Strandfontein-strand tydelik gesluit tydens bedrywighede

Strandfontein-ontsoutingsaanleg (Foto verskaf deur Stad Kaapstad)

Dele van Strandfontein-strand in Stad Kaapstad sal vanaf 14 Desember tydelik gesluit word terwyl die tydelike Strandfontein-ontsoutingsaanleg buite diens gestel word.

Dele van die strand sal Maandag en Dinsdag vir veiligheidsredes gesluit word terwyl kontrakteurs dele van die pyplyn verwyder. Dié dele van die pyplyn sal tydelik langs die bestaande infrastruktuur in die oseaan gestoor word. Dit word reeds met merker-dobbers aangedui op ʼn diepte van ongeveer sewe meter totdat dit ná die feesgety verwyder kan word.

Stad Kaapstad maan inwoners dat die gebied as ʼn konstruksieperseel hanteer sal word en alle nodige veiligheidspraktyke en voorsorgmaatreëls sal toegepas word. Stad Kaapstad sal ook seker maak die gebied word gerehabiliteer en herstel tot dieselfde toestand as vantevore.

Strandgangers word versoek om die perseel te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

antieke antie ·

ek aanvaar dit is vir veiligheid en voorkoming van ongelukke….. maar dan weet ons mos ouers met onbeheerbare kinders laat mos hulle kinders los om n probleem vir ander te wees en om te krap aan wat nie hulle sin is nie….veral as daar teen die staat geeis kan word…

RS ·

Idiote wat werk hier. Net iemand wat nie reg kan beplan maak sulke besluite om die tipe goed te doen oor n tyd wanneer dit besig gaan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.