Strandgangers oor springgety gewaarsku

Grafika: NSRI

Grafika: NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Maandag strandgangers gewaarsku oor ʼn nuwemaanspringgety en gewaarsku dat persone uiters versigtig aan die kus moet optree.

“Swemmers, roeiers en visvangers moet bewus wees van die einde van die jaar se nuwemaanspringgety wat plaasvind wanneer gesinne die strand besoek en persone moet uiters versigtig optree aan die kus,” het die NSRI in ʼn verklaring gesê.

Springgety vind twee keer per maand plaas, tydens volmaan en nuwemaan en die hooggety is hoër as gewoonlik en die laaggety laer as gewoonlik met sterker sleurstrome. Daar is daagliks twee hooggetye en twee laaggetye.

“Springgety bou in intensiteit van vandag, 26 Desember, tot ʼn hoogtepunt Donderdag, 29 Desember en sal geleidelik afneem tot Maandag, 2 Januarie,” het die NSRI gewaarsku.

Grafika: NSRI

Grafika: NSRI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Brannewyn ·

En as jy my skuilnaam en sy maters misbruik wees dan ekstra versigtig deur eerder tuis te bly . . .

John ·

Dis skrikwekkend om te sien hoeveel mense hulle breine tuis vergeet het toe hul met vakansie vertrek het. Ma’s met babas sit rustig op die sand terwyl golwe hoog op die nabye horison breek en wild nader rol en skarrel eers heel verbaas en kwaad as die water oor hul strand-toerusting stoot. Die ‘human rights’ word alweer aangetas… Wie kan ons gaan aankla as ons of ons kinders verdrink het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.