Streng maatreëls ingestel vir heropening van Wits-kampus

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het aangekondig dat akademiese bedrywighede Maandag by die universiteit hervat sal word, hoewel streng maatreëls noodgedwonge ingestel is om te verhoed dat lesings weer ontwrig word.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê hy het die afgelope week verskeie beloftes gemaak om die studente wat vir gratis onderrig betoog, tegemoet te kom. Die universiteit sal onder meer sy steun voeg by die nasionale versoek vir gratis tersiêre onderrig. Die universiteit het ook ingestem om ʼn algemene vergadering te hou sodra al die onderskeie partye ooreengekom het op ʼn verenigde standpunt oor die kwessie.

“Ons sal voortgaan om na studenteleiers uit te reik en is altyd beskikbaar vir verdere gesprekke rondom die kwessie, maar ons kan nie toelaat dat ons akademiese program verder verlore gaan nie,” het die universiteit gesê.

Van die maatreëls wat ingestel is om te verseker dat Wits môre heropen, sluit in dat studente net toegelaat sal word om in spesifiek aangewese gebiede te betoog. Betogings buite hierdie gebiede sal nie toegelaat word nie. Toegangsbeheer tot die kampus sal baie streng toegepas word, en voertuie en busse sporadies deursoek word. Alle studente en personeellede word verplig om hul toegangskaarte by hulle te dra.

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @OnJourneyOf_

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @OnJourneyOf_

“Ons is heeltemal gekant teen die intimidasie van personeel of studente of die ontwrigting van akademiese bedrywighede. Daarom kan enigiemand wat studente probeer intimideer om ʼn klaskamer of gebou te verlaat, of enigsins die universiteitsbedrywighede ontwrig, geskors word,” het die universiteit gesê.

Enigiemand wat klippe, stokke, wapens of enigiets wat gebruik kan word om mense te beseer of eiendom te beskadig by hulle dra, sal onmiddellik ontwapen word en kan ook geskors word. Geen persoon sal toegelaat word om enigiets te gebruik om met opset sy of haar identiteit te verbloem nie.

“Enigiemand wat deur die polisie in hegtenis geneem word, mag onmiddellik geskors word. Enige skorsings sal onmiddellik uitgeklaar en bekragtig word deur ʼn dissiplinêre verhoor,” het die universiteit gesê.

“[Die heropening van die universiteit] is tot voordeel van alle studente. Ons is toegewyd om te verseker dat die 2016 akademiese program voltooi en eksamens geskryf word. Die senaat het ʼn hersiene kalender vir 2016 goedgekeur en gebeurlikheidsplanne is ingestel om te verseker dat eksamens geskryf word.

“Ons doen ʼn beroep op elke student, ouer, personeellid en rolspeler om by ons aan te sluit in ons benadering om seker te maak almal het ʼn kans om eksamen te skryf en hul jaar te slaag, sodat daar plek gemaak kan word vir nuwe studente volgende jaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Liberales se ogies oop ·

Haha, nou begin die sogenaamde liberales verstaan waarom die ou regering soms strong moet wees. Net jammer hulle naiewe ogies kom nou eers oop.

MissDemeanor ·

Nee hoor, die liberales se oe sal nooit op wees vir sekere dinge nie. Die ou regering het liberale studente ontvoer, gemartel en vermoor. En dit het hul niks in die sak gebring nie. Die ou regering is dood, iets van die verlede. Al wat van dit oorbly is die stank.

Keet ·

MissDemeanor, jou kop is baie geslote as jy sulke wye stellings maak. Jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie. Jy is of nog baie jonk of nie wyd belese nie.

Wyses ·

Die oh nasionale party was toe nie so aggresief soos wits gedagte het nie né.

Gekry ·

Ja Wits julle wou mos die ou regering veroordeel, nou verstaan julle waarteen hulle die land wou beskerm.

hans ·

Hoekom is die mense wat ten gunste is om die universiteit e heropen ens uitgesluit uit vergaderings. Daar word net met die aggresiewes vergader! Kruiperigheid gaan die rektor ens nie in die sak bring nie.

