots en omgee vir sy medemens sal die regulasies nakom. Party wil nie, dan moet hulle maar geforseer word met stywe boetes ensovoorts.

Michael ·

Dis omtrent tyd dat ons ons vryheid terugeis van die kommuniste. Ons is meer en moet onthou ons regeer nie hulle nie-hulle is deur die mense daargestel om namens die mense te regeer soos die mense voorskryf

Fritz ·

Fantastiese idee. Ek ondersteun julle 100%. Iets wat selfs nog beter sal werk, is n betoging by ampdraers se persoonlike tuistes. Nie net vir hierdie betoging nie, maar enige betoging.

Jaco ·

Ek hoop dis net of meestal swartmense wat deel is van WAM en dié beplande betoging, want as hulle meestal wit is wag SWAAR strawwe op hulle. Die regering kan ook agterna omdraai en dan allerhande beperkings op alle wit mense plaas.

Anti-Verkramp ·

Jy is heeltemal rasbehep. Genade, ek kan my nie voorstel om so te wees nie.

Johanncb ·

Dit is tyd dat die inperking beëindig word! Die mens en die ekonomie steier daaronder! Slegs diegene wat by bedrog betrokke is, vind baat!

Mariana ·

Moenie vir Anti-Verkramp tevrede stel deur in hegtenis geneem te word nie, dra jul maskers en staan ver uitmekaar. Sy/hy sit en wag vir chaos en is een wat in stoel sit en aanmerkings maak, doodtevrede om hierdie regering te paai en hul reëls na te kom, hoe onbillik ook al. Sterkte vir die betoging.

Anti-Verkramp ·

Nee man, ignoreer die regulasies. Maak soos jy wil. Dis duidelik dat ons in hierdie land met ‘n onpatriotiese groepie dwarstrekkers sit wat maar net nie hul samewerking met enige iets wil gee nie. ‘n Klomp moangatte wat met niks tevrede is nie en alewig moan oor alles. Ek hoop julle wil verhuis na ‘n plek soos Australie. Daar is dit een Covid-geval en ‘n hele stad is op maksimum inperking. Kry vir julle.

Roedolf Johannes ·

Uit eindelik gaan iets gebeur.Wat n goeie idee,ons mag nie strande toe gaan,want blybaar is Winkel sentrums n beter plek om te besoek.

Jan ·

Inperking en maskers dien slegs om mense angstig te maak en hul immuniteit word sodoende afgetakel sodat elke nuwe virusmutasie meer skade kan aanrig. Dis die plandemie en dit moet nou end kry.

Pieter ·

Dit is tyd dat ons stanpunt in neem al die gepraat help ons niks. Die ANC sirkus dink hulle kan maak soos hullle wil. Ons moet nou begin met n belasting boikot ons kry geen waarde vir ons belasting geld nie. Als val uit mekaar en ons bly betaal.

KB ·

Dis hoogtyd dat die publiek weet wie die mense is wat 60miljoen mense se lewens al vir 10 maande opfoeter. Is hierdie mense ingelig, luister die regering na hulle (of dryf hulle hul eie agendas)?
Ons eis dringend antwoorde – dis ons reg.

Baardman ·

Ek dink Anti-verkramp is eerder “Auntie-verkramp” as ek so na sy/haar opmerkings oor die algemeen op MM kyk. Word wakker auntie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.