Streng optrede teen grondbesetters gevra

Elandsfontein-grondbesettings (Foto verskaf deur die VF Plus)

Die VF Plus in Midvaal het Woensdagmiddag met senior polisiebeamptes en verteenwoordigers van die Gautengse provinsiale behuising- en veiligheidskomitee vergader oor die protesaksie deur die Elandsfontein-grondbesetters. Altesaam 24 betreders is in hegtenis geneem, maar is vrygelaat nadat die hof besluit het om nie voort te gaan met vervolging nie.

Die VF Plus het owerhede gevra om streng op te tree teenoor grondbesetters omdat grondeienaars se lewe in gevaar gestel word.

Kobus Hoffman, VF Plus-lid van die parlementêre wetgewer in Gauteng, het gesê die party was die afgelope naweek deel van ʼn groep organisasies, buurtwagte en mense wat gehelp het om die grond en besittings van vier kleinboere in Elandsfontein, suid van Johannesburg, te beskerm toe honderde grondgrypers op die landbougrond toegesak het.

Grondeienaars se huise is met petrolbomme bestook terwyl honderde mense gedreunsing en met messe en pangas rondgehardloop het.

Die groep ontstoke grondgrypers het die naweek teruggekeer nadat die Johannesburgse metropolisie kragtens ʼn hofbevel op 25 Junie onwettige strukture op die hoewes afgebreek het.

“Grondbesettings in Gauteng neem toe en owerhede kan nie toelaat dat plaasboere se grond en eiendom bedreig word nie,” het Hoffman bygevoeg. “Die VF Plus sal voortdurend die owerhede aanspoor om toe te sien dat eiendom en mense se lewe beskerm word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Hoekom mag die ANC-beheerde Johannesburgse metro plakkershutte afbreek tydens inperking, maar die DA-beheerde Kaapstadse stadsraad word van rassisme en skending van menseregte beskuldig wanneer hulle dieselfde doen?

Albert Willem

VF+ bly net vra en vra en vra, niks sal in elk geval gebeur nie, nes plaasmoorde sal daar niks van kom nie.

henndrik

as daar nie ‘n voorbeeld van die oortreders gemaak word nie gaan dit aanhou en dan gaan dit lelik uitdraai

Herpiet

Dis vir my asof die onlangse uitlating van CR op grondvlak uitgevoer word (besettings en plaasaanvalle) “Its time for radical economic transformation”

Jeff

Ooh jitte die Frakenstein monster wat die cANCer ” mal wetenskaplikes” lewe in geasem het is besig om brullend soos n leeu amok en buite beheer rond te loop. Hy is kwaad vir al die beloftes en hy gaan julle die ” mal creator – dr anc ” nog dood maak.