Grassie ·

Ek voel vere vir Wits. Tydens die vorige bedeling was hulle die bakermat van liberalisme, ‘n broeines van Marxisme en Afrikanerhaat. Hulle is dit nog steeds, net die Afrikanerhaat het geëskaleer na haat vir alle wittes. Die adder wat hulle aan hul boesem gekoester het, het nou omgedraai en is besig om hulle te byt.
Wat ek wel baie omgekrap oor voel is die meedoënlose aanslag op die die vier voorheen Afrikaanse universiteite. Dit is ‘n aanslag op die siel van die Afrikaner.

Karel ·

Grassie, jy is reg. Alhoewel dit is nie dieslfde Marxisme van daai jare wat ons vandag by ons universiteite nie. Vandag se Marxsisme is: (sogenaamde) “Kulturele Marxisme”. Nou kyk so bietljie waarvandaan Kulturele Marxisme kom en die prentjie verander so bietjie. Dis belangrik dat Afrkaners hulleself inlig oor hierdie nuwe verskynsil wat ook die afgelope paar jaar voorkom in oorsese universiteite in die Weste (al reeds n hele rukkue voor dit hier arriveer het). Dit het oorgewaai hierheen, maar van waar af?

John ·

‘n Voeltjie is gehoor fluit wat glo sou gese het dat baie toegewings gemaak is nadat die rektor se kop op ‘n skinkbord geeis is, oa dat alle agterstallige skulde dadelik afgeskryf word en die kwaadstokers se swak punte en strafaksies gewysig sal word na briljant, weens pyn en lyding . Fondse sal ook dadelik beskikbaar wees vir alle bakhand-bullebakke. En so werk sosialisme… met die hulp van kapitaliste…

Andre ·

Dit maak mens bekommerd oor die gehalte van Wits, as die slim professore by Wits ook dink gratis hoër onderwys is haalbaar!

Lance ·

Kyk maar dit gaan nie werk nie ..wat hulle se en wat hulle doen is nie dieselfde nie.

Nel ·

MissDemoonica jy mis die punt – die stank wat jy ruik is jou eie bolip.

Varkie ·

Haha sterkte, more teen 10:00 as ek my Maroela Media boekmerk oop maak gaan dit weer hoof nuus wees dat hul betoog en mekaar gooi met klippe :-)

Lewies ·

Die ANC sien nou wat hulle kortsigtige slagspreuk “Liberation before Education” veroorsaak het, Vir die betrokkenis wat nog lewe uit die vorige bedeling/regering, wat probeer het om politiekebesluite te verantwoord uit die Bybel is daar ook ‘n les te leer. Die Bybel is nie ‘n politiekehandboek nie.

Vir my is daar ook ‘n les te leer nl. dat selfsugtige gesindhede, en selfverryking die belangrikste dryfvere by alle politiekeleiers is. “Is hulle nie ook maar net soos ons “van nature geneig om God en ons naaste te haat nie”. Selfondersoek en bekering vir die wat weet wat dit beteken sal moet voorloop om God se eer te herstel. Geen politieke oplossings vir die chaos wat in ons land en in die wereld bestaan gaan werk nie. Kom ons begin by onsself . “Kerke wat nie in ‘n camfort zone” verval het nie en nie bang is om die leuen van politieke korrektheid te ontbloot vir wat dit is nie, moet opstaan en voorlopers word.

Johanna Botha ·

Al so baie keer gesien hoe niemand hou by enige reels nie so hoekom sal hulle nou die keer dit gehoorsaam daar is geen nagevolge en is maar net n presiese uitbeelding wat in die hele land gebeur…almal maak soos hulle wil of dit nou steel plunder afbrand omkoop of wat ookal sleg is dit word toegelaat asof dit niks is nie. Sal sien of hulle nou die waterpype herstel of wag tot al die water uiloop en op is …dan gaan die poppe eers begin daans.

Johanna Botha ·

Al so baie keer gesien hoe niemand hou by enige reels nie so hoekom sal hulle nou die keer dit gehoorsaam daar is geen nagevolge en is maar net n presiese uitbeelding wat in die hele land gebeur…almal maak soos hulle wil of dit nou steel plunder afbrand omkoop of wat ookal sleg is dit word toegelaat asof dit niks is nie. Sal sien of hulle nou die waterpype herstel of wag tot al die water uiloop en op is …dan gaan die poppe eers begin daans. l

R van Niekerk ·

Ek sou graag wou weet hoe lyk die studenteleiers se akademiese prestasies en wie betaal vir hulle studies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.