Strandgangers gewaarsku teen springgety

Argiefftoto.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) waarsku dat strandgangers en ander seegebruikers versigtig moet wees aangesien die volmaan Maandag springgety sy piek aan die kus laat bereik.

“Die NSRI maan swemmers, hengelaars en mense wat langs die kuslyn loop om bewus te wees van die springgety en versigtig te wees,” het hulle gesê.

Springgety veroorsaak dat die gety hoër is as gewoonlik tydens hoogwater, laer as gewoonlik tydens laagwater en dit bring ook sterker seestrome as normaalweg mee.

Springgety vind plaas tydens volmaan en nuwemaan. Dit duur volgens die NSRI vir die dae wat tot volmaan lei, asook ʼn paar dae ná volmaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Niel ·

Ek weet dit is ‘n vakansiedag, mr hel die (amper) maandelikse gebeurtenis is nou nie wat ek nuus noem nie.

Nuus ·

Mr. Niel, nie almal is bewus van dié tipe gebeurtenisse nie. In die geval is ek een van hulle. Dankie maroela media, vandag het ek sopas iets nuuts geleer. Sommer dadelik meer daaroor gaan google.

Cherokee ·

Niel, vir mense soos ek wat op die strand woon mag dit alledaags of allemaands wees maar nie vir binnelanders wat een maal in ‘n jaar see toe ry nie. En dit is laaang naweek en vakansie word gehou. Daar word net op waarskuwings ag geslaan wanneer dit aanhoudend herhaal word. Waarom hou jy by die stopstraat stil? Omdat daar STOP geskryf is… elke keer wanneer jy daar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.