Strandgangers gewaarsku

Argieffoto: www.hoteldurban.com

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het strandgangers gewaarsku om versigtig te wees, veral tydens die volmaan-springgety wat tot ná die Paasnaweek sal voortduur.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, sal die springgety sterker sleurstrome veroorsaak.

“Swemmers, roeiers en hengelaars moet bewus wees van springgety en ekstra versigtig wees. Sleurstrome is een van die grootste oorsake van verdrinking langs die kuslyn,” het Lambinon gesê.

Hy het strandgangers versoek om slegs na strande te gaan waar daar ’n lewensredder aan diens is en in die afgebakende swemsones te swem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.