Strandbetogings: Dalk nóg meer burgerlike opstand teen regulasies

Talle mense het die naweek na strande by onder meer Langebaan opgeruk. Die strande is ingevolge die afsonderingsregulasies gesluit. (Foto: Facebook)

Nadat honderde mense die afgelope naweek op strande byeengekom het om te betoog teen die sluiting van strande – ingevolge die Covid-19-afsonderingsregulasies – waarsku sommige kenners nóg burgerlike ongehoorsaamheid teen sekere afsonderingsmaatreëls kan volg.

Mense het die afgelope paar dae na strande by onder meer Langebaan en Muizenberg opgeruk om hul misnoeë te kenne te gee met die sluiting van strande. Vlak 3 van die afsonderingsregulasies plaas ʼn verbod op byeenkomste in openbare ruimtes, waaronder die meeste strande.

Die EFF in die Wes-Kaap het die betogings skerp veroordeel “omdat Covid-19-gevalle in die provinsie steeds styg” en het gekap na wetstoepassers wat versuim het om die regulasies af te dwing.

“As die meerderheid van hierdie betogers swart was, sou hulle in hegtenis geneem word en daar sou op hulle geskiet word,” het die rooi barette gesê.

Die ANC het dié sentiment gedeel en het luidens berigte ʼn beroep op die provinsiale polisiehoof gedoen om die organiseerders van die betogings in hegtenis te laat neem en te verseker hulle verskyn so gou doenlik in die hof. Die ANC in die provinsie het ook gevra dat die maksimum straf vir die verbreking van die afsonderingsregulasies en vir die aanhitsing van ander mense om die regulasies te oortree, opgelê word.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het intussen gesê werksgeleenthede moet gered word deur huidige beperkings op te hef wat die toerismebedryf en strandekonomie in die Wes-Kaap nog steeds skade berokken.

Suid-Afrikaners is nou al langer as 300 dae onderhewig aan die een of ander vorm van inperking en talle van die regering se regulasies wat sedert die uitbreking van Covid-19 in werking gestel is, is as hopeloos irrasioneel bestempel.

Dit sluit in ʼn tydelike verbod op die verkoop van sekere kledingstukke, soos plakkies. Die destydse verbod op die verkoop van gaar hoenders het ook ʼn reuseherrie veroorsaak.

Wedersydse gesprek nodig

Betogers stap die afgelope naweek op ‘n strand in Langebaan. (Foto: Facebook)

Chris Hattingh, ʼn projekbestuurder by die Vryemarkstigting, het by navraag gesê daar kan beslis meer burgerlike opstand teen sekere regulasies verwag word.

“Sommige mense in die regering doen hul bes om te verseker Suid-Afrika is veilig wat Covid-19 betref, maar die regering bemoeilik sy eie saak met sekere regulasies.

“Mense moet vir hulself besluit watter gevare hulle bereid is om te loop. Ek dink die regering moet versigtiger wees met regulasies.”

Hattingh waarsku boonop dat mense in beknopte ruimtes bymekaarkom wanneer hulle verbied word om ruimtes soos strande te gebruik.

“Mense wil op ʼn manier terugkeer na hul normale lewensbestaan, met sekere maatreëls wat geld.”

Hy sê die regering kan aanhou om strenger maatreëls in te stel, maar dat dit mense eindelik kan aanspoor om selfs meer regulasies te verontagsaam. “Mense kan hulle al hoe meer begin verset teen die regulasies – dis ʼn natuurlike proses – en hulle moet eerder self besluit wat in hul beste belang is.”

Hattingh sê dis nou byna ʼn jaar sedert die afsonderingsregulasies die eerste keer in werking gestel is en dat daar nou veel meer inligting oor die virus bekend is.

“Aanvanklik was dit vir regerings wêreldwyd baie moeilik, maar daar moet nou ʼn wedersydse proses wees.

“Die regering kan nou nie meer net sê ‘ons is die regering en ons weet die beste nie’,” sê Hattingh.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Jessey ·

So as ek die artikel reg lees dan stem die ANC saam met die EFF dat die ANC rassisties optree teen Nie-Blanke mense.

NOU HOE NOU GEMAAK?

Maar nou hoor ‘n mens ook nie dat hierdie mense enigiets afgebreek het deur ‘n vreedsame verset nie.

So weereens, die EFF sou verkies het dat hulle vreedsame mense met skok granate skiet? Of het ek nou die Kat aan die stert beet hier?

Ai en dan durf hulle boonop nog Plakkies op die strand dra. Wat se die Minister daarvan?

Julle Stoute Kapenaars.

Maar ek is amper 100% oortuig dat elkeen wat op daai strand is heel bewus is daarvan dat hulle
ge -arresteer kan word vir wat hulle doen, in my beskeie opinie deel Suid Afrika (Politici natuurlik uitgesluit, hulle doen ander dinge) hulle sentiment.

