Strenger inperking dalk op hande

Pres. Cyril Ramaphosa . (Foto: Siya Duda/GCIS)

Die nasionale Covid-19-bevelsraad, die presidensiële koördinerende raad en die kabinet vergader Dinsdag oor die jongste Covid-19-statistieke en die moontlikheid van ’n strenger inperking.

In die verlede het pres. Cyril Ramaphosa kort na die vergaderings die land toegespreek. Daar word die afgelope paar dae berig dat ’n strenger inperking moontlik op hande is weens die toename in die aantal nuwe Covid-19-gevalle.

Kommer heers ook oor die aantal hospitaalopnames met sommige hospitale wat reeds vol is. In die verlede is verdere beperkings rakende drankverkope ingestel om die druk op hospitale te verlig. Die Nasionale Raad van Drankhandelaars het reeds versoek dat daar nie ’n strenger inperking moet wees nie, maar dat voldoening aan Covid-19-regulsies verbeter moet word.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, het Sondag in ’n onderhoud met die SABC gesê haar departement sal aanbevelings maak aan die nasionale Covid-19-bevelsraad. Sy het daarop gesinspeel dat strenger inperkings moontlik verwag kan word.

Volgens Kubayi-Ngubane sal die aantal nuwe Covid-19-gevalle aanhou styg indien mense roekeloos optree. Sy het gesê Suid-Afrikaners het vinnig gereageer tydens die eerste twee vlae van Covid-19 en dat sy hoop dat dit nou ook die geval met die derde vlaag sal wees.

Suid-Afrika het op 31 Mei vanaf ’n aangepaste vlak 1 van die afsonderingstydperk na ’n strenger vlak 2 van die afsonderingstydperk geskuif. Die aandklokreël is vervroeg en geld nou van 23:00 saans tot 04:00 soggens. Alle nie-noodsaaklike instellings, waaronder restaurante, kroeë en gimnasiums, moet teen 22:00 sluit om te verseker dat personeel en klante voor die aandklokreël tuis is.

Godsdienstige, sosiale, politieke, en kulturele byeenkomste word weer beperk tot 100 mense binnenshuis en 250 mense in die buitelug. Kleiner lokale wat nie die getal kan akkommodeer nie, mag nie meer as 50% van hul kapasiteit oorskry nie.

Begrafnisse word beperk tot 100 roubeklaers. Nagwake en byeenkomste voor en na begrafnisse word steeds nie toegelaat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Strandloper ·

Mense dit is scary verby as jou geliefde die bug het. Ek was nog nooit in my lewe so onseker en bang nie. Gelukkig het ons Hemele Vader ons die helderheid van verstand gegee om alle middels tot ons beskiking te gebruik. Moenie Ivermectin mis kyk nie dit werk!

Anton ·

As jy nog nooit in jou lewe so bang of onseker was nie, is jy, of baie jonk, of was jy jou hele lewe in watte toegedraai

SwartBees ·

@Anton, ek dare jou om die virus te kry, hoe jy ookal anderkant uitkom, dan deel jy asb jou ervaring met ons. Ek dsal jou n brief in braille gee dat dit die vinnigste sal wees wat jy jou woorde sluk my vriend.

Jedi Knight ·

Swartbees, hier is my ervaring.
Ek het al covid gehad. In my geval was dit baie naby aan n verkoue. So stuur asb. jou braille brief. Dankie

Strandloper ·

Toe nie eks n redelike fosiel en is 61. Ek weet van die lewe en die bug verander alles. Ek wens dit nie toe vir my ergste vyand nie. Ek ken die geskree van n rooioog as hy kom..,. Ek wens so jy was reg!

VaalDonkie ·

Ek is banger vir bankrot wees en my familie moet onder ‘n brug slaap as wat ek vir COVID is.

Johan ·

Vaaldonkie, jy is nie alleen nie vriend. Ek werk elke dag met dit wat vir so baie mense werklikheid is, uit op straat met net dit wat hul kan dra…baie werklik mense.

