Strate gesluit, skole beveilig oor onwettige betoging

Wetstoepassers hou ’n wakende oog terwyl deelnemers aan ’n onwettige optog na Vredenburg se middedorp opruk. Foto: Verskaf

Die Saldanhabaai-munisipaliteit aan die Kaapse Weskus het inwoners en besoekers Dinsdagoggend gewaarsku om Vredenburg se hoofstraat tot verdere kennisgewing te vermy terwyl ʼn onwettige optog daarheen op pad is.

Sakeondernemings in die Weskusdorp se hoofstraat is gesluit en werknemers kruip in winkels en kantore weg terwyl betogers uit ʼn informele nedersetting aan die buitewyke van die dorp daarheen opruk.

Petra Mei, kommunikasiebeampte van die burgemeester, Marius Koen, sê die onwettige optog handel grootliks oor behuising, maar die betogers is ook ontevrede oor ʼn gebrek aan dienslewering in die algemeen en dring aan op werkgeleenthede.

“Ons het alles onder beheer,” het sy aan Maroela Media gesê. “Ons wetstoepassers is uit na die toneel en skole het reëlings getref om hul leerders te beveilig. Ons het ook massa-SMS’e uitgestuur na inwoners en hulle op Facebook gewaarsku om op hul hoede te wees.”

Sy sê Koen het sowat vier weke gelede ʼn vergadering met gemeenskapsleiers van die informele nedersetting gehou waartydens hy hulle verseker het die munisipaliteit doen alles in sy vermoë om goeie dienslewering aan alle inwoners te verseker. Mei sê dit lyk asof sommige inwoners intussen ongeduldig geraak en vanoggend se optog gereël het.

Die DA het Saldanhabaai in 2016 se munisipale verkiesing met ʼn volstrekte meerderheid van meer as 61% stemme gewen. Die ANC het minder as 30% stemme gekry, vergeleke met net oor die 30% in 2011 se verkiesing, toe die DA 57% stemme op hom verenig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Jan ·

Gee vir hulle, wat hulle vra. dis mos hoe dit werk in ons land

Danie ·

Gee vir almal wat hulle vra: Kosteloos vir hulle terwyl ander betaal.

Mrs H ·

Laat die wettige mense die onwettiges vir n slag terug jaag en aanval. Dis nonsense die dat gesofistikeerde, wetgehoorsame, belasting betalende burgers gevra word om “weg te kruip”, “versigtig te wees”, “hulle te vermy”! A nee a. Hoekom? Sodat ons nog belasting geld op herstel moet spandeer, en hulle aanhou plunder en beskadig, wanneer hulle nie n dag se belasting betaal en onwettig optree, en landsburgers op vrees en angs jaag?! Nee man. Die luiaards het meer as twee dekades gehad om alles verniet te doen en iets van hul lewe te maak met die regte vel kleur “advantage”!

Nel ·

Die oomblik wat besighede gesluit moet word, mense kruip weg en moet gewaarsku word om sekere gebiede te vermy, skole moet beveilug word , is dinge nie meer in beheer nie!!!!!

Ja nee ·

En die (twee) passiewe polisielede staan hande in die sakke en toekyk.
Classic.

AW ·

“Arrest may lead to increased violence in same cases and thus defeat the principles of crowd management.
In those circumstances it would often be more effective to wait for an opportune moment after the gathering, or to charge offenders at a later stage.”
= Principle Of Situational Appropriateness.

Dink Weer ·

Stel jy voor dat die twee polisiemanne optree teen die massa mense wat voor hulle staan?

Weskus ·

Ek pas gehoor daar het n baba gesterf van traangas en inwoners woedend.

Dries ·

Simpatie met die afsterwe van n kind. Dis tragies maar wat soek jy daar met n baba.

AW ·

Regulation of Gatherings Act, 1993 (Act No 205 of 1993) read with

National Instruction 4 of 2014 – Public Order Policing: Crowd Management During Public Gatherings And Demonstrations

Part1/2

Paragraph 14.
EXECUTION OF PUBLIC ORDER RESTORATION OPERATION

1. The use of forse and dispersal of crowds must only be conducted by those members of POP trained in crowd management and equipped with the relevant crowd management equipment.

2. …

3. If the use of force is unavoidable, –
(a) the purpose of the offensive action must be to de-escalate conflict with minimum force to accomplish the goal and therefore the success of the action will measured by the result of the operation in terms of loss of life, injuries to people, damadge to property and cost;

(b) the degree of force must be proportional to the seriousness of the situation and threat posed in terms of situational appropriateness;

(c) it must be reasonable in the circumstances;

(d) the minimum force must be used to accomplish the goal: and

(e) the use of force must be discontinued immediately once the objective has been achieved;

(f) if the participants are going to be dispersed, make sure that they have enough escape routes in order to try and avoid serious injuries or possible deaths as a result of a stampede;

AW ·

Part 2/2

(g) if dispersion is unavoidable, an attempt must be made to disperse the partisipants in the direction of a positive attraction point (an area where participants would most likely be willing to move to); and

(h) always implement gradual police response.

4. Force may only be applied in a coordinated manner and on command. No individual action will be permitted except in instances of private defence.

Andrew ·

Wat van onwettige betogings. Beskerm die wet ook misdadigers? Of moet die gehoorsames maar weer betaal.
Ek ruik ‘n 30% rot

M'Lady ·

Dis n “onwettige” betoging. So dit is teen die wet. Waarom stop die SAPD dit nie?