Potifar ·

En nou raak dit n rasse ding. Lekker skietgoed vir die EFF of ANC militêre jeugvleul.

Renier johannes ·

Hulle sal nou n bek vol he want hulle te bang om so iets te doen

Marcia ·

hoeveel matriek vakansiegangers is toegesluit, los die mense uit op die strande , vars lug en oopte is gesond

Anoniem ·

Die regering het nie meer ‘n keuse nie. Indien hulle nie sekere simpel regulasies lig nie, sal die mense dit self doen en dit sal ‘n vieslike klap in hul gesig wees om te moet toegee dat burgers se ongehoorsaamheid hulle ‘n toffie gewys het.

Natasha ·

Ten minste het die mense maskers gedra, anders as die EFF en hulle betogers.

Anti-Verkramp ·

Ramaphosa gaan vanaand die Kaapse strande weer oopstel, die ure van die aandklokreel aanpas en drankverkope weer gedeeltelik toelaat soos vantevore want die vakansieseisoen is verby. Wees net geduldig, mense.

Jaco ·

Of hy gaan vanaand apartheid weer instel en dit net op ALLE wit mense mik. Geen strande, geen werk, geen enigiets NET OMDAT ‘n paar wit mense ongehoorsaam was. Onthou, dis baie maklik vir die ANC en die EFF om te sê “alle wit mense is mos maar so”

Jaco ·

Die EFF raas nou oor niks teen wit mense gedoen is nie, maar van die strandmense in Muizenberg was kleurlinge en daar was ook ‘n paar swart PAC mense. So hoe dan nou?

Francois ·

Altyd n ras ding. Hoekom gaan kyk die EFF en ANC nie hoe lekker daar in shibiens in die plakkerskampe gekuier word. Maar nee hulle sal niks se want dan kan hulle self nie daar gaan kuier of hulle black market drank daar gaan koop nie. Cele is te bang om sy mense daar in te stuur. Pla eerder die paar wittes op die strande

Jenny ·

“Die EFF het die betogings skerp veroordeel” – dis nou ‘n grap en ‘n half!

NEO ·

Eff maak altyd dit ‘n ras ding. Dus belaglik dat jy op die kant van die strand kan stap en 30 cm verder op die see sand is vebode. Regtig onlogies. Hoekom is almal wat so lekker partytjie in Daspoort tonnel in Pretoria gehou het nie toegesluit nie. Seker meestal EFF lede.

Riaan ·

As jy bang is vir die virus, bly JY dan by die huis, maar dit is nie jou vooreg om vir my te sê EK moet ook by die huis bly nie.

Pieter ·

Ons moes dit lankal gedoen het strande moet toe maar taxis werk. Ons moet nou nog net begin met n belsting boikot dan kan die ANC by die EFF gaan geld leen om te mors.

Oom Hennie Pennie ·

Dit is bewys dat son skyn jou imuun stelsel boost en ontspanning op strande ‘n teenvoeter teen depressie is. Om strande te sluit is belaglik en verregaande.

Jaco ·

Die ANC vra die provinsiale polisiehoof van die ANC-beheerde SAPD om iets te doen. Weet dié ANC wie hulle regtig is?

Zet ·

Die rede waarom daar teen EFF opgetree word en op geskiet word, is omdat hulle hul soos hooligans gedra en eiendom beskadig. Die polisie het ni nodig om op vreedsame mense te skiet ni. EFF is laaste wat kan praat, hoe ironies. Hulle sal enigiets doen om hulle mense op te sweep en het geen, soos in geen integriteit! As strande en drank ni vanaand oopgestel word ni, hoop ek di meerderheid van ons mense gaan opstaan teen hierdie belaglike reels en magsmisbruik. Welgedaan Langebaan en Muizenberg.!

Chris ·

Cyril gaan vanaand niks lig of verslap nie. Hy wil net die Bulle geluk wens met die Curriebeker oorwinning. Hy gaan weer gorrel en niks sê nie.

Johnny ·

Enige diktatuur se grootste vrees is dat die gepeupel besef dat hulle niks sal oorkom indien hulle net in hulle massas saamstaan nie.

Fritz ·

n Koning sonder n army is net n mannetjie met n snaakse hoed.

Samuel ·

Hierdie Muizenberg betogers het ordentlik opgetree. Geen buitebande gebrand of klip gegooi nie. Dit is die verskil.

Alex ·

Ag shame ag siestog. Het die EFF weer hulle minder waardigheids komplek met die wereld kom deel? Hulle breek en vervuil met n betoging en bereik niks daardeur nie…. nou doen multi rassige mense n vreetsame betogong en nou is almal rassisties

Sandra ·

Okay julle. Betoog eerder voor skole as op die strand. Volgens EFF meer aanvaarbaar. En gooi dan vensters uit en beskadig eiendom. Dis blykbaar meer aanvaarbaar vir die klomp. Wat ‘n grap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.