Strandgangers oor haaie gewaarsku

Argieffoto: Pixabay

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het strandgangers en roeiers langs die kuslyn by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap gewaarsku dat verhoogde haai-aktiwiteit in die gebied bevestig is.

Dit volg nadat ʼn jong walviskarkas uitgespoel het op die rotse by Grootbank, naby Keurboomstrand, nie ver van die Soutrivier nie. Marc Rodgers, NSRI-stasiebevelvoerder in Plettenbergbaai, sê die karkas lok haaie wat wil voed na die gebied.

“Die Bitou-munisipaliteit se eenheid vir die verwydering van vaste afval ondersoek die moontlike opsies om van die karkas ontslae te raak,” het Rodgers gesê.

Lede van die publiek moet gewaarsku word oor die gevaar van verhoogde teenwoordigheid van haaie in die water en die nodige voorsorg tref. Rodgers het strandgangers ook gemaan om op die uitkyk vir haaiwaarskuwingvlae te wees en te weet wat elke vlag beteken.

Rooi haaivlag: ʼn Haai is in die water opgemerk of daar is tans verhoogde haai-aktiwiteit in die water.
Wit haaivlag: ʼn Haai is tans naby die strand en swemmers moet uit die water kom. ʼn Sirene sal ook afgaan wanneer ʼn wit haaivlag vertoon word.
Swart haaivlag: ʼn Swart vlag beteken die sigbaarheidstoestande is swak, maar geen haaie is opgemerk nie.
Groen haaivlag: Die sigbaarheidstoestande is goed en geen haaie is opgemerk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Die Verlore Skaap ·

So eintlik is die swartvlag die gevaarlikste …..want dis die haai wat jy nie kan sien nie. Die sigbaarheid is amper altyd swak.
Dit is wat 99% van die tyd die geval is !

Natuurlik ·

Dis nie vir my heeltemal duidelik nie, maar ek neem aan dele van die karkas het uitgespoel en dele is steeds in die see (?) Indien dele in die see agtergebly het, waarom nie die natuur los om sy gang te gaan nie? Die swemmers en/of branderplankryers is sekerlik tog lief vir die see/natuur en sal hopelik n dag of ses kan “time out” ter wille van Moeder Natuur. Help my asb reg as ek die berig verkeerd vertolk het.

John ·

Kan hierdie vlae nie ook orals in die binneland opgerig word nie om mense bedag te maak op die erge gevare ver van die see en dalk veel erger?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.