Strandfontein-hengelaar doodgeskiet

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Hengelaar is dood nadat hy en ʼn vriend Sondagoggend by Strandfontein aan die weskus aangeval en geskiet is.

“Die twee hengelaars is omstreeks 05:00 deur ʼn onbekende hoeveelheid mans oorval,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in ʼn verklaring gesê. “Een van die hengelaars het by ons reddingstasie om hulp kom aanklop.”

Lambinon sê die span vrywilligers was die oggend vroeg reeds by die reddingstasie om ʼn kragopwekker aan te skakel toe die hengelaar by hulle aangekom het. Die span het die nooddienste van die Wes-Kaapse departement van gesondheid en die polisie ontbied. Hulle is met hul seereddingsvoertuig na die toneel, omstreeks 400 meter van die reddingstasie.

“Die man, in sy vroeë 40’s, was in ʼn kritieke toestand,” het Lambinon bygevoeg. “Hy is in sy bors geskiet.” Paramedici het langer as ʼn uur tevergeefs gespook om hom te red.

Die polisie het die gebied afgesper en ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rienie ·

Ai, dit is so jammer dat ons nie meer ons eie pragtige land kan geniet sonder om te vrees vir ons lewe nie. Sterkte aan die familie

Elizabeth ·

Ai nee, ek dag die Weskus is dan so veilig? Kan mens nêrens meer net rustig tyd in die natuur spandeer/visvang/stap watookal sonder die vrees om aangerand/vermoor te word nie? Dis baie sleg, nie net vir ons eie mense nie maar ook vir toerisme wat potensieel die grootste werkverskaffer en inkomste genereerder kan wees. Ek hoop die spul word gevang.

Collin Broodryk ·

Ja Nee… Grootste selfgemaakte tronk in die werêld… Suid Afrika!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.