Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê die volmaan-springgety sal sterk sleurstrome in die see veroorsaak. Hy het gewaarsku dat die sleurstrome teen Maandag op hul sterkste sal wees. Die toestande sal heel moontlik tot 9 Januarie duur.
“Daar sal van vandag af en vir die volgende agt dae sterk sleurstrome aan die kus voorkom. Swemmers en hengelaars loop die grootste risiko en word aangemoedig om uiters versigtig te wees.”
Volgens Lambinon kom springgety twee keer ʼn maand voor en het dit ʼn besonder hoë hooggety en ʼn besonder lae laaggety tot gevolg. Dit veroorsaak die sterker sleurstrome.