Ovelia ·

Stem saam. Die mense by begrafnisse hou nie by die reels nie ook ni met die after teers nie
Kyk hoe vol is taxis gelaai sonder maskers of ook nie hand sanitiser nie

Andreas ·

Ag asb. dis nie die “minagting van die reels” wat in elk geval onwettig is, wat die probleem is nie.

Johan ·

Met elke nuwe stel reëls was daar maar min positiewe uitwerking…baie negatief maar min positief. Dis n magsvergryp sonder dat dit werklik help.

Tiptol ·

Mense moet beskerm word, maar hulle moet darem ook self verantwoordelik neem. Ons ekonomie kan nie nog ‘n groot inperking bekostig nie.

SwartBees ·

Hoekom sal our people nou worry oor dit….Kuba is mos die land van melk en heuning.

annie ·

Miskien die prez sommer ook winkels/sentrums beboet wat steeds na ‘n jaar se gebruik dieselfde pompe en bottels en asblikke op smerige vloere by ingange gebruik. Die voetpompe werk al soos ‘n ou tjor se rempedaal met skaars ‘n blerts of sug net soos ‘n moeè dronkie.

Elinette ·

Annie, gee jy ‘n hele paar honderd duisend rand en dan kan die winkels/sentrums in jou gebied of wat jy besoek, daardie “selfde pompe, bottels, asblikke” vervang en die “smerige vloere by ingange” skoonmaak. Of, nog beter, bied jou en jou vriende se dienste gratis aan sodat daar iemand kan wees om die ingang te beman, met NUWE saniteerder in VARS bottels en ‘n GESTERILISEERDE mop byderhand om die gemors skoon te maak.
Jy is natuurlik altyd WELKOM om jou EIE hand-saniteerder te gebruik … Mense wat nie in die “game” is nie, weet nie hoeveel dit kos om jou gerieflike inkopiesentrum veilig, netjies, skoon en deesdae gesaniteer te hou nie.

Cindy ·

ag asseblief Elinette, met die pryse wat die hoogtes ingejaag is by al wat ‘n winkel is, kry hulle beslis nie swaar nie! Kom besoek tog my Spar en kyk hoe word die mense in die winkel ingebondel, want geld is mos baas. Ons moet OOK die reels volg, en ons maak nie naastenby die geld wat hierdie klomp winkel sentrums maak nie!

Daleen ·

Of beter nog bly weg uit die winkelsentrums tensy dit ABSOLUUT noodsaaklik is om te gaan is geen nuwe paar skoene of rok of ontbyt by die restuarant jou lewe werd nie.

Jedi Knight ·

Jy wil tog nie vir my sê jy gebruik daai saniteerder nie? Ek maak al van dag een af asof ek my hande spuit. Die outjie by die deur kom niks agter nie, of hy sê maar net niks nie.

DieKriek ·

Ja jong. Ons lees dan van n(buur)man wat 2 uur in die oggend van n heining gered moet word. Seker Jan Fiskaal se slagoffer.

Ilze ·

Ek dink nogal die aandklok kan vervroeg word-dit speel beslis n groot rol.

Debby ·

Our people luister nie vir reels nie, gaan kyk maar hoe lyk dit in die townships se strate in die oggend ure

SwartBees ·

Onthou, die aandklok reel tel nie in die twnships nie…..slegs in ons buurte.

Lourens CFG ·

Nee wat, jy moet hoor hoe word daar gejaag en geparty tot vroë oggend ure, die nag voor dromdag raas honde deurnag a.g.v. die trollies wat op n af in die strate.
Die aandklok werk net vir sommige mense.

piet ·

Ek stem dat dit ‘n groot rol kan speel as dit heelwat vervroeg word maar soos dit tans is, maak dit nie eintlik vir my sin nie.

Johan ·

Nee wat Ilze ek twyfel, want dis net ons wat ons daaraan steur. Dit help net mooi niks. Ek werk soms deur die nag en dit is doodstil by die wat hier kommentaar maar daar buite wemel dit hoor.

