Strate rondom Kaapstad-stadion dán gesluit

www.capetowntravel.co.za

www.capetowntravel.co.za

Die Stad Kaapstad het Donderdag ʼn beroep om inwoners en besoekers gedoen om kennis te neem dat verskeie strate rondom die Kaapstad-stadion Saterdag vir verkeer gesluit gaan word.

Volgens Garreth Bloor, lid van die burgemeesterskomitee van Kaapstad oor toerisme, geleenthede en ekonomiese ontwikkeling, word die strate gesluit vir die PSL-sokkerwedstryd tussen Kaizer Chiefs en Bidvest Wits. “Inwoners van die omgewing moet kennis neem dat die paaie tydelik gesluit gaan wees.”

Die stadion se hekke maak om 16:00 oop en die wedstryd skop om 18:00 af. Van die paaie word reeds van 06:00 af vir verkeer gesluit. Klik hier vir al die strate wat geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê HE,

Die berig noem dat die strate Saterdag gesluit gaan word. Die datum is 19 Desember 2015.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.