Strandgangers gewaarsku teen haai-aktiwiteit

Argieffoto (Foto: derwerbepool, Pixabay)

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en die owerhede het die publiek aan die kuslyn van die Suid-Kaap gemaan om versigtig te wees ná verhoogde haai-aktiwiteit in die gebied tussen Natures Valley en Mosselbaai.

Strande in Plettenbergbaai is Maandag gesluit deur Bitou-munisipaliteit weens haai-aktiwiteit naby aan die kuslyn.

Die publiek word gemaan om ag te slaan op waarskuwings en slegs strande te besoek waar en wanneer lewensredders aan diens is; die lewensredders se veiligheidsinstruksies te gehoorsaam, en slegs tussen die rooi en geel vlae, wat deur lewensredders opgerig word, te swem. Verlaat ook dadelik die water indien die opdrag gegee word.

Die NSRI het in ʼn verklaring gesê die organisasie en paramedici is gereed om enige voorvalle te hanteer en die NSRI-paramedici het mediese toerusting om haaibyte te hanteer om so vinnig as moontlik te reageer.

Die NSRI moedig vakansiegangers en inwoners aan om ook die noodnommer 112 te programmeer op hul selfone. Hou ook die NSRI-webwerf searescue.org.za en plaaslike NSRI-noodnommers byderhand.

Grafika: NSRI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mike Kaapstad ·

ek en n haai verstaan mekaar, ek kom nie in die see nie en die haai kom nie in n kroeg nie………..

Andre ·

Met vlaggies , waarskuwings , groot gesmeek en baie media plasings is daar nogsteeds mense wat dink hulle weet alles van die die see………..nou ja toe , n haai moet ook eet.

Kloppies ·

Mike, jy het n my nou lekker laat lag met jou aanmerking. Feitelik korrek. Andre, ons lees dan ook dat heelparty mense NIE KAN LEES NIE. Haaikosternasies..

Ou Grootbek ·

Ek woon in Mosselbaai. Ek swem, duik, roei en vang vis in die see. Haai aktiwiteit naby die kus verhoog altyd hierdie tyd van die jaar. Dit is niks buitengewoon nie. Hier was nog altyd baie haaie, en hulle was nog altyd aktief naby die swemstrande. Wanneer jy jou tone in die water sit, weet hulle dit. Tog los hulle nog altyd die swemmers uit. Dit is gevaarliker om strand toe te stap as om in die see te swem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.