Jaco ·

Dis nie nou somer nie, so die Wes-Kaap se strande kan nie weer gesluit word nie. Dis mos wat laas December gedoen is, toe wit mense hulle tradisionele “vakansie by die see” ontneem is en wit toeristebesighede aan die kus van hulle beste inkomste van die jaar ontneem is.
Corona gevalle is tans ook hoër in die ANC-beheerde Gauteng as in die DA-beheerde Wes-Kaap. Lyk my vir die eerste keer is dié Corona syfers regtig reg en nie vir politieke en anti-wit redes “gekook” nie.
Maar nou ja, wag maar vir Desember vanjaar, dam begin die anti-wit nonsens weer met gekookte Corona syfers. Dan is net 10% van dié anti-wit regering se maatreëls teen Corona regtig teen Corona en 90% is net om wit mense en wit besighede seer te maak.
En voordat almal my nou kruisig: onthou net dat ramaphosa reeds 2 keer in 2020 gesê het dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.

piet ·

Is alles vir jou swart en wit? Dis vir my nuus dat net wit mense ‘n “tradisionele” seevakansie geniet. Jy woon seker nie in die Kaap nie want hier besoek baie meer bruin en swart mense strande as witmense.

Danie ·

Aandklok reel werk nie. Daar is net nie genoeg polisie teenwoordigheid om dit te beheer nie. Ek persoonlik voel hulle moet drank verkope beter beheer en dan moet die metro polisie ook skofte werk om die polisie by te staan. Huidiglik sien jy nie metro na 22h00 tensy daar n ongeluk is. Jy kan ook verby townships ry dan sien jy hoeveel loop sonder maskers en in groepe en dit in die teenwoordigheid van metro waar hulle puntdiens doen. Mense en veral jong mense is onverantwoordelik. Daar is n vrees in my huis en niemand wil winkels toe gaan nie. Jy sien dit ook by winkel sentrums waar mense loop en eet en koeldrank drink terwyl hulle tussen mense deur beweeg om by hul bestemming uit te kom. Mense moet verbied word om dit te doen, as jy wil eet en drink gaan sit in n eetplek.

Marie ·

Olievenhoutbosch Tavern hou glad nie by die reëls nie. Die naweek was weer hulle 5 – 6 die oggende kuiers, en Polisie doen niks aan hulle nie.

Johan ·

Die aandklok rig net skade aan besighede (soos die waarvoor ek werk) verder help dit net mooi niks. Ag wel die diktatorskap geniet dit seker, so dit help seker vir hulle magsgevoel.

Samuel ·

Op 31 Mei moes reeds strenger maatreëls aangekondig gewees het. Nou wil die SP en sy bevelsraad wakker skrik? Ek sou graag wou sien dat daar daadwerklik teen winkels/winkelsentrums opgetree word wat met soveel minagting teen afsondering maatreëls optree. Wat van persone wat weier om maskers te dra??

Jakes ·

Om nog inperkings in te stel sal weinig help en die ekonomie sal verder verlangsaam. Die regering het hopeloos te laat wakker geskrik met inentings en nou gaan ons die prys betaal daarvoor. Hordes mense dra nie maskers nie en daar is geen wets toepassers wat dit beheer nie. Soos gewoonlik is die ANC regering ligjare agter om sy landsburgers te beskerm. Maar om korrupsie te pleeg en te plunder is hulle voor in die wedloop.

Anel ·

As al die wonderlike inperking maatreëls gewerk het, die gehande was en vervloekte maskers hiekom, na ‘n jaar, het niks verander nie? Mense word siek, ja en daar is wat doodgaan, maar niemand is suiwer aan 19 dood nie. Almal gaan in die hospitaal dood. Wie is al by die huis dood! En hoeveel het al positief getoets wst geen, maar geen teken van siek toon nie. So, ek glo niks meer wat hulle sê nie, geen van hulle statistieke nie. Hierdie is net rede om nie te werk en kunders te leer nie. Hierdie nonsens het soveel meer nadelige nagevolge. Hongersnood, depressie en selfmoord en baie ander. En paranoia!!! So hou op en laat ons aangaan met ons lewens. Die wie bang is, bly by die huis en bly paranoïes. Los ons ander uit.

