Strandgangers gewaarsku oor sleurstrome

Argieffoto

Argieffoto

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ʼn beroep gedoen op mense om die naweek ekstra versigtig te wees op die land se strande weens sterk sleurstrome in die see.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê die volmaan-springgety sal sterk sleurstrome in die see veroorsaak. Hy het gewaarsku dat die sleurstrome teen Maandag op hul sterkste sal wees. Die toestande sal heel moontlik tot 9 Januarie duur.

“Daar sal van vandag af en vir die volgende agt dae sterk sleurstrome aan die kus voorkom. Swemmers en hengelaars loop die grootste risiko en word aangemoedig om uiters versigtig te wees.”

Volgens Lambinon kom springgety twee keer ʼn maand voor en het dit ʼn besonder hoë hooggety en ʼn besonder lae laaggety tot gevolg. Dit veroorsaak die sterker sleurstrome.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.