Strandhuis vir allemintige R17,84 miljoen opgeraap

Die huis op Clifton se Derde Strand is vir R17,84 miljoen verkoop. (Foto: High Street Auctions)

Baie mense moet deesdae al hoe meer hul sente omdraai, maar oënskynlik nie ʼn Suid-Afrikaner wat die afgelope week ʼn strandhuis by Derde Strand in Clifton, Kaapstad, vir ʼn allemintige R17,84 miljoen gekoop het nie.

Die huis het ʼn onbelemmerde uitsig op die beroemde Clifton-strand en is net ʼn klipgooi van die seesand. Dit is boonop een van net drie eiendomme daar met direkte toegang tot die strand.

Die huis is die afgelope maand op ʼn aanlyn veiling verkoop.

Die huis het ook twee en suite-badkamers, gehalte-afwerkings, ʼn goed toegeruste kombuis en ʼn oopplanleefvertrek wat uitloop op ʼn groot onthaaldek. Dié dek het ʼn aparte kroeg en kombuis en ʼn borrelbad.

Joff van Reenen, hoofafslaer en direkteur van High Street Auctions, sê die planne wat dit sou moontlik maak om die huis tot op die dek te vergroot, is boonop reeds goedgekeur. Die planne maak ook voorsiening vir ʼn swembad.

(Foto: High Street Auctions)

Van Reenen sê daar was die afgelope ruk ʼn beduidende markregstelling weens ʼn sukkelende ekonomie en die boonste gedeelte van die eiendomsmark voel die uitwerking daarvan.

“Die eiendomsmark is siklies en dit neem verkopers soms ʼn wyle om die veranderinge waar te neem.

“In dié stadium is daar steeds ʼn betreklike groot gaping tussen die meeste verkopers se prysverwagtinge en die huidige markvlakke. Hoe vinniger verkopers dít besef, hoe vinniger gaan hulle die ware markwaarde van hul bates besef en op ʼn veiling ʼn verkooptransaksie beklink wat in vandag se markte deurslaggewend is,” het Van Reenen gesê.

Hy sê die gemiddelde tydperk wat ʼn luukse eiendom op die mark is, is meer as ses maande. Soms is dit selfs langer as 18 maande in die mark.

Die eiendomsontleders Lightstone bevestig dié mening en voorspel dat die luukse eiendomsmarksegment vanjaar selfs groter prysregstellings gaan ervaar. As die uitwerking van die Covid-19-pandemie tot ʼn inkrimping van 10% vir die ekonomie lei, kan luukse eiendomme tot 20% van hul waarde verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanR ·

Mense moenie haat of jaloers wees nie. Ek het dit reg gekry om die prys af te werk van R21 miljoen af. Ek het al klaar die bord opgeslaan waar dit in 11 taale en Mandarin se, “geen skape mag hier geslag word nie”.

marius ·

Wonder vir watter staats departement werk die nuwe eienaar ?

Kokerboom ·

Skerp Willem, Johan, Marius! Belowe sal tjoppies koop!Sal ook nie bier brou.Kapitalisme is ‘n engel

Trotse Boervrou ·

Wat het die koper se transaksie met enige iemand te doen?

johanf ·

Baie goed, geluk, sjoe, wat ń voorreg.
Ek was/is in die proses van verkope om nader aan see te trek/belê, maar met alle verwikkelinge tans (polities) twyfel ek……
Dalk net koop wat jou basiese behoeftes bevredig, en jou kapitaal veilig te bewaar…. elders, daar is nog redelike markte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.