ES ·

Anel, dis baie maklik om te se as jy nie ‘n familielid aan die dood afgestaan het a.g.v. hierdie virus nie. Ek praat van jong mense wat fiks was, sonder enige ander onderliggende siektes.

Dit is nie paranoia nie, dis feite.

Daleen ·

Ja Anel tot jy al vir langer as jaar bid vir mense wat jy lief het om gesond te bly en die afgelope 3 weke elke dag op jou kniee pleit dat jou suster wat ‘n gesondheidswerker is se lewe gespaar moet word (omdat sy covid positief is en in die hospitaal veg om haar lewe) want sy het nie keuse wie sy wil help nie sy moet domastrantes soos JY ook help as jy die virus opdoen (DIE VIRUS VRA NIE VRAE NIE – my suster ook nie sy help voor die hand maar maak dit vir haar en al die mense wat gesondheidswerkers is en ook jou geliefdes veiliger en dra jou flippen masker en sanitize en was jou hande en social distance wat vat dit van jou af????? )

Gerhard ·

Julle kan nou die president kruisig soos julle wil, maar as elkeen nie self verantwoordelikheid vat nie gaan die inperkings nog lank met ons wees. Inperkings word afgeforseer want mense kan nie by reels hou nie. Almal is lief daarvoor om ons landburgers die skuld te gee, terwyl ons steeds elke naweek gaan braai by pelle. Die paaie in die wit buurte is ook lekker besig na 10 in die aand.

In die aftreeoord waar familie van my bly is daar 7 covid sterftes die laaste twee weke gewees omdat niemand die reels volg nie.

Samuel ·

Gerhard, ek stem saam met jou. Te veel mense, witmense ingesluit, hou nie by die afsonderingregulasies nie. Basta!

Martie ·

Daar is net te veel mense wat ek ken wat die ding onder lede het, maak nie saak wat die ouderdom is nie van 7 jaar tot amper 70 jaar! dit is vreeslik.

VaalDonkie ·

Dit sal aanhou tot almal bankrot is, en dan sal die COVID skielik verdwyn soos mis voor die son. En dan sal die regering alles besit, en ons sal moet huur betaal op ons huise, motors, tee-en-koffie stelletjies, televisies, en tandeborsels. Dis mos die plan: “you will own nothing, and you will be happy”

Thom ·

Jy het ook paranoia __ meer gevaarlik as die regering en Covid .

VaalDonkie ·

Is daai tannies wat so almal by die polisie aangee as hulle gras te lank begin raak.

marius ·

Vertel vir die mense , kan diegene wat jou entstof geneem het sonder maskers rondloop en die inperk tye ignoreer ? ONS WIL DIT HOOR !

Anoniem ·

Wat? Het my eerste inspuiting gehad en hou nog steeds by die reels

VaalDonkie ·

Nee, want dit gaan nie oor entstowwe nie, dit gaan oor mag.

piet ·

Hierdie siekte is definitief nie speletjies nie. Ek lees in die New York Times dat 25% van ‘n steekproef van 2 miljoene mense wat Covid gehad het (in enige graad: erg, middelmatig, geen simptome nie) met totaal en ander nuwe mediese probleme behandel moet word nadat hulle van Covid herstel het. Dis wat dokters vanaf die begin gewaarsku het dat die siekte blywende skade veroorsaak. Probeer maar om dit NIE te kry in die eerste plek nie.

VaalDonkie ·

Is dit nou dieselfde 25% wat ook die inspuiting gekry het?

JohanR ·

Hier is ‘n plan. Squirrel en NDZ gaan na ‘n afgelee eiland toe vir twee jaar dan hoef ons nie na hulle te luister of te sien…….lekker!

Andreas ·

Wil aangaan met die onwettige inperkings wat in stryd met logika, wetenskaplike feite en wel ook sy eie grondwet is. Let wel dat die staat per implikasie erken het, dat hulle geen bewyse vir “die virus” het nie. In die howe probeer hulle argumenteer dat hulle dit nie hoef te bewys nie. showusthevirus,info vervang , met .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.