Strandgangers gewaarsku

Argieffoto: Pixabay.com

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) waarsku strandgangers en ander seegebruikers om versigtig te wees aangesien die volmaanspringgety Sondag sy piek aan die kus bereik.

Springgety veroorsaak dat die gety hoër is as gewoonlik tydens hoogwater, laer as gewoonlik tydens laagwater en dit bring ook sterker seestrome as normaal mee.

Springgety duur volgens die NSRI vir die dae wat tot volmaan lei, asook ʼn paar dae ná volmaan. Rowwe seetoestande word tot die einde van die week verwag. Dié verskynsel kom tydens volmaan en nuwemaan voor.

“Die NSRI maan swemmers, hengelaars en mense wat langs die kuslyn loop om bewus te wees van die springgety en versigtig te wees. Ons versoek ouers om te verseker dat kinders altyd onder die toesig van ʼn volwassene is as hulle naby seewater is,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.

Skakel 112 van enige selfoon om ʼn noodgeval in en om die see aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Ek is verbaas dat úre nadat hierdie berig verskyn het, is daar steeds geen dankie-sê of iets in dier voege. Laat Maroela Media wees wat dit is maar gee toe, dit verskaf niè slegs nòu nie maar meerdere kere belangrike items soos die. Geen handeklap nie? My kommentaar-venote stel my teleur want vele van julle kuier by ons tydens die vakansies en lang-naweke. Gee eer waar dit toekom.

Jannie ·

Dis ń mooi manier van dankie sê Cherokee.
Maroela Media baie dankie vir die waarskuwing, ek glo almal wat die berig lees is dankbaar vir die waarskywing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.