D B ·

Presies wat die ANC in die Wes-Kaap doen, kry mense in van ander provinsies om die Wes-Kaap onregeerbaar te maak.

Invormele nedersetting, m.a.w. ons het net gekom en begin plak op ‘n oop stuk grond, nou soek ons water en ligte, maar ons gaan onder geen omstandighede ‘n sent daarvoor betaal nie, want dis wat ons belowe is.

As ek na ‘n ander provinsie verhuis maak ek eers seker ek het ordentlike blyplek. Bly staan by wat ek altyd sê, standaarde, standaarde, standaarde. Solank as wat die meerderheid in hierdie land nie op my standaard kan funksioneër nie, gaan ons ongelukkig nie kan saam lewe nie! Die betoging is onwettig, so die reg moet sy gang gaan, punt!

Jaspaas met sy stil geraas... ·

Presies reg, ek stem saam met jou…

Liezl ·

Ek stem, Jandre. Het onlangs daar in Vredenburg ingery….die hordes van huise in die informele nedersetting, wat daar gebou is, is verskriklik. En dis glad nie meer so informeel nie…..Word voorsien van krag, sonpanele, DSTV skottels en en en….Wonder waar werk almal, want daar is beslis nie werk vir almal nie. En glo my meeste is ook nie gebore hier nie

Hendrik UAE ·

Ek wonder hoe lank sal sakemanne en eienaars nog toekyk hoe hulle harde werk vernietig en gepluder word.Ek het n gevoel “vigilante force” is naby,dan moet die lot maar vat wat hulle uitdeel.

Johan ·

En so word wetsgehoorsame burgers effektief gyselaar gehou deur ‘n horde onwettige betogers. Nie lank meer nie, dan gaan die wetsgehoorsame burgers reg in eie hande begin neem om die onwettige betogers uiteen te jaag. Ons is keelvol vir die situasie.

Emma ·

Lyk vir my in elk geval na n klomp kinder wat betoog, gaan dhulle nie skool nie. En as een raak geskiet word dan kyk almal vir die polisie. Maar wat soek hulle daar my bloed kook as hulle ons land so verniel.

Staak saam ·

Lintjie, wat behels die SAPD se werk????

Stel jouself voor n dokter staan arms gevou by n sterwinde pasient, sal jou reaksie ook so wees??

Petrie ·

Die betogers word so sagkens moontlik behandel,terwyl onskuldige mense wegkruip terwyl hulle beroof en aangeval word!!

Chris ·

Dis ‘n mite om te dink die mense kom net van ander pronvinsies, mense van regoor Afrika stroom na Jhb, Durban en die Kaap, onthou hier is dit Utopia.

Dries du Toit ·

Dit gaan nie help om die polisie te blameer nie. Hulle is net so sterk soos wat sy regering hom toelaat. Hierdie chaos kan net by die stembus reg gestel word

Natasha ·

Niks is onder beheer nie! Die hele dorp is tans gesluit. Voertuie beskadig. Polisie voertuig en branweerwae uitgebrand. Mall se hekke en deure is gesluit. Wag glo vir antwoorde wat 2uur moet geggee word anders gaan hulle verder plunder

Inwoner ·

Daai is darm n leun. Geen brandweer waens is uitgebrand nie. Die mense het al so klomp lieg stories opgemaak hulle glo hul self al.

Staak saam ·

Dries by n homogene staat ja!!!
Maar jammer ek het nuus vir jou, SA is nie een nie.
Daar word al vir 25 jaar gestem en dit raak net slegter, ek neem aan die liberale se denke is, as dit net vir lank genoeg baie sleg gaan dan sal enige verbetering n moewiese verbetering wees, al is dit ook net n teerstraat wat n grondlaag kry om potholes weg te steek.

Ons land lyk soos hy lyk oor die stembrief en die massas se demands, raak maar gewoond daaraan.

wonder maar net ·

Sterkte aan al die inwooners in die dorp en al die besighede… Ons is ‘n maand of 2 terig daardeur… en glo my dis glad nie lekker, as jy met geld in jou hand voor ‘n toe winkel staan en jy het dingend iets nodig nie!! Ventersdorp het elke dag soos ‘n Sondag middag gelyk… vir ‘n week lank!!

Penellope Jones ·

Moet darem in die mode van betogings bly. . . . . . . .

Geweeg en te lig bevind ·

Stel bietjie ondersoek in en rapporteer oor die baba asb. MM. Dit was op ‘n ander dorp ook beweer, maar na ondersoek bevind daar was nie so geval nie.

Elsa ·

DIS PRESIES WAT GEBEUR IN DIE KAAP. DIE ANC WIL DIE MOOI KAAP HE. HULLE GAAN AANHOU OM HULLE MENSE TE VRA, OM SOONTOE TE GAAN PLAK OM N HUIS TE KRY. HULLE WIL ALLES AFBREEK.
STERKTE VIR DIE GOEIE MENSE DAAR.

Jannie ·

Ons Apartheids-polisie se ammunisie was klaarblyklik baie akkuraat en effektief!!!

Koos de Meyer. ·

Informele nedersetting is ‘n mooi woord vir ‘n plakkerskamp. Plak sal hulle plak.

apie ·

Op twitter kan mens darem sien die polisie werk hard aan die saak. hulle het n hele paar voertuie opgestel en rondgery om die chaos te probeer beheer. Ek reken hulle was gereed om traangas te gooi., ens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.