Strenger invoerwette oor landbouprodukte voor Paasnaweek

Argieffoto (Foto: Peter Titmuss / Alamy)

Argieffoto (Foto: Peter Titmuss / Alamy)

Die regering het Woensdag streng maatreëls ingestel vir reisigers wat ingevoerde landbougoedere na die land bring tydens Paasnaweek, in ʼn poging om oordraagbare siektes van ander dele van die wêreld te verhoed.

Die departement van landbou, bosbou en visserye het Woensdag alle internasionale reisigers, wat Suid-Afrika tydens Paasnaweek gaan besoek of na Suid-Afrika terugkeer ná die vakansie, versoek om te voldoen aan die land se invoervereistes wat landbou- en verwante gereguleerde produkte betref.

Steve Galane, woordvoerder vir die departement, het gesê Suid-Afrika het, net soos ander lande, ʼn noodsaaklike mandaat en ʼn soewereine reg om sy grondgebied, biodiversiteit en ekonomie te beskerm, en daarom word die invoer van diere en diereprodukte, alkoholprodukte, plante en plantprodukte, heuning en heuningprodukte en enige ander materiaal van ander lande wat moontlik gevaarlik kan wees, gereguleer.

Alle ingevoerde besendings van gereguleerde produkte moet gevolglik aan die departement se inspekteurs voorgehou word op alle grense waar dit in Suid-Afrika aankom.

Die invoer van sekere alkoholprodukte met ʼn alkoholinhoud van meer as 1%, wat gedrink kan word, word beperk, tensy ʼn invoersertifikaat van die departement bekom is.

Liberië het intussen vandeesweek sy grens met Guinee gesluit waar daar minstens vier Ebola-sterftes aangemeld is.

Brasilië gaan steeds gebuk onder ʼn uitbreking van die Zika-virus, wat volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie, tot meer as 2 500 babas sal lei met ernstige geboortedefekte indien die verspreiding van die virus nie gestop kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jef ·

En hoe gaan dit verder na Paasnaweek, word die maatreels seker afgeskaf en trouens dis nou te laat hulle moes dit al jaaaare gelede ingestel het, maar toe was daar nie geld vir so aksie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.